#laat dit reen
Explore tagged Tumblr posts
Text
as ek jou tussen die reen en donderweer kan soen sal dit vir my hemels wees tussen sterre en Melkweg laat sweef dis al wat ek sal doen as ek kon as ek jou tussen die spookasem en kaneel kan soen sal dit vir my heilig wees tussen die fynbos en reënboog laat sweef sidder en beef dis al wat ek sal doen as ek kon as ek kon saam met jou vir ewig leef as ek jou tussen die lakens en drome kan soen sal dit poëties wees tussen fluister en beloftes laat sweef sidder en beef dis al wat ek sal doen as ek kon as ek kon saam met jou vir ewig leef ek belowe ek sweer as ek kon (24/11/22 as ek kon-AvV)
1 note
·
View note
Photo
Vlog 234 Dit Reen Eiers – The Daily Vlogger in Afrikaans
#afrikaans vlog#afrikaans vloggers#as dit reen#die lewe bly n lied#die lewe is hard#die lewe is lekker#die lewe loop n vreemde pad#dit raak beter#dit reen#eiers#geniet die week#hoender eiers#laat dit reen#laat dit reen lyrics#laat dit reen onbeskaamd#lekker afrikaans#lekker man lekker#lewe bly lekker#lewe bly n lied#mark de scande vlog#road trip in south africa#vlog in afrikaans#vlogs in lekker afrikaans#wat n lekker lewe
0 notes
Text
Dag 6. 146 Km Middelkerke/Brugge/Gent/Antwerpen/Brasschaat.
Ons spring gou weer deur die lekker storte en vul voorrade aan by die naaste LiDL winkel. Ons is onsuksesevol om die brandstof pomp met ons Kt Kaart te laat praat maar wou eintlik net vol maak omdat dit so toeganklik was. Ons ry vandag op van die grootste en besigste snelweë in die gebied. Met Daleen se begleiding en die baie effektiewe GP stop ons teen 12h30 by ons beoogde kampplek langs n park. Ons eet iets en moet ons reenjasse aantrek om gou die 2 Km na die naaste busstop toe in die mot reën aan te durf. Ons en die bus kom gelyk by die busstop aan en springs ons redelik nat in die warm bus oppad na Antwerpen toe. Ons stap van die stasie af in die rigting van die hawe om die vryheidsdag viering te bekyk. Hier is egter duisende besoekers en ons moet maar agter in die ry val. Na die vertonings stap ons terug stasie toe om vir Hans en Debbie, Daleen se neef wat in Breda bly te ontmoet soos vooraf gereel. Ons stap saam met hulle weer halfpad hawe toe en net toe dit weer begin reen soek ons n eetplek. Ons kuier die res van die middag en aand baie lekker saam met hulle en teen 22h00 stap ons saam terug stasie toe en Hans en Debbie bring ons terug na ons ryhuis toe waar ons lekker koffie drink en verder kuier. Ons is teen 23h00 pootuit en op gekuier en besluit om eers vanoggend ons beplanning vir vandag te doen.
0 notes
Text
G.
daar is niks so erg soos om te trek nie, nie die blote teleurstelling van alles wat jy ken agter te laat nie, maar om oor te begin. Hulle sê:“ change is as good as a holiday” en ek voel dis die grootste klomp kak wat iemand al verkoop het. Ek sit gebreuk en verbrokkel in 30 vierkante meter woonstel in Kaapstad en dink aan jou, en mis jou. Ek het jou lankal verloor en die trek het net die afstand tussen ons vergroot wat ons nie nodig gehad het nie. My steunpilaar en my rots, my skouer en my trots, waar is jy nou? Sit jy nog eensaam in die reen op jou klein balkonnetjie met ‘n half dood siggaret in die pantoffels wat jy by my gesteel het, “ek sal dit teruggee, het jy altyd belowe”, net soos ek myself belowe het dat ek oor dit en jou en alles sal kom, maar soos tyd sal leer my vriend, goeie dinge kom altyd tot ‘n einde.
0 notes