#Want God het jou vergewe
Explore tagged Tumblr posts
Text
Gebed:
Vader, net soos U my onvoorwaardelik vergewe, vra U my om ook ander te vergewe. Help my asseblief om dit te doen. Vul my met nederigheid en empatie, en help my om ander te sien soos U hulle sien. Wys my hoe om mense net soos U lief te hê. In die Naam van Jesus. Amen.
(YouVersion Bybel app)
#christenskap#afrikaans#bybel app#vers van die dag#YouVersion#Kolossense#Kolossense 3 : 13#Vergewe diegene wie jou verkeerd aan gedoen het#Want God het jou vergewe#Mag julle 'n wonderlike dag verder hê❤🤍#Amen!
0 notes
Text
Petrus autem ad illos jejunans et flens et planctus in ieiunio et fletu et planctu. Et scinde cor tuum, et non vestimentum tuum, et converte ad Dominum Deum tuum.
NOTE... Vidi quasi fulgorem lucis electricae: et quod vides numquam oblivisceris. Plena traditio debet esse antequam plena benedictio est. Deus te ab uno ad alterum permittit.”
7. Quid dicit Dominus, qualia verba peccator secum afferat? paenitemini Israel Domino Deo vestro... Tollite verba vobiscum, et resipisce Domino; Dic illi: Dimitte omnem iniquitatem, et accipe bonum. tunc labia nostra offeremus hostias.» Os.
8. In cuius nomine veniam petat peccator? Petrus autem dixit eis: Agite poenitentiam, et unusquisque vestrum baptizetur in nomine Iesu Christi in remissionem peccatorum.
9. Quid aliud dat Deus peccatori poenitenti?
Derelinquat impius viam suam, et qui operamini iniquitatem ; et paeniteat Dominum, miserebitur eius; et Deo nostro, quoniam abundanter dimittit, Isa.
10. Praeter remissionem poenae, quaenam vis spiritualis nova?
Dominus det convertentibus se?
a. Cor novum. Et dabo eis cor ad cognoscendum me, quia ego Dominus, et erunt mihi in populum, et ero eis in Deum, quia in toto corde suo revertentur ad me. 7. (Vide etiam Ezech. 36, 26. 27.) b. receperunt.» Act 2, 38;
11. Quomodo revelabitur vera poenitentia in vita? Facite ergo fructum qui correspondet poenitentiae: Matth.
NOTE - Conversio sine reformatione non potest esse. poenitentia est mutatio mentis; reformatio est concomitans mutatio vitae". Omnes praedicatores et alii, quorum interest, renascentes" oblivisci non debent. efficere ut non solum in conversione passionis, sed etiam in solidis fructibus, qui solos sunt
cautio est valoris passionis. Mihi videtur magna pars eorum quae ad evangelicam doctrinam transeunt, plenum Dei consilium de hominis salute non revelare, quia una postesque emphasin est. de fide et notione poenitentiae non effertur.»
12. Secundum Iesum quomodo generalis praedicatio paenitentiae est? Sic scriptum est, Et sic oportuit Christum pati... praedicari poenitentiam et remissionem peccatorum in nomine eius omnibus gentibus, ab Hierosolymis et ultra, Luc.
En Petrus sê vir hulle met vas en geween en rouklag. En skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die Here julle God." Joel 2:12, 13,
7. Hoe sê die Here, watter soort woorde moet die sondaar met hom bring? Bekeer jou, Israel, tot die Here jou God,... Neem woorde met julle, en bekeer julle tot die Here; sê aan Hom: Vergeef alle ongeregtigheid, en neem aan wat goed is; dan sal ons as offerdiere ons lippe aanbied." Hosea 14:2. 3.
8. In wie se Naam mag die sondaar om vergifnis smeek?
...En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes." Hand. 2:38.
9. Waarvan verseker God die boetvaardige sondaar verder?
..Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik." Jes. 55:7.
10. Behalwe die kwytskelding van die straf, watter nuwe geestelike krag sal die
Here aan diegene gee wat hulle tot Hom bekeer?
a. 'n Nuwe hart. En Ek sal hulle 'n hart gee om My te ken, dat Ek die Here is: en hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele hart." Jer. 24:7. (Sien ook Eseg. 36:26, 27.) b. Die Heilige Gees.,,Bekeer julle... en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang." Hand. 2:38.
11. Hoe sal ware bekering in die lewe geopenbaar word?
Dra dan vrugte wat by die bekering pas." Matt. 3:8.
OPMERKING.Daar kan geen bekering sonder hervorming wees nie. Bekering is 'n verandering van gedagte; hervorming is 'n meegaande verandering van die lewe."Alle predikers en ander wat met herlewings' te doen het, moet nie vergeet om aan
te dring, nie slegs op 'n emosionele bekering nie, maar op die soliede vrugte wat alleen die
waarborg is van die waarde van die emosie." Dit wil my voorkom dat 'n groot gedeelte van wat deurgaan vir evangeliese leer nie die volle raad van God openbaar ten opsigte van die verlossing van die mens nie. omdat dit eensydige klem le op geloof, en die idee van bekering nie beklemtoon nie."
12. Hoe algemeen moes die prediking van bekering volgens Jesus wees? So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly...en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder." Lukas 24:46, 47,OPMERKING...Ek het dit gesien soos die flits van 'n elektriese lig: en wat jy sien sal jy nooit vergeet nie. Daar moet volkome oorgawe wees voordat daar volle seen kan wees. God laat u binne van die een tot die ander."
0 notes
Text
VIR MY SEUN: KLEIN DORPIE WAARDES WAT EK JOU WIL LEER
Ek wou al lankal vir my seuntjie ‘n lysie aanmekaar sit van alles wat ek hom graag wil leer oor die lewe,liefde en leed. HOE squeeze jy dan ALLES wat jy wil deel in ‘n bulletpoint skryfstukkie?? Ek dink die proses om alles te probeer neerskryf het my wysser gemaak op die feit dat ek as sy mamma ongetwyfeld nie volmaak is nie en iewers in my lewe hom onbewustelik teleur gaan stel of selfs seer kan maak. Dan onthou ek dat Jesus groter is as my menslikheid en ek kry weer ‘n “new found Hope”. Hier is my lysie. Daar is verseker nog baie ander dinge maar hier is my top 30 wat eerste opgepop het:
1. GEBRUIK JOU KOP & PRAAT UIT-DIE-HART
Dis mooi as ‘n man reguit is. Dink voor jy praat & sê wat jy voel. Om in sirkels te praat of nie by die punt uit te kom nie steel jou tyd en jou liefde.
2. MAAK GENOEG TYD VIR JOU GESIN & FAMILIE Alles is belangrik. Werk. Stokperdjies. Vriende. Alleen-wees. Maar jou gesin is jou hartklop. Dis waar jy die meeste van jou tyd gaan wees, so hoe meer jy daarin investeer, hoe meer belonend gaan dit vir jou wees.
3. WEES NEDERIG Dis nie in ’n mens (veral ‘n man) se natuur om nederig te wees nie. Dis ’n vrug van die Gees wat jy met hulp van die Heilige Gees kan bekom. Al is jou skouers hoog in die sterre, hou jou voete kaal en plat op die aarde. Mense het altyd meer tyd & respek vir iemand wat tyd en respek vir hulle het.
4. WEES LIEF VIR DIERE Hulle sê hoe jy jou ma en jou troeteldier behandel verklap hoe jy jou vrou eendag gaan hanteer. Hulle sê ook om ‘n diertjie te versorg is die eerste stap tot verantwoordelikheid soos vrou,kinders & werk op te pas.
5. LEER OM TE DANS Dans is belangrik. Dit wys so baie van ’n man se karakter & persoonlikheid. Jy moet lekker kan sokkie. Vat haar ferm om die middel - jy moet leiding neem. Dit wys vir haar jy is in beheer van jouself, haar en die situasie met selfvertroue en lewenslus. As jy sweet - dis oukei - koel af, spyt ‘n ietsie en vat haar WEER en WEER om die draai.
6. KYK NA JOU LYF Kry die balans. Net nie teveel nie & ook nie te min nie. ’n Six-pack, die perfekte hare en outfit het nog nooit die man gemaak nie. Maar net soos wat sy vir jou soos ‘n trofee moet voel waaroor jy wil spog, moet sy ook kan trots wees op wat sy wil huistoe bring. Wees altyd netjies en versorgd en ruik altyd lekker. Eerste indrukke hou vir altyd.
7. STAAN ALTYD OP VIR DIE KLEINER OUTJIE Automaties maak dit van jou die groter ou, as jy opstaan vir ander. Een wat nie houe uitdeel sonder rede nie. Een wat tyd maak om die mens binne die lyf te leer ken. Al is jy fisies groot, maak dit jou nie noodwendig sterker of beter nie.
8. WEES OPREG & EERLIK Mense is geneig om makliker te vergewe as jy opstaan & erken as jy fouteer het. Mense is skape, maar hulle is nie dom skape nie - Hulle snuif falsheid vinnig uit. Wees altyd eerlik met jouself en met ander - naastes en dies buite jou kringe. SO verdien jy respek!
9. VRA HAAR PA EERSTE Of dit nou vir trou is of selfs net ’n fliek-date, as haar pa jou vertrou, voel sy veilig by jou. Jy sal verbaas wees hoeveel meer jy toegelaat sal word as jy haar pa kan bewys dat jy sy dogtertjie kan beskerm en oppas (miskien selfs beter as wat hyself kan!)
10. TAFELMANIERE Die simboliek van samekoms om ‘n tafel is baie dieper as net om jou maag vol te kry. Dit wys egte liefde, waardering en belangstelling teenoor jou naaste. Waardeer die eenheid tussen mense en God. Bid voor jy eet, sê dankie as jy klaar is en moenie te vinnig opstaan nie. Kuier, gesels en wees dankbaar vir saam-wees-tyd.
11. OM ‘N GENTLEMAN TE WEES GAAN NOOIT UIT STYL NIE Maak die deur oop. Dra haar tas. Help om die inkopies af te laai. Groet vriendelik. Help om die wiel om te ruil. Hê meegevoel as sy hartseer is. Wees beleefd & maak altyd tyd vir haar en ander.
12. STAAN OP VIR WAT JY GLO Groepsdruk gaan nooit weg nie. Op skool. Na skool. By die werk. In jou huwelik. By familie. Mense se invloede is onvermeidelik. Wees seker in jouself en wat vir jou belangrik is, sodat wanneer jy getoets word, jy sterk kan staan by jou waardes en jou Here. Integriteit verdien respek.
13. MAAK JOU BED OP ELKE DAG Dit skep ‘n vorm van self-waarde. Dis die eerste taak wat voor jou hang as jy opstaan in die oggend,so doen dit goed! Dit bepaal jou vertroue en ywer vir die res van die dag. ‘n Simpel taak soos bed-opmaak kweek trots in wie jy is as man in die samelewing.
14. SIT JOU YSTERKNOPPIE AAN Mans moet TOUGH wees. Ek verstaan dit. Moet nie dat jou voete te sag is om soms op skerp klippies te trap nie, maar weet ook dat pyn ’n begin, ‘n middel & ’n einde het. Dit sal nooit vir ewig duur nie - so bepaal vir jouself of die daad die pyn werd sal wees. En as jy besluit dat dit is - dra die pyn met verantwoordelikheid en druk deur!
15. MOET NIE LAAT WEES NIE Uit ondervinding het ek geleer dat die lewe NIE NET OOR JOU GAAN NIE. Laatkommery is ‘n vorm van disrespek teenoor ander. As jy ooreenkom op ’n afspraak met iemand - hou daarby en wees betyds!
16. MOENIE DIE OU WEES WAT DIE HARDSTE LAWAAI NIE Die grootste monde blaas die meeste wind! Ons lewe in ‘n wêreld waar opinies teveel is en dade te min. Wees ’n doen-man. Doen altyd meer as wat verwag word & sê net die nodige.
17. STAAN OP, GROET & SKUD FERM BLAD, ALTYD, MET ENIGE IEMAND Daar is ‘n aantreklikheid aan ’n man wat homself nie wegsteek vir ander nie. Jy verteenwoordig jou hele gesin & alles wat jy is in ‘n twee-sekond-hand-skud. Wys respek,maar ook dat jy nie skaam is vir wie en wat jy is nie.
18. MOENIE LUI WEES NIE Met sweet en harde werk sal jy vir jou gesin brood op die tafel kan sit. Moet nooit lyf wegsteek en agteroor sit dat iemand anders vir jou iets doen nie. Wees gretig om te help en vir ander en jouself take ligter te maak. DIt wys jy het ruggraat!
19. LEER BY JOU PA Obviously, dink ek hy is die wysste,slimste,beste vir om by te leer - daarom het ek hom getrou! Ek wil hê jy moet alles wees wat hy reeds is en nog meer! ’n Pa is die heel beste plek vir ‘n man om oor homself te leer, want hy skep jou identiteit. ’n Pa is ook die beste konneksie vir jou verstaan van Wie God is. GEBRUIK JOU HULPBRON - Hy is daar vir jou!
20. SING SAAM AS MUSIEK BEGIN SPEEL Karen Zoid se “As musiek begin speel” liedjie sing ek al vir jou vandat jy gebore is. Wees die man wat JOY vind in die klein dingetjies wat die lewe lekker maak. Vergewe gou om weer gelukkig te wees. Die lewe is te kort vir ongelukkig wees.
21. KEN DIE HERE IN AL JOU WEË ‘n Behoefte wat mens regtig eers besef jy benodig as jy die dag op ’n punt kom waar jy iets het om te verloor.‘n Vrou vir wie jy lief is, of jou babatjie wat jy vashou. God het tonne beloftes uitgespreek oor jou lewe - CLAIM DIT! As jy jonk is is jy tough en ontembaar, maar ons kan eenvoudig net nie menslik dit alleen doen sonder Hom nie!
22. RESPEKTEER DIE FEIT DAT SY ‘N MEISIE IS - ONGEAG Jy gaan haar nooit ten volle verstaan nie, maar vergelyk haar met ’n stoomtrein: Jy moet fyn werk met haar seun, sy is net ‘n meisie. As sy wil wegry, dan trek jy haar in. As sy lui begin raak, dan stook jy haar weer warm & aan die brand. En as dinge regtig te warm raak, dan blaas jy haar af. Solank jy onthou, ’n meisie is heilige grond. Jy moet dit respekteer & jy moet haar lief hê.
23. SELFVERTROUE IS SEXY Daarmee sê ek nie hê ‘n oormaat daarvan nie. Die grens tussen vertroue en arrogansie is baie nou. Maar as jy as man van jou huis selfvertroue het in jou menswees, geloof en waardes is dit soos ’n veldbrand wat versprei, al jou mense sal aansteek by jou & julle kan dan saam die wêreld verander.
24. VERSTAAN HAAR LIEFDESTAAL, EN JOUNE OOK ‘n Area wat min mans regtig aan aandag gee & as hulle maar net weet watse verskil dit sal maak! Begin by jouself, dis makliker om haar behoeftes te ontmoet as jy jouself en jou geite ken. En wanneer jy weet wat maak haar hart klop, doen moeite om haar lief te hê in haar taal wat sy praat. Al is dit nie jou natuurlike instink nie, die bybel leer ons dat as jy saai vir iemand wat hulle benodig, sal die Here vir jou teruggee in jou eie behoeftes! HOE WOW IS DIT!
25. ALLES IS ALTYD OUKEI Die lewe het baie ups & downs. Dit voel meer gereeld af as op. As jy jou uitkyk op die lewe egter positief en inlyn met God se Wil hou, is daar ’n Hoop. Alles sal egter ALTYD oukei uitdraai al vat sommige dinge soms langer om te genees as ander.
26. DIE 80-20 RATIO ‘n Wysheid wat van jou ouma af kom. In ’n verhouding sien ons baie maklik raak wat die ander een verkeerd en sleg doen. Soms oorweldig die bietjie negatiewe ons so,dat ons die mooi en lekker dinge maklik vergeet. Probeer altyd om eerder op die 80% goeie kwaliteite te fokus, eerder as die 20% negatiewe dinge. Daar is altyd baie meer om voor dankbaar te wees as om oor te kla.
27. KORTBROEK & PLAKKIES ORAL WAAR JY GAAN SO simplisties tog SO belangrik. Wees jouself by almal. AS jy “bliksem” sê, sê dit by die huis, voor jou meisie se male en selfs in die kerk. Punt is om nooit aan te pas by wie jy is nie. Wees gemaklik met wie jy is die heeltyd. Druk jouself altyd om te leer en te groei by ander mense, maar nie ten koste van jou eie persoonlikheid nie.
28. HAAL JOU HOED AF AS JY BID Respek & liefde gaan hand-aan-hand. As jy lief is vir die Here, toon respek. As jy ouer ooms en tannies,jou ouers en meisies respekteer, wys jou liefde teenoor hulle. Mooi lyftaal en gebare is deel van die lewe se klein dingetjies.
29. BREEK GEREELD ROETINE Roetine & gewoonte is die vyand van gelukkige verhoudings. Maak tyd vir naweke wegbreek. Hê “guts” om nuwe dinge,kosse,style te probeer. Wees altyd oopkop vir nuwe idees en ideale sonder om jou waardes te vergeet. ‘n Goeie balans tussen tradisie en die nuwe is wat jy moet soek.
30. VERGEET-MY-NIE Ag onthou tog jou ma! Ek was immers die eerste een wat jou skoppies gevoel! Terwyl jy nou nog klein is, is dit maklik om te weet jy het my nodig en lief. As jy eendag ouer is en liewer is vir jou vrou as vir my - dis hoe dit moet wees, onthou tog dat ek ook aan die anderkant sit en alles van jou weet, jou die heel beste verstaan en jou die heel liefste het. SO lief dat ek bereid is om jou te laat gaan, al is dit die heel moeilikste ding in die wêreld!
0 notes
Text
Gebedspunte: Vas en Gebed - 21 Dae
Week 1 : 5-11 Maart
Dag 1 : 5 Maart
Verootmoediging
Joël 2:13 – Skeur julle harte , nie julle klere nie. Kom terug na My toe, vas en treur! Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde . Hy is bereid om straf te herroep.
· Vader , ons wil terugkeer na U en ons sonde bely en kom in verootmoediging en berou.
· Here , help ons om ontslae te raak van elke afgod in ons hart. Breek elke vesting af wat ‘n vashou plek het in ons lewens.
· Help ons om te kies teen sonde en te breek met dit wat verkeerd is in ons lewens.
Jes.45:22 – Kom na My toe dat julle gered kan word, almal op die aarde, want Ek is God, daar is geen ander nie.
· Ons bely en erken dat U die enigste ware God is en ons begeerte is om U alleen te dien.
· Ons bid dat elke volk, stam en nasie na U toe sal draai , sodat hulle gered kan word.
· Vader , ons as gemeente wil terugkeer na U en ons begeerte is om U alleen te dien en te gehoorsaam.
· Ons gebed is dat U ons sal lei en leer deur U Gees.
Dag 2 : 6 Maart
Skuldbelydenis
1 Joh.1:9 – maar as ons ons sonde bely – Hy is getrou en regverdig , Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.
Ps. 24:3&4 – Wie mag klim op die berg van die Here ? en wie mag staan in sy heilige plek ? Hy wat rein van hande en suiwer van hart is.
· Bely nou jou sondes eerlik teenoor God en vra Hom om jou sondes te vergewe.
· Vra dat die Heilige Gees jou sal herinner aan dit wat nie in lyn is met Sy woord en Sy wil nie.
· Bid dat die Here jou ‘n suiwer hart en rein hande sal gee.
· Bid dat God ons sal verlos van ‘n kritiese gees, veroordeling, pessimisme en ongeloof.
· Vader ek bely dat ek en ons as gemeente so dikwels ons eie koers stap , vergewe ons asb.
· Vergewe ons dat ons so dikwels ons hoop in mense stel en nie in U nie.
Dag 3 : 7 Maart
Word stil.
Luk.5:16 – maar Jesus het Hom gereeld in ‘n verlate plek afgesonder om te bid.
· Vader help my om getrou en gereeld in aanbidding voor U te kniel en stil te word.
· Jesus U het die Vader in stilte opgesoek om Sy wil te ken en te gehoorsaam.
· Help my asb om gereeld en getrou tot U te nader met gebed en in stille gehoorsaamheid.
1 Kon.19:12 – Net na die aardbewing was daar ‘n verskriklike vuur, maar die Here was ook nie in die vuur nie. Na die vuur was daar ‘n groot stilte en iets soos ‘n stem wat fluister.
· Vader help my om stil te word in U teenwoordigheid, sodat ek U stem kan hoor.
Dag 4 : 8 Maart
Lofprysing en aanbidding
1 Kron.16:29 – Prys die Here om die eer van sy Naam! Kom na Hom toe , bring vir Hom offers. Buig voor die Here by sy heilige verskyning.
· Ons verlang met ons hele wese om U te aanbid. Ons wil U krag en U grootheid beleef.
· Ons wil U loof met lofsange en met ons hart en hande.
· Vader, ek bring aan u al die eerbied wat ek in my hart het , mag dit vir U aanneemlik wees.
Heb.13:15 – Laat ons gedurig deur Hom aan God lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat Sy Naam bely.
· Vader ons bring aan U ‘n offer van lof vir al die seën, genade en goedheid in my lewe en ook vir al die seën oor ons as gemeente.
Dag 5 : 9 Maart
Gemeente :
Hand.1:8 (NLV) – maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel – in Jerusalem, oor die hele Judea , in Samaria en tot in die uithoeke van die aarde.
· Vader , help ons as gemeente om gehoorsaam te wees aan U opdrag om die Evangelie na die uithoeke van die aarde te neem.
· Ons bid vir die Leraars en die Kerkraad(KR) dat hulle elke besluit en vergadering sal onderwerp aan U heilige wil en plan vir en met hierdie gemeente.
· Ons bid vir die KR vergadering van 31 Maart dat U volkome in beheer sal wees.
· Ons bid dat U soos in Sag.12:10 oor ons gemeente ‘n gees van gebed en smeking sal uitgiet.
· Dankie Vader , vir elkeen wat so hard werk en rees ‘n verskil maak in U koninkryk.
Dag 6 : 10 Maart
Leiers en Leraars
Kol.1:9b (NLV) – Ons vra God dat Hy dur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle Sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe ,deur net te doen wat Hy verlang.
· Vader ons vra dat U ons Leraars en leiers sal toerus en lei deur U Gees en deur die wysheid wat van U alleen af kom. (Jak.1:5)
· Ons bid dat hulle U wil duidelik sal ken en totaal en al gehoorsaam sal wees om U wil uit te voer.
· Ons bid dat hulle in totale afhanklikheid, nederige en heilige lewens sal lei.
· Ons bid dat hulle U sal volg en gehoorsaam , sodat ons hulle kan volg .
Dag 7 : 11 Maart
Woordverkondiging en eredienste
Jes.55:11 – (NLV) Net so is dit met die woord wat uit my mond kom. DIt sal nie leeg na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek verwag en die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het.
· Bid dat die gemeente die heerlikheid van God en die kragtige werking van die Heilige Gees tydens eredienste sal ervaar.
· Bid dat gemeentelede met ontvanklike harte sal luister en gehoorsaam sal wees aan wat die Gees ons leer.
· Bid vir die lofprysingspanne - dat hulle skoon instrumente in U hande sal wees.
· Ons bid dat U o Heilige Gees die woord sal bekragtig met tekens en wonderdade.
· Ons bid ook vir die tegniese spanne , gasvryheid - , ondersteuning spanne ens wat tydens die erediens betrokke is en ons bid dat U o Heilige Gees ons almal in ‘n Goddellike eenheid en in harmonie sal laat saam werk tot U eer.
0 notes