Tumgik
#waar is julle
Text
Tumblr media
Gebed:
Vader, U is my groot voorsiener, en U gee my geleenthede om mildelik te gee. Gee my asseblief die moed om U met my finansies te vertrou sodat ek ander mildelik kan seën. Ek wil die geld wat U vir my gegee het wys bestuur, help my dus asseblief om 'n goeie rentmeester te wees. In die Naam van Jesus. Amen.
(YouVersion Bybel app)
0 notes
benbrecht · 3 months
Text
Waar die kastanjette knetter
My kop gaan gereeld en sonder reëlmaat na ontelbare plekke toe. Die afgelope tyd is daar al hoe meer tye wat ek myself moet aanpor om verbeeldingsvlugte nie summier stop te sit nie. Dit voel asof ek op ʼn stadium afgeleer het om myself ʼn wêreld te verbeel waar eenhorings (unicorns vir die van ons wat nie weet nie) net luiperde jag en vriende waaghalsige skaaktoernooie hou om te bepaal of ʼn vriendekring ʼn nuwe reël gaan aanvaar of nie. Is oordrewe betrokkenheid of misplaaste invloed by of in die “gewone” lewe deel van hierdie agteruitgang?
Ek kom so onlangs soos vandag agter hoe ongelooflik min ek die frase “ek voel” gebruik, aangesien “ek dink” so gereeld in my sinne voorkom. Dit behoort eintlik ʼn waarskuwingsteken vir myself en ander mense te wees. Die skreiende ironie is dat ek baie dinge baie gereeld oor baie verskillende dinge voel! Dit is seker nie onmoontlik dat dit ʼn gevolg is van die feit dat ek twaalf jaar se skoling en dertien jaar van universiteit agter die rug het nie. Veral in die geval van laasgenoemde moet ʼn mens in ag neem hoe gereeld jy kritiek moet verduur, verwerk, jou gevoelens moet verban na ongekende, stikdonker plekke en net bloot moet aangaan met die werk. Wat ʼn mens voel oor ʼn onderwerp, sperdatum of ander persoon se gedrag is nie juis so belangrik soos hoe dit gerasionaliseer behoort te word sodat jy net bly aangaan nie.
Die dag gaan kom wanneer jy ʼn droom droom waar jy moet gaan bergklim. Jy mag vra hoekom spesifiek bergklim? Wel, natuurlik om alleentyd met jou bergklimspanmaat te spandeer (dis mos nie asof daar ander maniere is nie). In die niedroomwêreld is stap of drankies geniet iets wat jy sou doen, maar bergklim vra mos vir moeilikheid. En raai wat? Ten spyte daarvan dat bergklim nie naastenby so rustig is soos wyn drink langs die swembad nie, het jy dit in die droom in jou kop gekry dat bergklim die enigste manier is waarop ander mense en dinge nie van julle alleentyd ʼn tragiese stortingsterrein van aandaglose interaksies gaan maak nie. Die klim begin alleen, julle verdwaal effens en vang op oor jare se verlore oomblikke. Wonder bo wonder ontdek julle dan ʼn groep mense wat in die moeilikheid geraak het en help sal julle moet help. Wat sou die sin van hierdie verhaal kon wees, hm? Al wat ek kan sê is dat ek ʼn sterk gevoel van magteloosheid en irritasie gevoel het toe ek wakker geruk is deur my foon se alarm.
Verder, op ʼn besonders relevante noot, het ek onlangs besef dat “v” nie ʼn geel letter is nie. Dit is binne-in my gedagtewêreld direk verwant aan hierdie waarheid: Mense word maklik geflous wanneer jy weet watter geluide om te maak. Hoe lank kry “v” dit al reg om as ʼn geel letter gesien te word? Heeltemal te lank as jy my vra. Geel letters sluit “y”, “m” en "a” in, maar “v” is nader aan swart en dit kan jy gerus bevestig met enige kleuroletteroloog.
My een-ding-red-dalk-‘n-duisend vir vandag is om jouself minder te keer wanneer jou verbeelding jou stuur na plekke wat jy mag dink onmoontlik is in die “regte” lewe.
0 notes
shammah8 · 7 months
Text
In ’n wêreld gevul met chaos en onsekerheid bly een ding konstant – God se liefde. Dit is 'n liefde wat alle verstand te bowe gaan, 'n liefde wat onwrikbaar en onvoorwaardelik is. Soos ons in die dieptes van die Skrif delf, ontdek ons die skoonheid en betekenis van 'n liefdevolle en lewende verhouding met ons Hemelse Vader.
 
Om God se liefde te verstaan:
 
Die Bybel dien as 'n gids om God se liefde te verstaan. In 1 Johannes 4:8 lees ons: "Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde." Hierdie kragtige vers herinner ons daaraan dat liefde nie net 'n eienskap van God is nie, maar dat dit Sy wese is. Dit is die fondament waarop Hy ons geskep het en begeer om 'n verhouding met ons te hê.
 
God se liefde is nie gebaseer op ons prestasies of status nie; dit word verniet gegee aan almal wat Hom soek. Romeine 5:8 illustreer hierdie waarheid pragtig deur te sê: "Maar God bewys Sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was." Ten spyte van ons foute en tekortkominge, bly God se liefde standvastig en onveranderlik.
 
'n Lewende verhouding:
 
Om 'n lewende verhouding met God te hê, beteken om aktief na Sy teenwoordigheid te soek en Hom toe te laat om ons lewens te transformeer. Dit behels dat ons ons wil aan Syne oorgee en op Sy planne vir ons vertrou. In Jeremia 29:11 belowe God: "Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee." Wanneer ons Sy liefde aangryp en Hom toelaat om ons te lei, ervaar ons ware vervulling en geluk.
 
Om 'n lewende verhouding met God te bou, vereis dat jy tyd spandeer in gebed en Sy Woord bestudeer. Psalm 119:105 herinner ons dat Sy Woord 'n lamp vir ons voete is, 'n lig op ons pad. Deur die Skrif kry ons wysheid, aanmoediging en leiding vir elke aspek van ons lewens. Dit is in Sy Woord waar ons die dieptes van Sy liefde ontdek en die beloftes vind wat Hy vir ons in gedagte het.
 
Die impak van God se liefde:
 
God se liefde het die krag om lewens te transformeer en genesing ná gebrokenheid te bring. Dit gee ons hoop in tye van wanhoop en krag in oomblikke van swakheid. Wanneer ons Sy liefde ervaar, moet ons dit ook met ander deel, soos die opdrag in 1 Johannes 4:11 aan ons gegee word: "Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê."
 
God se liefde bring vreugde en 'n gevoel van vervulling in ons lewens. In Psalm 16:11 verklaar Dawid: "U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig." Wanneer ons in God se liefde bly, vind ons ware vreugde wat enige tydelike geluk oortref wat die wêreld bied.
 
God se liefde vir ons ken geen perke nie. Dit is onvoorwaardelik, onveranderlik en ewigdurend.☕️Dr Leonie
0 notes
Text
SOLA SCRIPTURA
Gedagtes en verse oor GOD se WOORD
Die Aanslag teen die Woord
Van die begin af het die duiwel God se Woord aangeval. Gen 3:1 “... Is dit ook so dat God gesê het:” Dit is nog steeds die geval. Hy wil die fondamente van die Kerk verwoes. Ps 11:3“As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?” Moderne teoloë volg mense soos Bultmann wat sê dat die Bybel sy ontstaan te danke het aan mites as bronne. Verder ook Karl Barth wat sê dat die Bybel is nie ‘God se Woord’, maar dit word ‘God se Woord’ wanneer jy dit lees en stel gevolglik so die Bybel gelyk aan ander menslike geskrifte. Verder is daar selfs van die behoudende teoloë wat sê dat Genesis een net ‘kunsprosa’ is. Hulle kan eenvoudig nie aanvaar dat dit wat daar staan waar is nie. Dit maak plek vir die ‘Big Bang’ en die ‘Evolusie Teorie’ wat beide nie bewysbaar is nie en selfs natuur wette moet breek om te kon plaasvind. So word kinders dan ook geleer dat die Bybel stories is en dat die ‘Evolusie Teorie’ geskiedenis is. Die gevolg is dat die Kerk hierdie jong mense en baie ander verloor en dit kring al meer uit.
Daar is baie kerkleiers wat nie meer glo dat mense soos Adam en Eva, Noag en Jona historiese persone was nie. Hulle betwyfel ook die duiwel se bestaan. Verder glo hulle nie aan wonderwerke, dat Jesus uit ‘n Maagd gebore is en dat Hy uit die dood opgestaan het nie. 1Tim 4:1“Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete,” Hulle het nie meer eerbied vir God en die Woord. Die blye boodskap van die Evangelie word vervang met ‘n nuwe boodskap van ‘onvoorwaardelike’ liefde en ‘inklusiwe’ verhoudinge ongeag van die teks wat hulle gekies het. Bygesê dat hierdie onvoorwaardelikheid en inklusiwiteit juis sekere groepe uitsluit soos byvoorbeeld wat hulle noem ‘homofobiese’ persone, ook dolerendes, selfs ongebore persone en persone wat glo dat die Skrifte absolute waarhede bevat. Die liberale leiers noem die laaste groep dan ook fundamentaliste.
Die Bybel waarsku baie duidelik in baie gedeeltes oor hierdie dinge en daarom is dit geen verrassing dat mense bly ontken dat dit so is. Die Bybel is nie diplomaties daaroor nie en wys ook waarom God gevrees moet word. Jer 5:30-31“ ‘n Ontsettende en afskuwelike ding het in die land gebeur: die profete profeteer vals, en aan hulle sy oefen die priesters mag uit, en my volk wil dit graag so hê. Maar wat sal julle doen aan die einde daarvan?”
Jer 14:14“En die HERE het vir my gesê: Die profete profeteer vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur en hulle geen bevel gegee en met hulle nie gespreek nie; hulle profeteer vir julle ‘n leuengesig en nietige waarsêery en bedrieëry van hulle hart.”
Mat 7:15 “Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.”
Mat 24:11 “En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.”
2Kor 11:13-15 “Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.”
2Pet 2:1  “Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring;”
1Joh 4:1“Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.”
Sekere misleiers kan baie vroom en liefdevol voorkom sodat hulle mense se vertroue wen. Van hulle sê Calvyn: “Die huigelaars roem oor hulle vroomheid asof hulle ware dienaars van God is. Maar Christus sê dat hulle uiteindelik uitgejaag sal word uit die plek wat hulle ten onregte inneem.”Inst III, 24, 8Wat sê die Woord van hierdie valse profete? Hoe moet ons teenoor hulle optree? Die antwoord wat ons kry is as volg. Gal 1:8-9“Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees! Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees!”Die apostel Johannes is net so duidelik daaroor. 2Joh 1:10-11“As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie. Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.”Wat verkondig word moet getoets word of dit waar en reg is, soos die mense van Berea gedoen het. Hand 17:11“En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.”
Daar is ‘n traagheid om die Skrifte te gehoorsaam. Mat 7:24&26 “Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.”
2Tes 3:14-15“En as iemand aan ons woord in hierdie brief nie gehoorsaam is nie, teken dié man en hou geen gemeenskap met hom nie, sodat hy skaam kan word. En beskou hom nie as ‘n vyand nie, maar vermaan hom as ‘n broeder.” Ware gelowiges sal nie dinge verdedig wat teen die Woord indruis nie. Uit die Woord is dit duidelik dat sulke dinge sal gebeur. 2Tim 4:3-4“want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.”So bring die mens ‘n oordeel oorhomself. Jes 3:4 “En Ek sal seuns hulle vorste maak, en moedswilliges sal oor hulle heers.” Is dit nodig om meer daaroor te sê? Hos 8:7“Want hulle saai wind, maar hulle sal storm maai;” Dit is presies wat gebeur. Gelowiges wat die Woord ken moet nie dwalinge aanvaar nie. Ef 5:14“Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.” Daar is baie waarskuwings in die Woord. Dan 12:2“En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.”
Die oorsprong van die Woord
Dit is baie belangrik dat elkeen seker sal weet waar die Bybel vandaan kom en nie net sal glo wat ander sê nie. Die beste plek om te begin is by 2Tim 3:16 “Die hele Skrif is deur God ingegee (geinspireer) en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,” Ingegee is vertaal uit die Griekse woord θεόπνευστος (Theopneustos) wat letterlik beteken deur God uitgeasem. Dit impliseer baie duidelik dat alles wat in die Bybel geskryf is uit God se mond gekom het. So word die Woord dan ook beskryf as ‘n swaard (Ef. 6:17, Heb, 4:12) en sien ons in Op. 1:16 “... en ‘n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.”Dan weer in Op. 19:15 “En uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard ...”. Die Skrifte kom daarom uit die mond van God en is deur mense neergeskryf. Mat 4:4 “Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.”
Heb 1:1 “Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun.”
Dit is duidelik dat God mense gebruik het om neer te skryf presies wat Hy wou hê dat hulle moes skryf. Rom 15:4 “Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.” So het God sekere mense toegerus en beveel om te Sy woorde neer te skryf. Soos ook vir Moses.Eks. 34:27“Verder het die HERE vir Moses gesê: Skrywe vir jou hierdie woorde op,”Petrus sê ook vir ons dat die Woord van God afkomstig is en nie van mense afkom nie. 2Pet 1:19-21“En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van eie uitlegging is nie; want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.”
God se Woord is waar en ewig
Ps 12:7“Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in ‘n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.”Die Woord is nie gebind aan tyd nie. Dit probeer ook nie om menslike kultuur te handhaaf nie, maar skep ‘n nuwe kultuur. Wanneer God se Woord betwyfel word, dan word God betwyfel. Ons kan nie die Woord losmaak van God self nie. Ons kan God ook nie leer ken sonder die Woord nie. Joh 1:1 “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.”
Ps 119:89“Vir ewig, o HERE, staan u woord vas in die hemele.”
Ps 119:152“Lankal het ek geweet uit u getuienisse dat U hulle vir ewig gegrond het.”
Ps 119:160 “Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.”
Jes 40:8 “Die gras verdor, die blom verwelk; maar die woord van onse God hou stand in ewigheid.”
Mat 5:18“Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.”
1Pet 1:23-25“want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly. Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is.”
Joh 17:17“Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.”
1Tim 4:9 “Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word;”
God se Woord is volledig.
Behalwe om die Woord te verdraai en te betwyfel kan daar ook bygelas word of daarvan weggelaat word. ‘n Halwe waarheid is erger as ‘n leuen. Deut 4:2“Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie;”
Op 22:18-19“Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.”
Alles wat ons moet weet is daar vir ons in die Woord opgeteken. Soos die Woord sê ons is reeds volkome toegerus deur die Woord en daar is niks meer nodig om geopenbaar te word nie. 2Ti 3:17“sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.” Wie ook al nuwe openbaringe van God kry deur drome of beweer dat God direk met hom/haar praat is besig om by te las by die Woord. Daarmee sê hulle dat die Woord nie genoegsaam en volledig is om ons volkome toe te rus met alles wat ons nodig het om te weet. Die false profete binne die Kerk is soms persone wat dele van die Skrif ignoreer. Dit maak die deur oop vir ander dwalinge. So het sommige dan ‘n valse evangelie omdat hulle amper alles verkondig, maar laat dan uiters belanrike dinge weg soos bekering van sonde en slegte begeertes, belydenis daarvan en wedergeboorte. Dit is van die belanrike dinge waaroor hulle stil is. ‘n Goeie voorbeeld daarvan is die ‘Alfa’ kursus wat die ‘skerp punte’ van die Evangelie uitlaat.
Wat hulle leer is baie keer baie goeie noodsaaklike dinge. Dat mense soos Jesus moet wees. Sy voorbeeld moet nagevolg word. Deur goeie werke moet die wêreld glo verander word. Die werke moet wees uit dankbaarheid vir verlossing en nie om genade te verdien nie. Die mense word daardeur verlei sonder dat hulle dit agterkom. Dit is nie net baie eensydig nie maar word ook te ver gevoer. Dit is omdat die kern van die Evangelie verlore raak. Die klem skuif dan weg van God af na die mens, na wat hy is en wat hy doen. Dit staan strydig met wat Paulus sê: 1Kor 2:2“want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde.”Daar is dan niks van verlossing van sonde en slegte begeertes, die mense se gevalle natuur, wedergeboorte en bekering. Vermanings word nie gehoor, want hulle dink dit is sleg om te sê dat daar dinge is wat vir God ‘n gruwel is en dat die mens hom moet bekeer. Die mens staan dan sentraal en die bybelse opdrag is langs die pad verloor. 2Tim 4:2“verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;”
Wanneer die Woord vir mense nie meer genoegsaam is nie, begin ‘n kerk ontspoor. Dit is ‘n proses wat nie ewe skielik nie gebeur nie. Daar word geleidelik van die Woord afgewyk omdat die Woord volgens hulle te ‘primitief’ of ‘onwetenskaplik’ geword het. Dit is soos die storie van die paddas wat in die water sit wat al warmer word totdat dit te laat is om uit te spring en so dood brand, omdat hulle nie agter gekom het wat aan die gang is nie. Dit is gevaarligte wat ons het. Dat die Skrif nie meer genoegsaam is nie en dat die klem al meer verskuif van God af na die mens. God word uitgeskuif as die middelpunt om die mens in die middelpunt te kry. God se wysheid word vervang met mense se wysheid. Spr 3:5 “Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.” So word die Woord subtiel verdraai en ander kere weer openlik.
Waarom God se Woord bestudeer?
Ons kan eers negatief daarna kyk uit die Woord self.
Spr 19:2 “Selfs ywer is sonder kennis nie goed nie;”
Jes 5:13“Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, ...”
Hos 4:6 “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, ... “.
Mat 22:29 “Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.”
Rom 10:2 “Want ek getuig van hulle dat hulle ‘n ywer vir God het, maar sonder kennis.”
Ef 4:14” sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;”
1Kor 2 15:34 “...want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming.”
2Tim 3:7 ”wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.”
Heb 2:1-5 “Daarom moet ons des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien wegdrywe nie. Want as die woord deur engele gespreek, onwankelbaar was, en elke oortreding en ongehoorsaamheid regverdige vergelding ontvang het, hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid veronagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het, terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil?”
Die Woord is ook positief daaroor.God se Woord alleen rus gelowiges toe om met die Heilige Gees se hulp te strewe na gehoorsaamheid, onderskeiding en balaans. Alles moet wees uit liefde vir God, die Woord van waarheid, medegelowiges en ongelowiges. Geloof is ‘n vaste vertroue in hierdie kennis en geloof en gehoorsaamheid loop altyd saam. Net so moet waarheid en liefde ook altyd saam loop.
Ps 119:2-3 “Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek; ook geen ongeregtigheid doen nie, maar in sy weë wandel.”
Psa 119:59 “Ek het my weë oordink en my voete laat teruggaan na u getuienisse.”
Ps 119:105 “U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.”
Ps 119:133 “Maak my voetstappe vas in u woord,”
Isa 55:8-9 “Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die HERE. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.”
Joh 8:32 “En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”
Mat 13:23 “En by wie op die goeie grond gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en verstaan, wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd,die ander sestig—, die ander dertigvoudig.”
Joh 13:17 “As julle hierdie dinge weet, salig is julle as julle dit doen.”
Rom 10:17 “Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.
Rom 16:25-26 “Aan Hom dan wat magtig is om julle te versterk volgens my evangelie en die prediking van Jesus Christus, ooreenkomstig die openbaring van die verborgenheid wat eeue lank verswyg is, maar nou geopenbaar is en deur die profetiese Skrifte bekend gemaak is onder al die heidene, volgens die bevel van die ewige God, tot gehoorsaamheid van die geloof
2Tim 2:25 “Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie,”
2Tim 3:15 “en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.”
1Tim 4:12 “... wees ‘n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid.”
1Joh 4:6 “Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling.”
2Joh 1:9 “Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun.”
Op 3:10 “Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.”
God regeer sy Kerk deur die Woord. Daarom staan elke ware gelowige onder die gesag van die hele Woord.
Alle verse uit AFR 53 vertaling
1 note · View note
vrystaatstories · 1 year
Text
Die Towerfeetjies
Towerfeetjies
Het julle al ooit van die Bloembos en die Feekoningin se kasteel gehoor? Bloemfontein se bos is misterieus en mistig en doodstil – ʼn geheimsinnige plek  waar kabouters en feetjies bly. Die feetjies woon diep in die digte woud, onder die bome, in die varings agter die berge en klowe, naby ʼn kabbelende waterstroom. Al die feetjies bly daar – die mooiste en fraaiste feetjies wat jy al ooit gesien…
Tumblr media
View On WordPress
0 notes
rausule · 1 year
Text
Ideale vir die Mann.
Tumblr media
1. Hoe word die vrou, vergeleke met die man, voorgestel?
Net so moet julle, mans, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys." 1 Pet. 3:7.
2. Watter deugde maak 'n vrou bekoorlik?
Tumblr media
En die dogter was baie mooi van aansien." Gen. 24:16. (Sien ook Gen. 12:11.),'n Aanvallige vrou verkry eer." Spr. 11:16.,,Bejaarde vroue soos moeders, jongeres soos susters in alle reinheid." 1 Tim 5:2.,,Sodat hulle die jong vroue kan leer om versigtig te wees, hulle mans en kinders lief te hê, ingetoë te wees, kuis, huislik, goed." Titus 2:4, 5.
Tumblr media
3. Hoe is die vrouelike deugde en moed by die kruis geopenbaar? a. Hulle was die laaste by die kruis. "En daar was baie vroue wat dit van ver af aanskou het, wat vir Jesus van Galilea af gevolg en Hom gedien het. Onder hulle was daar Maria Magdalena en Maria, die moeder van Jakobus en Joses, en die moeder van die seuns van Sebedeus." Matt. 27:55, 56.
Tumblr media
b. Hulle was die laaste om van die graf weg te gaan.,,En Maria Magdalena en Maria, die moeder van Joses, het gesien waar Hy neergelê word." Markus 15:47. c. Hulle was die eerstes om na die graf terug te keer. En toe die sabbat verby was, het Maria Magdalena en Maria, die moeder van Jakobus, en Salome speserye gekoop om Hom te gaan salf. En baie vroeg op die eerste dag van die week, net ná sonop, kom hulle by die graf. "Markus 16:1, 2.
4. Hoe het Jesus ná Sy opstanding 'n vrou vereer? En nadat Hy opgestaan het, vroeg op die eerste dag van die week, het Hy eers verskyn aan Maria Magdalena uit wie Hy sewe duiwels uitgedryf het." Markus 16:9.
5. Wat is een van die vernaamste versoekings waaraan 'n vrou deur haar posisie
Tumblr media
blootgestel word? Staan op, geruste vroue, hoor my stem! Sorgelose dogters, luister na my woord! 'n Jaar en 'n paar dae en julle sal sidder sorgelose dogters!
Tumblr media
0 notes
4x4community · 1 year
Text
Aftree ouderdom, wat doen julle, waar bly julle, wat doen julle?
Forum: The 4x4 Pub Posted By: Reenen Post Time: 2023/05/22 at 06:23 AM http://dlvr.it/SpPhRD
0 notes
rebrandtdebibls · 1 year
Text
drieduisend vierhonderd agt en vyftig duisend BEDRIJF, EERSTE TONEL Agtergrond wat 'n lewe verteenwoordig. Brant haas hom op die toneel.
Tumblr media
Brant Gosh, ek was bang. Daar het Lucifer agter my aan gehardloop, wat 'n lig, wat 'n flater, ek is wedergebore. Ek sal nie 'n tweede keer in my lewe so iets wil probeer nie, net om te sê dat ek dit agter die rug het.Begryp jy wat ek se? .
Ek wil dit liewer nog drieduisend vier honderd agt en vyftig duisend keer voor my hê. My hare val in klompe op my voorkop. Ek wens iemand wil vir my sê of dit waar is of nie te veel ysters in die vuur . Ek kan myself nie flous nie, dink ek. (Gehoorstem skree: Ja, Brant, dis reg.) Wel, ek het altyd gedink ek is nie in staat om te lieg nie. Wat 'n verskrikking. Nee, ek ly liewer alles weer as om weer te dink. Gedagte, gedagte is wat bang maak. Ek het sewe van hulle doodgemaak, God seën my, en onder hulle was daar ook 'n gekwalifiseerde huishoudster: zac, zac, zac, zac, zac, zac en zac! Een twee drie vier vyf ses sewe. Sewe mense Ek het 'n groot gat in die kop gesit, daar het bloed rondom gespring, asof dit bene het, en tussen hulle was daar ook 'n regte Pruisiese generaal. Daarop het ek sy uniform met die goue epaulette uitgetrek, en nadat ek daardie ellendige klere aangetrek het, het ek die eer gehad om myself ter wille van Christus as bevelvoerder te verkondig. Maar hoe moet ek nou in die samelewing optree, om 'n ordentlike mens te wees? Soos? Wat? Waar? Hoekom? Waar ooit? Wie van julle het iets gesê? (Stilte van die gehoor). Niks iemand nie? Perduttimacciore. Cingulammure, so sê hulle in Italië, lyk dit vir my. Hoe die spoke van diegene wat ek doodgemaak het, agter my aan gehardloop het; ons moes weghardloop met 'n puik loopbaan! Ek wil haar nie te groot skiet met my goeie ou harde mond nie, maar ek bedoel dit, dat die hel enige oomblik agter my was - asof 'n algemene mobilisering teen Brant nodig was 'n bushaal . Twee katte het my oë met hul kloue uitgesteek. Wat ek verloor het in terme van arms en bene moet nog gespesifiseer word. Wat? Praat duideliker, asseblief, ek is van gister af doof. Gekleurd? Soos? Ag, gevind. Dit moet nog geverifieer word, dit wil sê, solank hulle my by die hospitaal aanvaar. (Stem uit die gehoor:
1 note · View note
pizza-ra-bizza · 2 years
Text
Want daar is nie sulke waarhede nie. – ’n wellustige smaak van die heterokliet.
Tumblr media
Tema: “Geseënd is die wat vervolg word vir die geregtigheid. As hulle julle in een stad vervolg, vlug na 'n ander” (Hebreërsbrief, 5:9-10).
Thomo: ZCC en Islam, Judaïsme en Protestante.
Die dialektiek en die hersiening van historiese scenario's. As dialektiek daardie uiteindelike horison word wat begin vanwaar alle ervaringsvelde oopgaan, as dit nie meer ervaring is wat, herhaaldelik, lei tot die dialektiese prosedure nie, maar dit is dialektiek wat homself stel as die voorwaarde wat die manier waarop ervaring bepaal, dan is ons getuig van daardie ommekeer waardeur die onderwerp van die geskiedenis nie meer die mens is nie, maar die dialektiek wat, bevry van die toestand van blote "instrument", beskik oor die siel as sy fondament en oor die mens as sy funksionaris. Dit behels 'n radikale hersiening van die tradisionele maniere om rede, waarheid, ideologie, politiek, etiek, natuur, godsdiens en geskiedenis self te verstaan.
Hierdie Engelse logici, aan wie ons ook die enigste pogings te danke het wat tot dusver aangewend is om lewe te gee aan 'n geskiedenis van die oorsprong van moraliteit - stel ons met geen geringe raaisel in hul opsig: Ek moet erken dat hulle as lewende enigmas as 'n voordeel op hul boeke iets noodsaaklik { hulle is siek } reeds as mense is hulle interessant! Wat wil hierdie Engelse logici regtig hê? Ons vind hulle, vrywillig of onwillekeurig, altyd besig met dieselfde werk, dit wil sê om die party honteuse van ons innerlike wêreld na vore te dryf en te soek na dit wat besonder effektief, normatief, bepalend is vir ontwikkeling, juis waar die intellektuele trots van die minste van almal sou die mens dit wou vind (byvoorbeeld in die vis traagheid van gewoonte of in vergeetagtigheid of in 'n blinde en willekeurige en meganiese samevoeging van idees, of in iets suiwer passief, outomaties, gekondisioneer deur reflekse, molekulêr en radikaal dom) – wat stoot hierdie logici altyd presies in hierdie rigting? 'n Geheime, perfide, basale instink, miskien nie aan homself erken nie, van die kleinlikheid van die mens? Of iets soos 'n pessimistiese vermoede, 'n wantroue van misleide, fronsende, giftige en galse idealiste? Of 'n klein, onderaardse, skerp vyandigheid teen die Christendom (en Plato), wat dalk nog nie eers die drumpel van bewussyn bereik het nie? Of selfs 'n libidiniese smaak vir die heterokliet, vir die pynlik paradoksale, vir wat is problematies en absurd in die bestaan? Of uiteindelik – 'n bietjie van dit alles: 'n knippie vulgariteit, 'n knippie somberheid, 'n knippie anti-Christendom, 'n bietjie kietelende behoefte aan peper?… Maar daar word vir my gesê hulle is net oud, koud, vervelig paddas hulle kruip en spring om die mens, binne in die mens, asof hulle hier reg in hul element is, dit wil sê in 'n moeras, "Hy versoek niemand nie" (Brief van Jakobus, 1). Dit is dinge waarna ek teësinnig luister en, nog meer, sonder om dit enigsins te glo; en as dit wettig is om te wens, wanneer dit nie moontlik is om te weet nie, hoop ek van harte dat dinge vir hulle heeltemal anders kan wees – dat hierdie ondersoekers en mikroskopiste van die siel basies moedige, grootmoedige en voortreflike diere is wat in staat is om hul toom te hou. harte sowel as hul pyn en opgevoed om alle idealiteit op te offer aan logika, aan alle waarheid, selfs aan die eenvoudige, harde, lelike, weersinwekkende, on-Christelike, amorele waarheid… Omdat sulke waarhede nie bestaan ​​nie. –
0 notes
tumbletumula · 2 years
Text
Naas
Tumblr media
Hulle vlug, ag hulle vlug vinnig Die onherroeplike koppe! En slawe bewe altyd, Altyd beledigende tiranne, Oral kyk ek daarna en die siel navraag stuur, Ruik rond; en bewapen jouself Alhoewel ek my liedjie haat. Ek het gehoop, ek het gehoop dat die yster Tyd van woede het weggedraai, Ek vry onder die vryes, Verwelkom by vrolike tafels, Ek kon eenparige stemme hê Volg met die gevleuelde gesang Die hemelvaart van die volke Op die weë van die noodlot. Tal groet Harmodius Kroon-etes Solea het teruggekeer na civic Gelykheid Athene: Fremean die arcade vliegtuie Sing, en Salamis Western Sun Rosea Lag uit die marina: Pensosoudia Thrasybulus, En in die fleur van die jare Sy voorkop het gestraal, Bedreiging van tiranne. O, nog steeds in die mirteskuil Convien swaarde: weer Die ou en die nuwe beswaar Dit maak ons ​​gelukkig en dit maak ons ​​seer. O vryheid, vra Hoop van die vaders en ons s'n, Bloed van nuwe martelare Jou pragtige sluier ons s'n; Die gesange kom ook nie van jou af nie Waar Rattazzi regeer En die wreker kreun in kettings Thrasybul van Caprera. Ag van die held, van die armes Gewond in stille tronk Dra, o vry land winde, My eerste groet. Hoera vir jou, grootmoedig Rebel! na jou voorkop Meer heilige louere het gegroei Die bos van Aspromonte. Gooi jou naam (of onverstandige, Ei non ti fu lorica), Jy alleen het gewaag om op te staan Teen Ou Europa. Wie het jou gewen? Ag, stop Die oneerlike spog: Liefde vir land het jou gewen En deur te val het jy gewen. Hoera vir jou, grootmoedig Rebel en voorloper! Die aanbidding van jou deur die nageslag, By jou van Italië is die hart! Ek drink aan watter gunstige dag Ewige Rome gaan oop, Nie aan die onedellike Seiani nie, Aan die Tigellinis, aan die Judas, Ja vir vryheid, wat 'n wreker Van menslike denke Verbreek die valse professoraat Van Piero se opvolger. Ek drink op die dag wat ek kleur Aan die rower van Frankryk Godinne van bewing en luteus Verbleek die onwelvoeglike wang. Stop, of dolk dit in Caesar Vier die bewind van verbod, O byle waaraan ill gedwee Kapenaar kniel! Heilig is hy: het hom gemerk Met sy goddelike vinger Vryheid: red jouself Die keiserlike Kain Viva; en 'n gil van slagoffers Uit die draaikolke van die Seine En uit die vuil kuile Van die wilde Cayenne Vervolg hom: en, woedende spoke Met skuins hare,
Vervloek is julle - het op hulle geskree Mameli en Morosini.
Wees vervloek - en haatlik Met onuitputlike verlange Broedermoordenaars druk dit Daarom is Aspromonte berug. Lank lewe: die homers bekroon Van die geel tuniek, Aan die voet van twee republieke Hy het verpletter, die ysterbal, Van sy onedellike ouderdom Jy besmet Toulon Waar die eerste donderslag Napoleon geslinger. Helaas, haat is ernstig en onvrugbaar, Moeg my hart van woede: Skyn en glimlag vir my, of eerlik Lig van die toekoms! glimlag! ons parvoli Wat jy sien is of Ek beveel jou: en lewe Van jou geseënde straal. Af die serti en die infule! Verpletterde, goddelose swaarde! Son in die heersende wêreld Geregtigheid en vryheid! O godinne, bestendig dit Skaduwee sal toemaak Hierdie oë, en jou ryk In bussie sal hulle soek. O godinne, maar, toe ek jammer was Die Vatikaantydperk, Van u glorie 'n asem Stuur my avel op. Ek sal dit hoor: survivor A i fati è amor: e vive Die as sal jubel Van jou vate, of duik. Nou laat ons vernietig Van die eeue Die laag is op die gedagte: O min en sterk, by die opera, Want in die diepte is dit waar. Gode ​​haat Prometheus, Kom by jou kinders aan. Steeds gegroef deur weerlig, Al is ons die toekoms.
0 notes
Text
Watch "Oordenking 11 Maart 2023" on YouTube
youtube
(NG Kerk Alberton-wes)
0 notes
ra-tolkein · 2 years
Text
Pous Franciscus van Assisi: Gedig
Tumblr media
Ek is die heilige, ek is die een wat was 'n Man, baie klein tussen ander mans; En ek het net 'n paar gedagtes wat my kroon En asem uit my uit met 'n verwarde geluid. Ek is hierdie ewige afwesig van jouself Loop altyd sy eie pad. En my siele het eendag weggegaan, môre Ek sal wakker word in 'n ou stad. Ek sê vir jou, Ek is die swerwer wat gekom het Om jou die beeld van 'n nederige voorbeeld te bied. Dit is hoe ek myself 'n ou Sondag gelos het Na aanleiding van die evangeliese vlug van die engel. En hier het ek by die kring van geeste gekom, Hulle het 'n sirkel van klein heuwels afgeklim; En die kruie het almal sag gesing Aan die voet van donkies wat geeste dra wat vir my glimlag. Ek is nie meer skaam vir my rok of my hande nie wat aan my en aan julle behoort, my broers; En daardie dag het ek my van die aarde losgemaak En golwe het deur my kristalliggaam gegaan. Om my strek 'n stad van tuig Wie se walle is soos die water van die see groot, En hier het ek gevind wat begin En die woord wat eindig, en die land daarna. Ek het net 'n gesig van was en ek is 'n weeskind En tog waar ek gaan, daar kom Engele Wat vir my die pad van die vreemde Vader ontdek Wie se hart soeter is as 'n menslike vader se hart. Soek my, ek kom uit die vrederyk, Van hierdie vrede wat selfs die klippe deurdring, En ek kry hierdie onophoudelike stof jammer Menslike beendere keer terug na verskroeide aarde. Ek is die een wat die vrees kan oplos Om 'n man te wees en tussen die dooies te gaan Want is my liggaam nie die wonderlike as nie Wie se aarde die stem is waardeur die dood spreek.
0 notes
shammah8 · 1 year
Text
~ 2 Kronieke 29:3-5 En in vers 10 en 11 lees ons dat dit nie leë godsdienstige optrede was nie; Hiskia wou in ’n verbondsverhouding met God staan:
Maar nou wil ek ’n verbond met die HERE, die God van Israel, sluit sodat die felheid van sy woede van ons af weggekeer kan word. My seuns, moenie julle pligte nalaat nie. Die HERE het julle gekies om in sy Teenwoordigheid te staan, om diens aan Hom te verrig, om die volk te lei in aanbidding en offers aan Hom te bring.
Hiskia het opdrag gegee dat hulle ’n groot Paasfeesviering moes reël en hulle het feesgevier soos daar nie gesien is sedert die dae van Dawid en Salomo nie.
Natuurlik was die bose nie tevrede met die toedrag van sake nie en hy het in die nuwe koning van Assirië se hart gewerk om Hiskia en Juda aan te val. Maar raai wat gebeur toe? Reg geraai! Almal was bang, maar Hiskia het desnieteenstaande gesê: Die HERE ons God sal ons red uit die mag van die koning van Assirië (2 Kronieke 32:11). Hiskia en Amos het gebid en tot God geroep. Dieselfde magtige Assiriese Ryk en dieselfde bedreiging van voorheen was kragteloos toe God toetree en ’n engel stuur om Sanherib se leër, bevelvoerders en offisiere te verslaan. Ons lees in vers 20-21 Sanherib het in skande na sy eie land toe teruggegaan.
God het Homself betoon as die Wonderwerker wat op bonatuurlike wyse ingryp en doen wat nét Hý kan doen! Waar dood in die verlede geseëvier het, het lewe deurgebreek!
As dit vir jou voel of niks uitwerk nie; wanneer dit lyk of jou beste pogings, moeite en trane net mooi niks oplewer nie; wanneer dit voorkom of jy alleen, magteloos en sonder uitkoms is, moenie fokus op wat verkeerd is en enigiets aangaande God daaruit aflei nie. Dit is baie waarskynlik dat jy ’n leuen gaan glo!☕️Elza Meyer
0 notes
ruiwitana · 2 years
Text
Dit help ons om 'n skrikwekkende alles-is-'n-simulasie van Twitter Amerika se onderwys was berug swak.
Tumblr media
Die hosannas by die enkelskool-twitter, wat die apostels bedwelm het, het net gedien om die oortuigings van die opponente te versterk. Amerikaanse onderwys is berugte lae standaard. Op alle ouderdomme was die Engelse kind altyd beter opgevoed; sekondêre skole was beter in wetenskaplike erns bo Amerikaanse kolleges; en met betrekking tot die vergelyking van die Universiteit van Manchester, sê, met Kansas State College, die beste om met rus te bly! Wat kan verwag word van 'n land waar skole behandel is as hulpmiddels nie vir onderwys nie, maar van sosiale media nivellering via Facebook twitter? Linkses het nie hul saak bevorder deur so aanhoudend aandag op Amerika te vestig nie; dit het die model verskaf van wat om nie te doen nie.
Uittreksels deur: Michael Young. "Die koms van meritokrasie". iBooks. Stappe deur: RB DE Beer . "Die koms van die Twitter-meritokrasie". helliBoeke. Terwyl julle Space-X's vir Elon baklei en Hy in die reën sit, in twitterland en onthou wat net hy kan onthou, sê "Tyd … om te sterf met my nuwe tesla", en vries met 'n soos 'n tumblr. Om voort te dreun … moet hy Tumblr gee … geen X-wetenskap asseblief nie
1 note · View note
vrystaatstories · 2 years
Text
Mys die Muis, Koning van die Diere en die Miere
Mys die Muis, Koning van die Diere en die Miere.
Mys die Muis, Koning van die Diere en die Miere Mys die Muis, die dapperste muis in die hele Vrystaat, daag eendag by Koning Leeu se lệ-plek op, en bekyk Leeu op en af waar hy lekker onder die boom lê en snork. Die meeste diere is effens bang vir Leeu, en hulle hou hom die hele tyd dop waar hy slaap.  “Moenie bang wees nie,” sê Mys stouterig vir die ander diere. “Ek wed julle ek kan op Leeu se…
Tumblr media
View On WordPress
0 notes
rausule · 1 year
Text
Kyk, ek het 'n maand laas geëet en ek is baie honger. Ek is besig om my oog te suig. Hoekom haal jy nie een van jou oë uit nie, Tier? Dis alte lekker om aan te suig."
Tumblr media
Tier is ook nie links nie. Hy haal sommer sy oog uit en sit dit in sy mond. Maar die oog was so glibberig dat voordat jy ,,mes" kon sê, was dit ingesluk...
,,Grr..." grom hy nors.,,Voordat ek kans gehad het om dit te proe, glip dit by my keel af."
,,Foeitog!" sê Haas simpatiek.,,Maar dis darem nie my skuld nie. In elk geval het jy nog 'n oog: suig bietjie daaraan."
Tumblr media
Tier haal toe so ewe dom sy ander oog uit en sluk dit voorwaar ook in. Nou is die arme Tier in die middel van die wêreld.,,Grr..." en hy tas met sy pote in die donker rond.,,Ek... ek is blind! Al wat ek kan sien, is my maag... en dit is leeg. Hasie, Hasie... ou maat, waar is jy? Jy moet nou nie wegraak nie..."
,,Toe maar, Tier, dis nie nodig dat jy jou so ont- stel nie," antwoord Hasie, nou bietjie meer astrant.,,Kom, ek sal jou help. Hier is die pad,
Tumblr media
volg my net. Oppas! Stadig oor die klippe, hoor," en daarmee lei die klein vabond vir Tier na die randjie van 'n hoë krans.
,,Sit jy nou maar lekker daar, Tier," sê hy vriendelik.,,Ek sal 'n lekker vuur aanpak om jou warm te maak."
Teen dié tyd is Tier so benoud dat hy waarlik van koue bibber. Hy gaan sommer op sy hurke sit. En toe het daardie skelm diertjie 'n nare ding gedoen. Hy pak sowaar 'n vuurtjie sommer agter Tier se boud. Hy steek die droë houtjies aan die brand. Een, twee, drie is daar 'n groot vlam, wat Tier se hare skroei. Hy wip so geweldig van die skrik dat hy sommer oor die krans val.
Tumblr media
Hee... ee... ee," giggel Hasie ferwyl hy oor die krans loer. Daar hang Tier met sy tande om die tak van 'n boom wat halfpad langs die krans af groei.
„Liewe land, Tier," sê Haas met 'n fyn stem- metjie,,,dit was 'n noue ontkoming. Ek kom jou dadelik help, hoor. Sê net,A' sodat ek kan weet dat jy nog daar is."
Toe Tier sy mond oopmaak en ‚A' sê, het hy
natuurlik soos 'n stuk lood verder geval. Boemps lê hy heel onder... morsdood!
,,Tra-la-la," sing Hasie. Hoe dom is sommige mense tog nie!" En toe wip Hasie daar weg, op soek na verdere avonture.
Hy het ook nie ver gegaan nie of daar ontmoet hy 'n boer wat perde aanja.,,More, Boer," groet Hasie.,,Wil Boer nie 'n mooi tiervel besit nie?"
,,Al te seker," antwoord die boer gretig.,,Waar is dit?"
Tumblr media
„As Oom na daardie krans gaan, sal Oom die tier daar kry. Ek sal intussen na Oom se perde kyk."
Die boer het hom ook nie twee maal laat nooi nie en gou-gou is hy weg in die rigting van die krans. Maar Hasie het nooit by die perde bly wag nie. Moenie glo nie! Hy wip sommer daar weg, op soek na verdere avonture.
Eerlank kom hy by 'n klomp rawe wat hulle neste oppas.,,More, rawe," groet hy vriendelik. Laat ek julle 'n ding vertel. Doer is 'n klompie perde met seerplekke op hulle rugge. As julle 'n
0 notes