#slukkis
Explore tagged Tumblr posts
Text
Dibujos hechos en Paint en clase mientras nos dejo rato libre en computación
#dibujo#de cotty 150#arte digital#digital art#personaje de cotty#los pequeños mudos#cubi the slukki#lddc roberto#lddc robbie#lddc conizoro#lddc anibra#lddc croso#slukkis#lddc milly#los dibujos de cotty
7 notes
·
View notes
Text
Die Treinplatform
Lanklaas het n dag soos dit gevoel. Met son wat skyn and amper net breisie wat alles net so bietjie koeler maak. Stil sit op die stoep, koue bier in die hand and sien hoe mense verby stap. Sy staan op, sluk die laaste slukkie bier weg en loop om nog een te kry. Kyk weer of sy alles het wat shy nodig het, stop voor die spieel om weer hemp reg te trek. Loop weer steop toe, maar nie voor n klomp tieners verby loop en begin na haar kyk as sy n hele nuwe dier is.
Mense kyk altyd. Veral mans as hulle die selfde hemp aan het or hulle jeans lyk die selfde. Al is dit nou board shorts en n t – shirt, maar hulle kyk. Elke nou en dan is word dit meer, maar nog steeds soos ander van te vore gesukkel het nie. Sy kan tot maklik werk vind, het meer as genoeg van haar eie maats, maar deesdae word net te stil in middag. Dit is somer en so mooi, maar warm. Die strand maar net a twintig miniete van haar af, waar sy maklik in die surf le, op haar board.
Die middag begin so bietjie soos skemer lyk, sy sluk nog aan die selfde bier, staan op en pak die braai. Die vuurhoutjie maak vining die hele lot brand, en sy staan terug heel rustig en kyk hoe die vlamme die hout lek. Vleis is binne in die yskas net reg vir braai, moet kole maak eers. Haar hekkie klap hard toe skielik en toe sy op kyk loop eimand na haar toe.
“Naand.” Se sy, en toe die person nader staan kom sy agter dit is eimand wat in selfde plek as sy werk, kan net nie haar naam nou onthou nie.
“Ek is Madelize, maar meeste mense noem my Lize.” Sy knik en kyk terug.
“Nat, ek’s Nat.” Kry sy uit eintlik uit. “Dink ons werk saam.”
“Ja…ons werk saam. Het jou hier gesien en gedink ek kan miskien kom hello se.”
Nat skud maar net haar kop. En nou, maar nou net klaar braai en gesels miskien. Sy was nie lus vir mense nie, maar hoe kan sy haar weg draai.
“Ek maak net kole reg hier. Will jy eits he om te drink, het maar net bier. Of coke…. “ Voor sy kan klaar vra vat Lize haar bier uit haar hand uit en sluk die res weg. Nat is heelwat beindruk, nie baie ander vrouens kan gewoontlik so drink nie. Lize verdwyn binne toe en kom terug met twee nuwe bierre. Nat vat maar een en is nie seker wat nou eintlik gebuer het nie, maar lyk as sy heelwat gemaklik is in haar huis. Sy kan so spesifiek wees oor haar spasie. Na jare se flat en met mense deel het sy op haar eie begin bly vir goeie redes. Lize vind vir haar n stoel en sit na genoeg aan Nat dat sy haar kon raak. “So hoekom Nat?”
“Dit is eintlik n bynaam. Of n verkorting van my volle naam.” Sy sien die kole is nou warm, en loop in om die vleis to kry. Toe sy uitloop het Lize op gestaan en gekyf om op die muurtjie te sit.
“So wat is jou volle naam?” Vra sy voor Nat eers die vleis op die braai kon kry.
“Natalie…van my ou maats het gese dat dit te veel van a meisie se naam is, en toe noem hulle my Nat.”
“Hou jou van jou naam?” Nat is nie heeltemal seker wat om te se nie. Sy het nie om gegee oor haar naam nie, nie tot skool nie, en toe het meer mense n kwesie oor haar naam as sy het. Want sy was the veel soos suentjie. Eers was sy ‘moffie’ tot sy eintlik a maat gehad het wat haar Nat begin noem het. Hulle het saam groot geword, kontak verloor to haar maat trou en haar man hou nie van Nat nie. Maar hoe vertel n mens nou so n storie vir eimand wat sy nie ken nie.
“Hello??? Jy nog daar?” Nat skud sommer weer terug na hierdie oomblik toe, en kom agter Lize is regs langs haar. Sy kyk na haar, en vind net haar oe was so bekommered lyk.
“Ja eks hier…. Ek gee nie om oor my naam nie. Gewoond daar aan geraak. Vraag het my net so bietjie verras. Meste mense vra nie. En beter Nat as moffie. ”
“Dit maak sin dan. Wie so n doos hulle kan nie sien wie jy is nie?”
Lize glimlag vir die eerste keer, en dit maak Nat sommer glimlag. Nou al jare uit en nog steeds ongemaklik met vrouens.
“Wat het jou gemaak na my toe kom?” Vra sy vir Lize, wie haarself weer gemaklik op die muurtjie maak. Sy kyk weer vir Nat, wie binne die duer gou die buite lig aan klap. “Ek wou net met jou gesels het, sien jou elke dag en begin wonder wie jy is.”
“Eintlik wat so bietjie kak is daarvan is ek het nie eers geweet wat jou naam was nie, net dat ons verby mekaar in die kmobuis loop elke nou en dan. Maar daar is so baie mense, ek is rerig nie so interesant nie. Eintlik nogal a geek en net n bietjie weird.”
Lize giggle en sy sluk n mondvol bier. “Maar dit is mos nou die punt. Almal anders daar is presies die selfde mense, en will net die hele tyd drink en kak aan jaag. Jy lyk meer soos as of jy n geheim hou. Baie meer interesant.”
“My grootse geheim is my Backstreet Boys cd’s, ek het amper almal van hulle. Net daar lank Francois Van Coke. “ Lize lag vir die eerste keer voor sy binne gaan en die musiek loop vind.
Nat word skrikkend wakker die volgender oggend. Hulle het tot laat gekuier, ge eet en musiek geluister tussen stories van groot word en hoe hulle in die selfde plek werk. Maar nou is sy laat, heel duer haar alarm geslaap. Sy spring op, val duer die stort en kry haar gunsteling pak ui. Blou pinstripe met a wit hemp en streepies das. Swart skoene staan reg, voor sy by die duer uit loop, stop sy om die cologne op te sit. Sy ry so bietjie vining, maar maak dit nog betyds vir die oggend se vergaadering. Die dag styg op soos n tornado en sy het amper nie tyd vir koffie nie. Voor sy kans het om weer behoorlik op te kyk is die dag amper heel verby. Na vier se kant begin sy reg kry vir die einde vandie dag, toe Lize om die verskyn. Sy sit haarself by Nat se lessenaar, en kyk haar eers still aan. Nat voel so bietjie omgemaklik as eimand so vir haar kyk.
“Jy al klaar vir die dag?”
“Ja, maar het gewonder wat jy nou gaan doen?” Antwoord Lize, en Nat is nie eintlik seker nie. Sy is nog so bietjie moeg van laas nag. Maar sy het nou eimand met groot bruin oe and lang swart hare wat voor haar sit. Heel netjies aan getrek in haar rok en nou besig is om vir haar te glimlag.
“Ek het nie eintlik n plan nie….”
“Kwaai!! Ons kan dan a paar biertjies loop drink.” Se Lize end sy begin sommer om Nat op te pak.
“Is jy altyd so??” Is al wat Nat kan se, en net soos dit is hulle by die duer uit. Lize lui haar na a klein pub agter n paar geboue wat net by die water se kant is.
Nat is nog altyd lief vir die see. So dit is lekker om net te sit en n bier drink. Hulle eet aand ete van die pub menu af en sit net kyk hoe die see voels probeer met die veg om verder to vlieg. Hulle gesels so bietjie end besluit om terug te loop om hulle karre te haal. Nat kan al klaar voel as sy gaan lekker kan slaap, sy loop so stadig duer die donker saam met Lize tot na haar kar toe. Sy kon mos nie dat sy aleen loop nie, nie in die donker nie, dit is mos nou wat n mens doen. Voor Lize in haar kar klim gee sy vir Nat n druk, nogal n langer druk as wat Nat sou verwag, maar sal nooit kla nie.
Die dae begin so verby loop. Nat is op met werk, dan is die twee van hulle saam na werk. Sy kry kans om Lize se huis te sien, of meer waar sy flat met twee ander jonger vrouens. Lize is sterker as Nat, al is sy wat meeste dink n butch is. Maar dit is makliker om stil te wees as die hele tyd dit vir mense moet verdydlik of hoor oor hoe hulle dink dit is heeltemal a sin om eers asem te haal. Vir al die jare se voorentoe loop me idees, is daar nog steeds veel te baie mense met ou ideas en oortuigings oor wie sy en ander moet wees. Nat het net geleer om still te wees by die werk. Lize het die hele ding op die kop gegooi nou. Almal ken haar en mans volg haar rond, Nat is seker sy kom patykeer by haar n bietjie weg kruip. Maar sy is snaaks, nogal slim met woorder, en gaaf al kans sy skaam wees. Sy word meer en meer n deel van Nat se dag tot dag se stories. Al is Nat so bietjie skrikerig vir nog eimand wat haar kan laat val, het sy ook blykbaar geen kese nie. Lize kom vir haar vind as sy dink Nat is te stil. Snaaks hoe maklik een mens die hele wereld kan beter maak.
Dae word maande, en een dag net voor die haar klaar maak, vind Nat Lize se lessenaar leeg. Die kantoor is groot en Nat begin dink sy het net geskyf. Die dag is langer as gewoontlik, een vergaadering na n ander, voor Nat uit eintlik by die huis kom. Sy het nie vir Lize gesien nie. Sy besluit om sommer net by haar n draai to maak, sien wat die hele stories is. Toe sy daar op daag vind sy vir Lize in haar kamer, besig met bokse en tasse pak.
“Gaan jy eiwers?” Lize kyk na haar. Sy sug en dit klink swaar.
“Ek was maar net n intern. Dit is nou klaar. Ek het a pos gekry, in n anders stad.”
“Waar? Is dit ver?” Vra Nat, sy voel deur mekaar skielik. Haar bors voel as dit toe trek, hande begin bewe. Sy dink miskien dat dit net is want Lize is haar eerste goeie maat vir a lank tyd. Maar dit voel anders as wat sy sou gedink het.
“Dit is ver. Te ver.” Se Lize vir haar, terwyl sy stading om draai en goeitjies pak. “Ek is op die trein more hier weg. So sewe uur se kant.”
“Wie vat jou stasie toe?” Vra Nat, miskien is dit die laaste aand or die hele laaste keer voor lewe hulle heeltemal in ander rigtings vat. Lize kyk na Nat, en sy lyk as sy kon huil.
“Sal jy?” Nat knik, en voor sy eers kan dink, druk hulle mekaar, en begin saam pak. Dit is maar still tussen hulle, soos een ding na n ander in boks or n tas verdwyn. Nat verstaan nie hoekom sy so hartseer is nie. Die laaste hart seer wat so gevoel het is to haar ou skool maat getrou het, na jare wat hulle so vir mekaar vertel het hoe lief hulle was vir mekaar. Nat sou met haar getrou het, as haar ouers net betrokke in saak geraak het nie. Dit is heeltemal onverwags. Maar hulle hou aan pak, Nat kan nie aan een ding dink om te se wat haar sal maak bly nie.
Die volgende offen voel swaar. Nat is vroeg op, en ry stadig na Lize se huis toe. Sy sien hoe eimand Lize se kar van haar af koop en weg ry. Toe sy langs haar op trek in haar kar, pak hulle die bokse and tasse in. Daar is nie baie goed nie, maar van dit is swaar. Hulle ry in stilte. Nat kan geen woorde vind om dit the beskryf vir Lize nie, nie in a manier wat sal sin maak nie. Sy verstaan dit eers nie. Die stasie is besig en mense loop net sonder om aandag te trek aan wie is waar. Lize se tasse word op gelaai en die two bokse gaan saam met haar op die trein. Hulle gaan wag by die treinplatform. Nie lank nou nie. Die laaste paar miniete. Toe die mans kom om haar bokse te hulp dra, toe is daar net nie genoeg tyd nie. Voor Lize op the trein klim, draai sy na Nat toe. Trane glinster in haar oe, en sy loop nader om vir haar te druk. Nog n lang druk soos altyd, met haar kop op Nat se skouer. Sy kyk op, luen in en soen Nat. Net soos dit, draai sy om, waai een laaster keer en klim op die trein.
Nat voel swaar, net soos die trein weg trek, begin sy weet. Begin sy verstaan, maar nou is daar niks wat sy kan doen nie. Sy bly staan op die treinplatform en kyk hoe die trein in die verte verdwyn.
2 notes
·
View notes
Text
Jy was my rook
Jy was soos die eerste slukkie wyn.
Jy was die eerste een wat my laat sweef.
My hande laat sweet en my hart maak klop.
Jy het soos die lente reën op my geval,
Die reënboog aan my vertoon.
Jou wese beeldskoon en mooi,
My beloon met jou tyd
Jouself verloor.
Ek het nooit jou gesig gesien gisteraand,
Maar ek weet dit was jy,
Jou geluk het my weer gevul.
Jy het deur die blare saggies geval
Net daar gelê soos vroeë oggend dou.
Die sigaret rook toon jou beeld uit,
Gehuimsinnig hou jy my dop,
Ek asem jou in en sien hoe die blomme floreer deur jou ribbekas.
Ek is die son wat op jou lewe skyn.
Na aan my hart word jy weer ‘n grensbewooner.
Ek asem jou beeld uit en soos mis wat op die aarde lê.
My longe nou oop en vry.
Lê jy daar eenkant, weg van my
Jy verdwyn met elke sonopkoms
Maar hardloop deur my kop laat aande.
- In die donker.
Jy is soos die laaste slukkie wyn
My voete nou weer op die aarde
My hande besig, en my lewe nou kleurloos.
Ek sal n rooksein vir jou stuur, sodat ek jou weer heimlik kan sien.
-J
0 notes
Text
Met dié goeie aandjie. Word my Merlot gepaar met n bloed maan. Bad omen? Maak nie saak nie. Malboro sal my onnodige stress cleanse, baie soos n 20 min breindood meditasie.
Lekker.
Onnodige stres wat my aksies beheer. Die alleenheid van alleen wees wat angs bring. Paranoid? Maybe?
en n twakkie.
Die onsekerheid van doelbewus wees krap my. Procrastinate persoonlikheid?ook nie rerig nie!
Lekker wyn, goeie jaar
Die vermyding van dag lig en die haat vir nag, vas gevange tussen hemel en hell, perfekte beskrywing van mens wees? Sigopaatiese introvert? Nope, ook nie!
Stilte wat oor die nag sing kort bietjie orgasmiese skreeu op die lae note.
Gedagates wat dwarrel tussen kop, hart en dan onder toe.
Koue winter lug soos n warm klap op die borskas gepaar met n sigeret wat dit weer afkoel.
Die skyheilig ironies teemery word soms waardeer soos nuttiglose seks.
Laaste slukkie, laaste trek.
en laat ek terug gaan mens wees. Of is dit voorentoe?
- asiatiese_oogpunt
0 notes
Text
KONDENSMELK KOFFIE
Elke klein dorpie het daai een koffie winkel. Mammas se “go-to” om net weg te hardloop van ‘n deurmekaar huis vol woelwaters, rekeninge en die half-oorgedoende vertrek wat weereens ‘n maand moet wag vir klaarkom, want mooi-maak goed is net te duur! Jy ontsnap vir ‘n vinnige teetjie saam jou ma of ‘n vriendin net voor jy die kinders gaan optel. Lieflike afri-fraanse dekor, lekker ruik kerse, vars gebakte koeke en ‘n gemosaikde sement vloer. Jy word weggevoer om vir ‘n oomblik te verbeel jy sit in frankryk iewers by ‘n haai-pofaai plattelandse wynlandgoed met hoenders, vetplantjies en grysklippies met die sterk aroma van koffie op die tafel. In my geval, kondensmelk koffie. Ek voel geinspireerd. Daar is ‘n soort nostalgie aan kondensmelk. Jy verlang na die dae waar alles goedkoper, eenvoudiger was. Jy verlang na jou grootword en onthou met hoe min jy tevrede was. Jy koester jou “afrikaansgeid” as jy dink aan soet koffie in egte porselein koppies, of ‘n groot, groen fles wat vroeg winteroggende in die wildtuin of oppad see toe stoom as pa stop vir bene strek. Met elke slukkie voel jy hoe jou liggaam soet-slukkie na soet-slukkie genees. Dalk is dit die kombinasie van kondensmelk en geselskap wat die eintlike rede vir “lekker-voel” is. ‘n Gedeelde blikkie proe altyd soeter. Met my laaste slukkie soet, skop sussie in my maag. ‘n Regte “mamma-moment” waar ek myself oortuig ons het sopas ‘n ma-dogter-oomblik geshare. En net daar besef ek, ek is nie in Frankryk op ‘n wynlandgoed met hoenders nie. Ek is hier. In my eie klein dorpie vol stof en reen en dis oukei. Ek kan tog nie wag om haar vas te hou en laterjare saam haar by Die Melkstal ‘n kondensmelk koffie te deel nie...THAT’S what it’s all about!
0 notes
Text
Weskus Roadtrip - April 2017
Dag 1: Jo’burg na Kuruman
535km
Ek is dikwels oorhaastig met die aanvang van iets soos hierdie, en teen die middag het ek al lankal enige skyn of pretensie dat ek enigiets beteken by die werk laat vaar. Met swak-verbloemde opgewondenheid groet ek dus my kollegas en maak ‘n vinnige draai by die huis om my favourite jean en Kaizer Chiefs trui aan te trek voordat ek in die pad val. Ongelukkig is die groter Johannesburgse metropool nie haastige reisigers se mees goedgunstige bondgenoot op ‘n Vrydagmiddag nie en ek moet myself deurentyd herinner dat hierdie ook deel is van die hele avontuur. Nietemin was ek besonders verlig om uiteindelik op die N14 te klim en die rokerige strate en betontralies van my stad in die truspieëltjie te sien verdwyn.
Met my nuutgevonde vryheid en ‘n relatiewe oop stuk teerpad raak ek toe effens meegesleur en voor ek dit weet spring daar ‘n bose gees agter ‘n bos uit om my in te lig dat ek besig is om die spoedgrens geheel en al te ignoreer en dus ‘n heftige monetêre boete sal moet oorhandig. Ek pleit onmiddelik onbewus, onskuldig en ontoerekeningsvatbaar en my vertoning besorg aan my ‘n degradering van ‘n R1500 se boete na ‘n ligte waarskuwing en streng kyk. Ek dank die akademie.
Met Ventersdop op die horison besef ek dat ek in my haas vergeet het om enigsins iets te kry om te eet, en dat ek absoluut rasend is. Ek is egter skrikkerig om in hierdie spesifieke dorp af te trek vir voedsel aangesien ek steeds met skrikwekkende detail my vorige deurtog kan onthou. Dit was enkele dae na die dood van voormalige AWB-leier en passievolle ruiter, Eugene Terreblanche, en die area was in chaos gedompel. Ek onthou spesifiek die woorde “YOU ARE NOW ENTERING A WAR ZONE” wat op ‘n padpredikant vol koeëlgate geverwe was. Met honger huiwerigheid parkeer ek toe vir Themba (My charcoal Fiesta en reisgenoot vir die trip) voor ‘n take-away kafeetjie genaamd Johnny’s. Die plek kom hoog aangeskrewe deur een van die locals met wie ek gesels het. Die bo-baas kokke van Johnny’s glo klaarblyklik nie in enigiets wat onlangs nog aan ‘n plant verbonde was nie en sien veral neer op die kleur groen. Instede verkies hul om seker te maak geen ongewenste vitamines of minerale word aan hul klaarblyklik gevestigde klientebasis bedien nie deur alles eers deeglik in ongekende hoeveelhede olie te braai. Ek mik vir die ham, kaas en tamatie toebroodjie as veiligste opsie, en kies weer koers na die wilde Weste. Oppad uit die dorp uit vang iet egter my aandag - op die horison staan ‘n massiewe beeld van ‘n man, arms uitgestrek en palms na bo met twee tortelduiwe wat daarin rus. Ek pleeg ‘n U-draai en kom tot stilstand voor ‘n geslote hek. Gelukkig verseker ‘n sekuriteitswag genaamd Matthew my dat indien die regte persoon in die regte posisie van outoriteit iets aangebied word om te drink behoort die hek op ‘n wonderbaarlike manier homself oop te vind. Een standaard Coke later staan ek en Matthew voor die standbeeld en grafsteen van ene John Beaver Marks - op sy dag voorsitter van die SACP, hoof van AMWU, president van die destydese Transvaalse ANC (voordat hy vervang is deur ‘n jong, opkomende vryheidsvegter genaamd Nelson Mandela), en uiteindelik die tesourier van die Nasionale ANC. Uncle JB was die man wat opgestaan het vir die mynwerkers aan die rykste goudrif ter wêreld - die werkers op wie se bloed, sweet en trane baie van on lieflike, geskeurde land se rykdom gebou is. En hier - in Ventersdorp staan ‘n hulde aan hom so lewensgroot en vol hoop soos die mynhope van die Goudstad. Matthew neem ‘n slukkie van sy Coke en en wys vir my waar uncle JB grootgeword het. Born and bred in the West Transvaal, sê hy. Hy beduie waar die Marks familie vandag nog woon. En Msholozi homself het hierdie gedenksteen kom inhuldig. My sekuriteitswag-cum-toergids is nou in volle swang en geniet homself terdeë. “Kyk”, sê hy, “gebore in 1903 - selfs ouer as Mandela!”. Matthew vertel my hy’s einlik ‘n ‘coloured’. Afrikaanse ma en Xhosa pa. Ons gesels al die pad terug na my karretjie - sommer oor wat in die land aangaan en of Chiefs vir Supersport kan wen die naweek. Ek herinner hom dat Wits ook nog in die prentjie is en boonop twee games in die sakkie het. “Just watch” lag Matthew. “Amakhozi for life”. Terwyl ek weer terug op die N14 draai wonder ek vlugtig of Johnny’s vernoem kan wees na John Beaver Marks. Sou cool wees as dit was.
In Vryburg haal die donkerte my in. Daar is niks soos om in ‘n Afrika sonsak in te ry nie, hardkoppig met die son se laaste desperate strale in jou gesig - die donkerte kort op jou hakke maar met goud op die horison. Ek dink Afrika se sonsondergange is waarskynlik meer spesiaal as enigiewers anders ter wêreld... Waar anders kan so ‘n ruwe, harde landskap omskep word in die sagte, vergewende impressionistiese kunswerk as hier?
Uiteindelik ry ek my eindbestemming vir die dag binne in stikdonker. Van die snelweg af is Kuruman se strate maar porieus en geperforeer met slaggate. Ek book vinnig by my gastehuis in en slaan weer die strate in op soek na iets om te eet. Google Maps meen ‘n Pub genaamd Die Boom is die beste opsie en ek is te moeg om te stry. Dit wil voorkom asof Die Boom wel die plek is om te wees in Kuruman op ‘n Vrydagaand. Ek gesels met ‘n man in Vellies, ‘n rugby broekie en ‘n moulose fleece-top by die kroeg terwyl ek wag vir my burger. Hy sê die mense noem hom Dapper omdat hy die skelmste en beste afslaer in die geweste is. Die game werk so, verduidelik Dapper, die mense wat bie op sy skape is almal kop in een mus. Hulle kom vooraf ooreen wie bie op wat sodat hulle die prys kan laag hou. Sy werk as afslaer is om die prys lekker hoog te kry. Hy gaan dan in en stoot die prys op en koop die skape teen ‘n hoër prys, onder hulle neuse uit. Wat hulle nie weet nie, lag hy, is dat hy reeds ‘n koper opgeline het in ‘n ander dorp teen selfs nog ‘n hoër prys. DIt wil voorkom of die skaapmark nie besonders likied is nie, en Dapper het die konsep van arbritrage ontdek. Dapper se vrou sluit by ons aan en dring daarop aan dat ek saam hul ‘n jagermeister drink. Dapper self drink nie shots nie, slegs dubbel brandewyne. By die dosyn. Dapper se 8-jarige dogtertjie is ook daar. Hy noem haar liefderyk sy klein ‘teef-hondjie’ en terwyl ons gesels dans sy saam ‘n man genaam ‘Goeks’. Goeks lyk soos ‘n oorgewig Groet-Die-Grotman akteur wat op die myn werk en sy gunsteling dinge in die wêreld is om vir Dapper te terg en verskriklik te vloek. Dapper se teefhondjie gee klaarblyklik nie om nie. Haar gunsteling ding in die wêreld is om Goeks se beursie te steel en vir random mense dop te bestel. Ek sit en hou die res van die kroeg dop terwyl Goeks en Dapper mekaar bietjie karnuffel. Die klante blyk almal regulars te wees en geniet dit om Lucky Strike te rook en hul gunsteling Afrikaanse treffers te versoek. Die kunstenaars wat die meeste aftrek kry is by verre Snotkop en Liani May. Na Goeks se aanslagte suksesvol afgeweer is deur Dapper beweeg hy aan van sy afslaan stories na sy volle lewensverhaal. Sy lewenspad is een wat gekronkel het en hom geneem het van landloopkampioen na kranige skrywer na die weermag. Dapper sê sy pa wou altyd gehad het hy moet gaan regte swot, maar hy het dit absoluut verpes. Ongelukkig het hy die weermag ook verpes so toe drop hy uit en gaan swot regte. Eventually het die lewe hom al die pad terug gebring na Kuruman om ‘n afslaner te word - nes sy pa. Net ‘n dapperder een. En hy is happy, verseker hy my. Hy het sy vrou wat hou van shooters drink en sy teefhondjie en vir Goeks. Dis amper soos iets uit ‘n Snotkop song.
Na Dapper se lewensverhaal beweeg hy gulsig aan na politiek. Die skrif is aan die muur en ek het al hierdie movie gesien, so ek betaal sy laaste dop en verskoon myself. Ek wil nie moeilikheid optel op my eerste aand van die roadtrip nie. Ongelukkig tel ek toe onmiddelik moeilikheid op op my eerste aand van my roadtrip. Ek trek in by ‘n vulstasie om Themba se dors te les en gesels ‘n ruk met die petroljoggie oor die lewe in Kuruman. Ek draai om en haal my selfoon uit my sak om een of twee boodskappe af te vuur. Eweskielik gryp iemand my foon uit my hand uit en laat spaander om die draai terwyl ek hulpeloos vloek soos ‘n matroos. My selfoon. My GPS. My enigste kommunikasie met almal wat by die huis is... Dis so ‘n simpel ding, 20 jaar gelede het niemand eers selfone gehad nie, maar dit voel asof my veiligheidsnet onder my uitgeruk is. As ek, pagel-sirkus akkrobaat nou moet val is dit tickets vir my. Ek het nog 4000km om te doen, en ten miste 3000 daarvan gaan ek stok-siel-alleen wees... Maar ek is self ongeskaad. Ek het nog my beursie en vir Themba en mettertyd maak ek vrede met die feit. Dit help nie nou om die gebeurtenis oor en oor in my kop te herspeel nie, dit help nie om te dink wat ek moes of kon doen nie. Nou moet ek prakties dink om ‘n oplossing te vind, op my tande byt en voortgaan. Een dronk rassis in ‘n kroeg, en een boef by ‘n petrolstasie kan nie my pelgrimstog stuit nie. En hul kan nog minder my vertroue in die mensdom skud. Twee poepolle maak nie ‘n somer nie. The show must go on.
Dag 2: Kuruman na Kakamas
350km
Afgesien van my onwankelbare vertroue in die deursnit Suid-Afrikaner was ek bitter haastig om Kuruman agter my te laat. Die plek het vir my skade gemaak en die admin agter actually jou selfoon as gesteel aan te gee het my ‘n moerse hoofpyn besorg. So met die eerste sonstrale in die Ooste val ek in die pad vanaf die slapende en oneffektiewe Kuruman polisiestasie. Na ek vinnig ‘n cheap selfoontjie in Upington aangeskaf het vir noodoproepe trek ek in by ‘n Brandewyn plaas genaamd Bezalel om my gemoed te kalmeer. My gasheer vir die dag is ‘n jong lat genaamd Matthew. Ek glimlag toe ek sy naam hoor en dink by myself dit voorspel net goeie dinge. Matthew sou homself bewys as een van die hoogtepunte van my trip. Oorpspronklik van Upington en tans in beheer van bemarking by die plaas, is Matthew se groot liefde gevind in die stook van Brandewyn. Hy het geduldig eers my deur hul wyne geneem, maar toe ons by sy gunsteling onderwerp kom het die man behoorlik geblom. Passie is aansteeklik, en Matthew sien brandewyn maak as meer van ‘n kuns as ‘n wetenskap, alhoewel hy al die teorie ken en briljant kan verduidelik.
In ‘n opmerklike beter bui ry ek toe Kakamas binne. Die progressie van die landskap is ongelooflik om te sien - waar Gauteng se grasland en koppies moes plek maak vir die Noordwes se heuwels en landerye bevind ek myself nou in ‘n halfwoestyn waar sonneblom en mielies onderbreek word deur klippe en bossies. Maar niks het my voorberei vir die ongelooflik prentjie van grasgroen welerige wingerde in die middel van ‘n dorre woestyn nie. Ek koop vinnig vir my ‘n vleisie en suurdeeg om die aand te kan braai en kies koers na die Augrabies valle. By die hek ontmoet ek twee ouer paartjies vanaf Johannesburg. Hulle is omtrent ingerig met tente op die dak van hul lorries en elke weelde wat jy kan hoop om saam te ry op ‘n safari. Hulle het vinnig kom loer hoe lyk die valle, maar hulle is eintlik oppad na AfrikaBurn in Tankwa. Ek beloer die kwartet met skeptiese wenkbroue.
AfrikaBurn se webtuiste beskryf hulsef as volg:
“AfrikaBurn’s aim is to be radically inclusive and accessible to anyone. The touchstone of value in our culture will always be immediacy: experience before theory, moral relationships before politics, survival before services, roles before jobs, ritual before symbolism, work before vested interest, participant support before sponsorship.
Nothing is for sale but ice at the event. Nothing. There are no vendors, no advertising or branding. It just doesn’t fit in. It’s not even a barter economy – it’s a decommodified zone with a gift economy that’s about giving without expecting anything in return.”
Experience before theory? Decommodified zone? Hierdie mense lyk of hul sopas uit Bryanston gery het na hul die out of office boodskap gestel het uit hul corner-offices uit. Maar die klaskaptein van die groep praat met soveel ondervinding en passie oor wat vir hul voorlê in die Karoo dat dit seker waar moet wees. Hul nooi my selfs om saam hul tot daar te ry, hulle het ekstra kampplek en als... Ek sê dankie, miskien volgende keer. Dit voel vir my soos mors as jy soveel hout brand en niks braai nie.
‘Augrabies’ beteken letterlik ‘Place of Big Noise’, en die plek is pretty aptly named. Mens kan die valle van ‘n myl af hoor, en die uitsig is net so aangrypend as die oorverdowende gedreun. By die uitsigpunt gesels ek met ‘n paar trokdrywers wat elektriese pale vervoer tussen Suid-Afrika en Namibia. Hulle het ‘n paar dae af om te sight-see en ‘n doppie of twee te neem en dit lyk of hul hulself bitter baie geniet.
Na ‘n lang, warm dag vol great ervarings is ek meer as gereed om my skoene uit te skop en die braaivleisvuur aan die gang te kry. My blyplek vir die aand is ‘n klein huisie tussen die wingerde op die oewer van die Oranje rivier. Met my steak en ‘n paar roosterkoeke op die vuur ontspan ek met ‘n glas vonkelwyn in die hand en haal my pen en papier uit om ‘n paar gedagtes neer te skryf. Ek is maar twee dae weg vanf die huis maar ek voel reeds of ek op ‘n ander planeet is. In die stikdonker Noord-Kaapse nag besluit ek dit is absoluut noodsaaklik om die sterre te kyk terwyl ek plat om my rug in die wingerd lê. Die rustigheid in die yskoue na-nag reg langs die prieël met die rivier wat in die agtergrond kabbel is iets wat ek nie vinnig sal vergeet nie.
Dag 3: Kakamas na Hondeklipbaai
450 km
Half-vyf is ek reeds wakker en ek besef dat as ek nou moet uit hierdie huis gaan (die badkamer is buite die huis) dan is daar geen kans dat ek weer aan die slaap gaan raak nie. Die oggend is vriesend koud langs die rivier. Ek besluit om maar reg te maak, te stort, en in die pad te val. Ek vertrek toe onder die skuiling van duisternis uit Kakamas, eet ‘n paar roosterkoeke met biltong vir ontbyt en luister Cat Stevens treffers - nes die Voortrekkers gedoen het.
Die gevolg van my vroeg-oggend eskapades is dat ek reeds amper in Springbok is toe die son oor die klipperige rande van die woestyn loer. Ek trek af by ‘n verlate piekniek tafel in die middel van nêrens en asem die vars oggendlug diep in my longe in. Ek is absoluut meegevoer met die omgewing. Daar lê klipstapels orals rondom my en dit voel soos absolute waansin om te dink dat hierdie hopies natuurlik hier kon vorm. Dit lyk meer asof een of ander reusagtige kleuter vir hom ‘n speel-speel dorpie gebou het met klipstapels wat dien as torings. Die plan was om so te ry dat ek ongeveer 9h in Springbok is sodat ek daar hul kerkdiens kan bywoon. Ek kyk na my horlosie - dis nou eers 7h en ek is 10km weg. Met niks anders om te doen nie besluit ek om die Dorpie te verken. Sodra dit lig is begin die fietsryers en drawwers uit Springbok uit stroom in hul massas. Die plek voel amper soos ‘n vakansiedorpie met olyfbome geplant op die middelmanne en gastehuise om elke hoek en draai. Maar dit bly ‘n klein dorpie, en die hoeke en draaie is nie genoegsaam om my besig te hou vir 2 ure nie so toe klop ek maar by Wimpy aan vir ‘n vinnige vrugteslaaitjie en koffie voor kerk.
Dominie Tallie van die Boesmanland se Nederduits-Gereformeerde kerk is nie ‘n man wat met woorde mors nie. ‘n Mens kan aflei uit die gemete en wel-deurdagte gebruik van sy woordeskat en die presiese intonasie waarmee hy preek dat hy nie hou van oorbodigheid nie. Hy preek vir ons uit Johannes 20, doop vir klein Josias (vernoem na sy Vader se Vader) en wens ons ‘n voorspoedige Sabbat toe. Na kerk wens ek die doopouers hartlik geluk met die hoop dat hul my kan uithelp met aanwysings na Hondeklipbaai. Vir die eerste keer in hierdie roadtrip gaan ek die veiligheid en gemak van die N14 verlaat - die snelweg wat my ‘n volle 1135km gebring het. Ek word verwys na die Springbok-kafee aangesien die man daar kaarte versamel, bestudeer, ken en verkoop. Die man daar raai my aan om die R355 uit die dorp te vat en deur Komaggas te ry na die Kleinzee pad wat my sal bring na Koiingnaas en uiteindelik Hondeklipbaai. Hy verskaf my met drie ekstra kaarte met notas op, saam met die kaart wat ek uit dankbaarheid by hom koop.
Op die topografiese kaarte wat ek bestudeer het kan mens duidelik die rif van berge sien wat Springbok skei vanaf die kus, en die Spektakel pas sou my reg daardeur lei. Die mees ongelooflike uitsigte oor droë, woestynagtige valleie groet my. Ek volg die man se raad heel gemaklik tot in Komaggas, en toe raak dinge moeilik. Op die punt waar selfoonsien, teerpaaie en brandstof ophou blyk dit dat die menslike vermoë om aanwysings te gee ook daarmee heen is. Daar is presies twee paaie uit Komaggas uit, en hulle vurk beide uit die hoofstraat. Ek stop en vra ‘n man, moet ek links of regs gaan by die vurk? Hy sê reguit. Ek vra hom weer, in ander woorde. Hy sê reguit. Ek gee op en vra ‘n ander man. Hy sê jy gaan reguit. So hou dit aan tot die sesde mens wat ongewillig of onkapabel is om vir my te sê links of regs. Toe hou ek links, want dis maar hoe ek is.
Om wat ek daar gery het ‘n ‘pad’ te noem is ‘n moerse overstatement. Vir alle praktiese doeleindes het ek en Themba offroad gery. En die ‘een’ pad waarvan almal gepraat het is ook nie so alleen en eensaam soos mens sou dink nie. Kleiner ‘paadjies’ kruis, vurk, sluit aan by, tak af en omarm my gekose roete soos iets uit ‘n post-modernistiese kunswerk. Ek en Themba ploeg voort. Hierdie is nie jokes nie, hierdie is woestyn. Ek mik maar so Wes as wat ek kan want daar is die beloofde teerpad tussen Kleinzee en Hondeklip. Op ‘n stadium besef ek dat indien Themba nou iets moet oorkom het ek geen selfoonsein nie, en ek is ten minste 40km weg van die naaste lewende asem. Ek hou ‘n vinnige voorraadtelling: ‘n halwe pak neute, ‘n halwe pak biltong, vier roosterkoeke, 10 liter water en vyf bottels wyn. Dis genoeg vir omtrent ‘n week en ‘n half as ek mooi werk. Of een besonderse lekker dag as ek nie. Dis goed om te weet mens het altyd keuses.
Eweskielik in die verte gewaar ek ‘n wonderwerk. Die langste, breedste, platste, reguitste stuk grondpad in die bekende heelal! ‘n Woestynagtige, grondgebasseerde Super-Snelweg! Ons is gered! Soos ‘n wafferse rally-bestuurder snel ek deur die droogste deel van die land teen ‘n rekord landspoed en voor ek dit weet is ek in diamant area. Orals waarsku borde my dat ek myself moet gedra en nie skitterende voorwerpe steel nie. Ek dink by myself dis oraait, ek is opsoek na slegs een skitterende voorwerp, en dit is die Atlantiese oseaan. Ek dink aan die woorde van Morgan Freeman in Shawshank “I hope the Pacific is as blue as it has been in my dreams. I hope.”. Ek kan nie meer wag nie, ek droom al vir jare hieroor. Ek ry stadig deur Hondeklipbaai se strate en drink elke oomblik in. Die plek is presies soos ek myself verbeel het - ‘n klein, slaperige Weskusdorpie met visserskepe in die hawe en kinders wat al giggelend agter honde aanhardloop in die strate. Daar sit ‘n paar motorfietsryers in ‘n kroeg genaamd Dop en Kreef en drink ‘n dop terwyl die son op die water glinster. Hierdie is perfek. Hierdie is waarvoor ek gekom het.
Na ek ingecheck het by my blyplek kies ek koers om te gaan sight-see en val onmiddelik vas in die sand. Themba het die woestyn getem, maar ons het sy swakpunt gevind. Hy is nie great in sand nie... Die tannie in die dorp stuur haar swaer om my te kom uitsleep en die man verduidelik vir my hoe ek kan ry om op die harde paaie te bly. Ek gesels ‘n ruk met hom en toe ek hoor hy is ook ‘n wynliefhebber dring ek daarop aan dat ek hom vergoed met ‘n bottel Chardonnay. Die Weskus is presies soos ek gehoop het dit sou wees, en die mense is selfs vriendeliker.
Na ‘n besoek aan die ligtoring, die Hondeklip (waarna die dorp vernoem is) en die Aristea skeepswrak (aan wal gegaan weens ‘n Kaptein wat bietjie diep in die bottel gekyk het, glo) ry ek Suid al langs die kus af en kom af op die ongelooflikste verlate strand. Spierwit en onaangeraak in die middagson. En ek het die plek vir myself! Ek kom tot die insig dat ek oor die hele land gery het om hier te wees, en dat ek nie kan weggaan sonder om te swem nie. Ek is dit verskuldig aan elke reisiger wat al ooit die see gesoek het. Binne ‘n sekonde verloor ek alle gevoel in my bene. Ek knyp my oë toe, duik kop onder die water en maak dat ek uitkom want hier gaan ek doodvries. Gelukkig was daar niemand om my gespartel te aanskou nie en ek kon rustig die res van die sonskyn indrink op die strand in rustigheid. Toe die son begin ondergaan vind ek vir myself ‘n kliptroon wat Weswaarts kyk en skink vir myself ‘n wyntjie. In die donkerwordende skemerlig sit ek en dink aan my helde, my mentors, my vriende en my God. As ek die hele trip net hierdie sonsondergang kon sien was dit reeds die moeite werd. Maar gelukkig is daar nog baie wat voorlê.
Na ‘n ongelooflike seekos ete kruip ek in. My akkomodasie bestaan uit ‘n tent met twee beddens wat op ‘n stelasie op die seesand opgeslaan is.
Dag 4: Hondeklipbaai na Lambertsbaai
330 km
Ongelukkig besef ek die volgende oggend dat my tent ook die tuiste is van ‘n hele kolonie muskiete wat gulsig hulsef dik gedrink het aan my niksvermoedende Hoëveld bloed. Gespikkeld soos ‘n melaatse pak ek op en verlaat die stadspoorte voordat ek uitgegooi word. Hierdie keer het ek seker gemaak ek kry samehangende en baie spesifieke aanwysings uit die dorp uit, en toe die son se eerste strale op die stowwerige grondpad val trek ek af en staan net daar en borsel tande in die middel van niks. ‘n Paar kilo’s verder laat ek en Themba die grondpaaie met ‘n massiewe glimlag agter en klim op die N7.
Daar is ‘n stuk land tussen Springbok en Clan-William waar wieookal eerste daardeur gereis het klaarblyklik heeltemal depressief geraak het. Gegewe - dit blyk nie die mees vrugbare, mooiste of mees vergewingsgesinde landskap te wees nie, maar die plekname is genoeg om jou te laat omdraai en te vlug. Soebatsfontein, Bitterpan, Moed-opgee, Donker-dae, Ek-wil-nie-meer-nie, Hier-is-niks-nie, Hoekom-het-ons-gedink-hierdie-is-’n-goeie-idee en Ek-wil-huis-toe-gaan. Ek begin verstaan hoe die destydse ontdekker gevoel het soos die droë myle verbyvlieg, maar anderkant Vanrhynsdorp verander die wêreld eweskielik in ‘n paradys. Daar is wingerde en vrugteboorde net waar jy kyk en ‘n rivier wat watervore deur al die plantasies voer.
Clan-William is net so mooi met die dam wat die dorp omarm uit die Suide, en ek trek in om die Rooibos-teehuis te besoek. Rooibos word blykbaar slegs in hierdie geweste gekweek, en die teehuis het 600 verskillende geure van die magiese plant. Soos hul brosjure trots aankondig: “The Cederberg is the only region in the world” (??). Ek is nog besig om te lees oor Rooibos se oorspong toe ek opkyk en spontaan my hart verloor op die meisie wat voor my staan. Met oë so groot soos die hele Atlantiese oseaan verduidelik sy vir my iets wat ek glad nie hoor nie in ‘n stem wat klink soos die van ‘n engel. Ek mompel dat ek graag bietjie tee sal wil proe. Sy lag en stel voor ek probeer die blackcurrent aangesien dit ongelooflik lekker is. As sy sê blackcurrent dan sê ek hoe hoog.
“A pain stabbed my heart, as it did every time I saw a girl I loved who was going the opposite direction in this too-big world.”
Verlief en verlore en met meer rooibos as wat ek kan drink in ‘n jaar in my kattebak skiet ek deur tot in Lambertsbaai waar ek ‘n ‘Info’ kiosk gewaar en op ‘n impuls aftrek om te hoor wat die dorp my kan bied. Dit sou een van die beste besluite wees wat ek die hele trip gemaak het. Die vrou agter die lessenaar luister vlugtig wat ek te sê het en beplan sommer my hele dag vir my. “Jy kan eers 2h by jou gastehuis incheck, so jy kan sommer hier gaan sit en ‘n bier drink tot dan - daar is ‘n lekker seeuitsig. 2h kan jy gaan inboek en lekker swem - hulle het ‘n fantastiese swembad. Dan, 3h moet jy hier wees, by Kookfontein vir ‘n wynproe. Hulle gaan een aanbied vir ‘n Nederlandse joernalis so jy kan sommer daar inval, maar maak seker jy waai betyds want jy moet kwart voor ses by Muisbosskerm wees om die sonsondergang te sien. Hulle bedien sewe-uur ‘n ongelooflike seekos buffet.” So gesê, so gedaan. Ek drink my bier, ek check in en swem. Die man wat in die kamer langs my bly kom sit langs die swembad en ons begin bietjie gesels. Hy sê sy naam is Tyrone en hy is ‘n toergids. Hy neem nou ‘n Nederlandse paartjie na ‘n wynplaas. Ek lag en sê ek kry julle daar. Ek spandeer toe die res van die dag saam met Tyrone, Gijs, Rian en hul twee seuntjies Raf en Finne. Gijs skryf travel blogs vir ‘n webtuiste genaamd nextdestination.nl en sy vrou, Rian skryf oor die uitdagings van reis met kinders, vir 4flipflops.com. Die twee is ongelooflik nuuskierig oor alles en besonders ingeligte geselskap. Hulle is besig met ‘n 3-maande reis deur Afrika saam met hul kinders, onderskeidelik 4 en 1 jaar oud... Dis braaf. Maar hulle is al goed geolie. Hulle weet ook wat hul doen. By Muisbosskerm sit ek en Tyrone en gesels die wêreld plat oor alles van sport, politiek tot die verskil tussen Kaapstad en Johannesburg. Die ete is ongelooflik... Ons word bederf met waterblommetjie bredie, seekos-kerrie, geelstert, engelvis, snoek, stokvis, potbrood, soetpatats en koeksisters. En dit alles sluk ons af met Kookfontein se Sauvignon-blanc terwyl die son oor die see ondergaan. ‘n Wonderlike ervaring wat soveel beter gemaak is deur hierdie drie mede-avontuur-jagters.
Dag 5: Lambertsbaai na Saldanha Baai
400 km
Dis moeilik om voor die son op te wees as jy toegevou is in ‘n vere-duvet op ‘n queen-size bed na vier dae se emosionele, fisiese en sensoriese uitpuitting wat afgesluit is met ‘n besonderse en massiewe seekos ete. Gelukkig kom die son in hierdie geweste eers 07:00 op en my eerste bestemming sou eers na 09:00 oop wees vir besigheid. Na ‘n vinnige stort laat ek dus my kamersleutel op die lessenaar in die voorportaal, sluit die voordeur en sluip vir die hoeveelste keer uit iemand anders se huis soos die spook van ‘n vreemdeling. Altyd gemaklik, maar nooit werklik tuis nie. Themba begin ook al die gevolge van amper 2000km op die pad voel en ons rol dus stadig uit die slapende vissersdorpie (om nie die burgers se slaap te steur nie, stel ons onsself gerus).
In Clan-William begin die son se strale ook hulself uitstrek en wakker gaap en vir die eerste keer kruip daar bietjie warmte en lig in die dag in. Ek kies koers al langs die N7 af met die indrukwekkende Clan-William dam aan my linkerkant. Kort voor lank vind ek die afdraai na Algerië en verlaat die relatiewe veiligheid van die snelweg om die mistieke Cederberge te verken. Onmiddelik verdwyn die son weer agter die kranse wat my omring, en ‘n bord langs die pad beweer ek bevind myself nou in ‘Luiper gebied’. Met volle bewustheid van die nuutgevonde koue wat die verlies aan sonstrale bring en die bykomende gevaar van (nagtelike) roofdiere, trek ek toe af op die kruin van die Nieuwoudtspas en staar uit oor die ongelooflikste pokdalige vallei van immergroen fynbos en die ruwe rante van die Cederberge, bestrooi met marmer en kalk. Vir ligwordende en stowwerige kilometer op kilometer duur hierdie kransagtige omhelsing van my sintuie voort en ek word meegesleur in hierdie toweragtige landskap. Die rante van die krans lyk soos ‘n stalagmitiese katedraal waar verlore geeste nog swerf. Uiteindelik skeur die kranse oop en openbaar ‘n grasgroen, moerasagtige vleiland, deurdrink met sonskyn. Vleiland verander in grasland, en grasland transformeer uiteindelik in die wingerde van Cederberg Wines. Aubrey wag my in om my deur die volle arsenaal van hul kunswerke te neem in ‘n moderne en klinies-minimalistiese proe-kamer. Ons skop af met vier verskillende Sauvignon-Blancs, elk met sy eie ingewikkelde geskiedenis en oorspong, en elk so anders as die vorige as wat jy jouself kan verbeel. Die plaas koop byvoorbeeld druiwe oor van hul Sustersplaas in Elim genaamd Ghost Corner, en vervaardig ‘n barrel-fermented Sauvignon daar in die Cederberge - ‘n komplekse en amper hypnotiserende wyn wat definitief tans een van my gunstelinge is. Na die Sauvignins beweeg ons aan na hul Chardonay, Pinot Noir, Cabernet Sauvignon en uiteindelik na die kenmerkende kultivar van die omgewing - hul Bukketraube. ‘n Germaanse druif wat nêrens anders in Suid-Afrika gegroei word nie vir die eenvoudige rede dat die druif so kleinserig en broos is dat dit nie ander wingerde om hom kan verdra nie. Cederberg wines is natuurlik die enigste verbouer in die hele vallei en myle vanaf die volgende plaas. Hierdie natuurlike soetwyn is waarskynlik nie almal se smaak nie maar dit is so eie aan die gebied soos wat Bunnies aan Durban is. En reëls is reëls.
Na my besonderse vloeibare en druifgebaseerde ontbyt (ek het in my bewondering van die berge vergeet om enigsins te eet) vind ek my weg terug na die hoofpad en draai af by die eerste padstal wat ek kry, net duskant Piketberg, om ‘n wildspastei en varsgebakte brood te koop. By die hoeveelste Stop-and-go waar ek voorgekeer word sit ek en kou heel tevrede aan my pie. My volgende stop sal St. Helena Baai wees. Ek wou nou al vir ‘n geruime tyd kom kyk hoe lyk die plek - vandat ek op een van my lukrake soektogte deur die internet afgekom het op oop erwe in hierdie kusdorpie wat verkoop word teen ‘n fraksie van die prys van enige tipe eiendom in Gauteng. Ek onthou hoe ek nog een dag agter my lessenaar gesit het met ‘n das om my keel en by myself gedink het ‘ek kon nou rustig in St Helena gesit het op my lappie grond en uitgetuur het oor die see’. Ongelukkig het die huismark dikwels ‘n manier om te weet wat iets werklik werd is. Terwyl ek met my oop venster die dorp binnery word ek onsalig bewus van ‘n aggresiewe onwelriekendheid wat my neusgate aanrand. Die skuldige blyk toe die vispakkery te wees - die grootste indiensnemer in die dorp en waarskynlik die ding wat die dorp se ekonomie aan die gang hou. Ironies is dit ook die ding wat die dorp helemal onbewoonbaar maak vir enigiemand wat nie in die fabriek of op die see werk nie. Miskien is my Hoëveldse reuksintuig net te sensitief vir hierdie tipe visserigheid, maar nietemin was ek teleurgesteld dat my lae-koste uittreeplan in so ‘n klam industriële walm opgegaan het.
Nadat ek Shelly Point (die upper-class woongebied van St Helena - baie weelderyk dog steeds stinkerig) verken het ry ek na die oulike klein dorpie van Paternoster. Met klein witgekalkte huisies en allerlei knus en kunstige koffiewinkeltjies is hierdie meer in lyn met my verwagtinge oor wat ‘n Weskusdorpie moet wees. Ek en Happy het vooraf ooreengekom om by die Paternoster Hotel se kroeg byeen te kom vir ‘n vinnige bier en om stories van ons onderskeie reistogte uit te ruil. Die kroeg staan alom bekend as die ‘Panty bar’, en die rede daarvoor is nie moeilik om te raai nie. Teen die kroeg se dak hang daar honderde, indien nie duisende, van die klante se meer delikate kledingstukke. Meeste van hulle het name en datums op om die dag te vier toe vryheid en berugtheid verwerf is. Die mure is ook ‘n huldeblyk aan die wat voor ons daar was. Een inskrywing naby die badkamer lui in ongedistelleerde eerlikheid “James and Elize came here to get smashed - 12 January 2005″.
Na ‘n vinnige lafenis ry ek en Haps (steeds ten volle geklee) al langs die kus af om te gaan loer wat in Tietiesbaai aangaan. Nadat ek ‘n klip gesien het wat soos ‘n hond lyk in Hondeklipbaai, en beide sederbome en berge in die Cederberge was Tietiesbaai in hierdie opsig ietwat van ‘n teleurstelling. Die natuurskoon is egter ongelookflik en ek sal graag wil terugkeer om in ‘n tent op die hoogwaterlyn te kamp en rustig in die aand ‘n vissie te braai op die strand. Ek en Haps kon die dag se ry al aan ons lywe voel en trek toe in by die Seekombuis vir ‘n welverdiende middagete, voordat ons groet en elkeen weer op sy eie weg gaan. Ek ry Saldanha binne met sonsondergang en vind my blyplek vir die aand - ‘n gastehuisie op die Kaai waar die locals verbydraf in die skemerlig en die skepe dobber op die water van kanna en toermalyn. Ek sit alleen in die voorerf en steek vir my ‘n vuurtjie aan vir geselskap, skink ‘n glasie wyn en drink die aand in.
Dag 6: Saldanha Baai na Bloubergstrand
135 km
Die aand word ek wakker weens die bekende gedreun van ‘n tipiese Hoëveldse donderstorm. Met die reën wat meedoënloos neerstort op die dak en die donder wat dreun in die verte, draai ek om en raak met ‘n glimlag op my gesig aan die slaap. Gert Vlok Nel het gesing “slegs as ek slaap in reën is ek waarlik moeg, gelukkig en alleen”, en ek voel presies dieselfde. Ek slaap die slaap van die dooies met ‘n goeie donderstorm om my heen. Eers toe ek wakker word die oggend besef ek dat ek nie iewers op die Hoëveld is nie en dat donderstorms nie tipies op die Weskus gesien word nie. Ek pak my karige besittings op in die gryserige oggend, maak seker die gastehuis is min of meer in dieselfde toestand as waarin ek dit gevind het en kies koers. Onmiddelik buite Saldanha begin die verkeer optel. So vinnig is ek gekondisioneer deur my paar daggies in die wildernis dat ek onmiddelik geirriteerd raak met die magdom karre en mense om my. Ek kryt Kapenaars uit as die swakste bestuurders in die land, en draai so gou as moontlik van die hoofpad af om deur Langebaan te ry - ‘n pragtige (indien effe kommersieël na my nuutgevonde smaak) Weskus dorpie met gemaklike vakansiewonings en elke stadsweelde wat ‘n vakansieganger voor kan hoop. Uiteindelik dun die dubbelverdiepinghuise uit en word vervang met fynbos en ‘n uitsig oor een van die grootste lagoons wat ek al gesien het. Ek stop by ‘n hek en gesels met die wag daar wat my R40 vra om deur te gaan, en so bevind ek myself in die Weskus Nasionale Park. Al om my is lappe fynbos met Elande, Volstruise en selfs ‘n skilpad of twee. In die triestige grysheid ry ek doodgelukkig deur hierdie paradys van fauna en flora en neem elke kronkelende afdraaipaadjie om my R40 die moeite werd te maak. Uiteindelik trek ek af by die Geelbek Restaurant - ‘n eetplek wat spesialiseer in tradisionele Nederlandse en Kaap-Maleise voedsel. Ongelukkig wil dit voorkom asof die vroeëre inwoners van die Kaap van Storms slegs resepte gehad het vir middag- en aandete, en ek moet maar settle vir ‘n gewone Engelse ontbyt in die winderige binnehof.
Buite die park breek daar weer ‘n hewige storm los en Themba skud die stof van die Noordkaap finaal af voordat ons afdraai na ‘n klein dorpie genaamd Darling. Hier moet ek eers verduidelik wat die katalisator vir hierdie reistog was. Soos ek reeds geinsinueer het, het die idee om alleen langs die Weskus af te ry lank reeds posgevat in my onderbewussyn. Dit is iets wat ek al oor droom en beplan sedert jare gelede om die spoke en spore van my helde te jaag. Die bestandele was dus lank reeds in die maatbeker, maar die gebeurtenis wat my in staat sou stel om die droom ‘n realiteit te maak was die bruilof van twee van my immergunsteling mense op hierdie aardbol - my twee vriende Jannes en Clarissa. Jannes en Clarissa is woonagtig te Darling, en sou die Saterdag na my vertrek op my avontuur die knoop deurhaak in Swellendam. En daar is my opening toe. ‘n Troue in die Kaap, knus tussen twee publieke vakansiedae in die mooie maand van April. Ter voorbereiding, dus, vir die huweliksbevestiging, voel ek myself genoop om die tuisdorp van hierdie twee pragmense te gaan verken. En die beste manier om ‘n plek te leer ken is volgens my om hul bier te gaan drink. Daarom besoek ek Darling Breweries - ‘n brouery met ‘n gewete. Vir elke vat bier wat hul produseer plant hul ‘n boom, en elke bier wat hul maak word vernoem na ‘n bedreigde dierspesie waarvoor hul dan groot bedrae geld skenk ten einde die wêreld te red. Dit is die tipe besigheid wat ek met blymoedigheid ondersteun, en dit help natuurlik dat hul produk bitter lekker is ook. Na ek my deel gedoen het vir moeder aarde besoek ek Evita se Perron om te wandel deur die verlede. Tannie Evita het korrespondensie ontvang van staatshoofde en allerlei autoriteitsfigure sedert die vroeë 70′s (aanvanklik hoofssaklik om haar in kennis te stel dat haar nuutste skryfstuk onaanvaarbaar is weens ‘n legioen redes) en elke brief word met trots uitgestal in die klein museumpie/winkeltjie. Dit is werklik iets om te sien, en mens kry die idee dat Pieter-Dirk Uys dalk ‘n dieper begrip het van ons land as wat baie mense hom voor krediet gee.
In die (steeds) nimmereindende reën sluit ek aan by die string ligte oppad na die Moederstad, deur Melkbosstrand na Blouberg. By Happy-hulle se flat neem ek ‘n vinnige middagslapie en reël met my ou vriend, Rudo, om hom te ontmoet vir ‘n burger by Jerry’s voordat ek doodmoeg in die bed val en wegsink in ‘n droomlose slaap. Klaarblyklik is avontuurlustigheid bitter uitputtend.
Dag 7: Die Boewe neem Blouberg oor
Martin “Martini” Park. Wouter “Johnson” Botha. Tiaan “Physical Threat” Visagie. Alombekend as die Boewe. Die drie, tesame met PC “Oven Glove” Engelbrecht land vroeg al op Kaapstad Internasionaal, en Happy is reeds weg om hul te gaan optel. Ek gebruik die tyd om bietjie wasgoed te was en my hare te laat sny voor die bruilof. Terwyl ek vir my wasgoed wag ontmoet ek vir Rudo en sy vrou, Susan by ‘n versteekte eetplekkie genaamd Festive Undergound Eatery. Jy moet inderdaad weet presies waar om te soek vir hierdie plek in ‘n agterstraatjie agter ‘n dodgy besigheid wat miskien tweede-handse karre verkoop en miskien karate klasse aanbied maar dalk gewapende reaksie bied. Die bordjie buite is hoogs vaag en uitsluitlik onduidelik. Ek het nog nie vir Rudo en Susan gesien sedert hul afgetrek het Kaap toe nie, en ons het baie om op te vang. Rudo het sy eie besigheid begin wat matrasse (wat hy self ontwerp het) en kussings vervaardig en versprei via hul webtuiste (Bitter cool idee, check dit uit hier), terwyl Susan ongelooflike werk doen as grafiese ontwerper. Dit is altyd so lekker om met die twee op te vang - ek en Rudo gaan lang jare terug.
Nadat ek my skoon klere gaan optel het, sluit ek aan by Happy en die res van die manne by Blue Peter. Dis onmiddelik ‘n blerrie gemors (I say this with affection) en PC besluit spontaan dat ons die hoofaantrekkingskrag van die plek is, en dat hy sal dien as serimoniemeester. Wouter verloor sy beursie, Tiaan verloor beheer van die situasie, en PC verloor sy hart. Die liefde is ‘n groot geheimenis en PC het daarin gepoog om dit deur middel van interpretiewe dans aan die skare te verduidelik. Ongelukkig het min mense opgelet, en as ons nie die akrobatiese dade op film vasgevang het nie, kon dit verlore gegaan het. Dit sou ‘n skande gewees het, want ware kuns is skaars.
PC het van sy mede-Phalaborwiërs wat in die area is oorgenooi om by ons aan te sluit. Twee ongelooflike mense met harte van goud en glimlagte so breed soos die horison. Frank en Celeste Streicher. Twee absolute legendes wat binne ‘n middag diep in ons almal se harte ingekruip het om vir ewig daar die wag te hou oor ‘n perfekte dag langs die strand. Frank en Celeste wat besig was om ‘n blyplek te soek sodat Frank sy fisioterapie-praktyk af te skuif Kaap toe. Frank en Celeste wat met deernis en liefde en aansteeklike goedhartigheid saam ons kon lag en sing en sorgvry hulself geniet tussen ‘n klomp vreemdelinge wat oombliklik vriende kon word. Frank en Celeste wat skaars ‘n week later in tragiese omstandighede saam met hul seuntjie in ‘n motorongeluk oorlede is. Frank en Celeste wat hul dogtertjie agterlaat in hierdie onsekere wêreld. Partykeer kan mens nie verstaan hoekom daar soveel seerkry en swaarkry in hierdie lewe is nie. Hoekom twee sulke ongelooflike mense van hul geliefdes as weggeneem moet word nie. Al wat ek weet is dat Frank self sou gesê het dat God in beheer is. En dat hulle nou veilig by hom is. Die hemel is miskien nou klein bietjie helderder, al is ons harte bietjie donkerder. Ek dink die les is dat ons voluit moet lewe terwyl ons hier is, dat ons almal met onblusbare liefde en omgee moet hanteer, dat ons moet lag uit ons harte en God moet dien waarookal ons gaan. Nes Frank en Celeste gedoen het. RIV, vriende.
Dag 8: Blouberg na Swellendam
240 km
Na Blue Peter het ‘n paar van ons die dag se gebeure in oënskou geneem op die balkon, met behulp van ‘n glasie wyn. PC was in die hoofslaapkamer besig om te droom oor verlore liefdes, Haps op die bank in die sitkamer, Wouts en Park in die een kamer terwyl ek en Tiaan “T-Slice” rustig in die ander kamer geslaap het. ‘n Heilsame ontbyt is aan ons bedien by Doodles om ons in die regte gemoedstoestand te plaas vir die pad Swellendam toe. In Strand tref ons verkeer. PC knip ‘n uiltjie. Wouter en Park vind dit snaaks vanuit die agtersitplek van Happy se huurkar. By ‘n Engen garage kry ons vir Xander langs die pad. Nou, dikwels by troues is daar gaste van ver af kom. Oom Johan en tannie Fransie sal dalk deurry vanaf Thabazimbi om ‘n troue by te woon in Pretoria. Of dalk vlieg iemand van die Kaap af op. Hierdie is opmerklike en belangrike dinge. Maar min mense vlieg 24 ure reg rondom die wêreld soos Xander Riekert. New Zealand is bitter ver van Swellendam af, selfs per vliegtuig. Met ons nuwe internasionale reismaat by ons aagesluit durf ons toe die pad aan met nuwe moed. Ek en PC sing luidkeels aan allerlei lekkersing treffers en Xander verduidelik iets vir Tiaan in die kar voor ons met heftige handgebare. Gelukkig word sy storie onderbreek toe ons by Riviersonderend aftrek vir die beste pasteie op hierdie planeet. In Swellendam koop ons ‘n vleisie en ‘n stukkie suurdeeg vir die aand se ete en gaan klok in by ons tuiste vir die volgende twee dae. Martin, Haps en Wouts is deel van die prosessie en gaan braai saam die bruidspaar en hul families terwyl die res van ons in die swembadjie sit en ‘n biertjie geniet terwyl die son ondergaan teen die agtergrond van die Zuurberge. Die aand speel ons Survivor. Tiaan word konsekwent eerste uitgestem. Hy voer aan dis omdat hy ‘n fisiese bedreiging is en ons klomp lafaarde. Ek besluit ek gaan vir Wihan Wihan saam met my neem na die finaal, aangesien hy reeds aan die slaap is en maklik verslaan kan word. Ek word onmiddelik uitgestem. Eerlikheid word nie beloon in hierdie spel nie.
Dag 9: #JCVanZylTroue
Vyfuur die oggend word ons wakker gegil.
“Dis ‘n BRAND!!”
“Dis ‘n VUUR!!”
Instinktief pluk elkeen ‘n onderbroek oor sy hoof (oorblyfselfs van ‘n fire-drill proses vanuit ons koshuisdae). Die vorige aand het ons ‘n massiewe kampvuur aanmekaar geslaan om die atmosfeer en ambians reg te kry vir die tribal councils waar Tiaan keer op keer uitgestem is en rustig in die windstil nanag gaan slaap. Die vroegoggend bring toe met hom magtige winde wat soos ‘n vloed oor die berge stroom deur die vallei. Park en Xanties is gelukkig paraat genoeg om te besef dat die Kaap in sy huidige toestand nie besonders brandbestand is nie en dat warrelende kole in ‘n droë veld ‘n slegte idee is.
Die uiteinde is dat die hele huis wakker is nog voor ‘n haan kon kraai in verloëning. Wihan en Tiaan probeer hul bes om nog ‘n uur of twee se slaap in te kry, maar die burgers gun hul geen rus nie. Uiteindelik is almal wakker en gestort en ons mik Barrel and Blues toe vir ontbyt en ‘n laaste doppie saam Jannes as ongetroude man.
Helfte van die trougaste daag op en kort voor lank moet Jannes ons smeek om te gaan regmaak en asseblief nie laat te wees vir die diens nie. Ek tel vir Eckhardt “Eckbeer” Breet langs die pad op en ons reken daar is genoeg tyd vir ‘n laaste biertjie in die swembad voordat ons die kerk moet betree. Ons word verder versterk in ons oortuiging toe ons besef die kerk is slegs een Suid-Afrikaanse kilometer vanaf ons woning.
‘n Halfuur voordat die diens begin is ons uitgevat. Ek, Tiaan, Wihan, PC en Eckbeer lyk ongelooflik goed. Hare is gegel, baarde is getrim, skoene is gepolish en monde is gespoel. Ons is gereed. Met groot fanfare durf ons toe die lang pad aan en ‘n minuut later staan ons voor die kerk en wonder wat om met onsself te doen vir nog 25 minute.
Die gaste daag een vir een op, ou vriende word gegroet, en die kerk raak vol. Jannes daag op en lyk beter as ooit tevore. Eckbeer se eks kom sit voor ons. Eckbeer voer aan dit is nie sy eks nie. Ek en Du Toit glo hom glad nie.
Ek dink toe Clarissa die kerk binnekom was daar nie ‘n droeë oog of ‘n ongelukkige hart in daardie Swellendamse kerkie nie. Dit is my gebruik om vinnig te loer na die Bruid voordat ek die Bruidegom se reaksie dophou wanneer sy instap. Clarissa lyk soos ‘n engel! Sy is sprankelend in die sonlig wat deur die vensters stroom, en ek draai om te sien hoe Jannes sal reageer en is onmiddelik in trane. Jannes breek my. Hierdie twee mense is gemaak vir mekaar en ‘n herbevestiging daarvan dat liefde wen. Ek is so bly vir hulle, en ontsaglik lief vir beide van hulle. Die dominie draf die diens deur in sy tekkies, en ons gooi hul met ons harte buite die kerk. Phillip staan eenkant en speel met sy drone.
Die res van die aand snel verby soos ons lag en kuier en gesels en dans asof daar nie ‘n bekommernis in die wêreld is nie. Miskien, op daardie oomblik, was daar werklik nie. Daar was ‘n wonderlike groep mense bymekaar, die beste wat jy voor kan hoop. Maar hoe dan anders? Dis immers Jannes en Clarissa wat trou.
Dag 10: Swellendam na Bloemfontein
990 km
Die feit dat meeste van ons eers 4h in die bed gekom het, het dit eksponensieël vergemoeilik om vroeg uit die bed te klim. Maar ons moes in die pad val want die Boewe moes hul vliegtuig gaan vang in George, terwyl ek tot in Colesberg moes ry waar ek sou oorslaap die aand. Wihan Wihan besef mettertyd dat hy sy sleutel die vorige dag in die Barrel en Blues gelos het. Die eienaar is egter op hierdie Sondag na familie in die Karoo en die plek is gesluit. Na ‘n lang skattejag met Happy wat beheer neem, spoor hul toe ‘n kelnerin op wat uiteindelik die plek vir hul kon oopmaak sodat Wihan sy kar kon kry en terugbestuur Hermanus toe. Teen daardie tyd het ek en die boewe reeds gestop vir ‘n garage pie en red bull elk voordat ek hul by die lughawe afgelaai het. Tiaan en PC het ons vermaak met hul weergawe van ‘n inbelprogram op RSG oppad daarheen terwyl ek en Wouter gewerk het aan ons opkomende selfhelp-boek.
Eweskielik is ek weer alleen. Die ononderbroke gelag en geraas van die afgelope paar dae is saam met die Boewe by George afgelaai en dis alweer net ek en die pad. Maar hierdie keer het ek nie tyd vir allerlei ompaadjies nie - ek moet in Colesberg kom voor sononder. Ek neem die N12 uit George uit en ry teen die Outiniqua pas uit - so mooi en onheilspellend soos enige pas in die Cederberge met een of twee verskille. Dis grasgroen. George lê in die middel van die tuinroete en bly een van die mooiste dele van ons land. Die ander verskil is, ek het skaars kans om ordentlik die skoonprag in te neem. Die pas kronkel en draai om die berge en ek moet my oë op die pad vasgenael hou of oor die afgrond stort. Die rustigheid van my eerste paar dae se sorgelose verkenning is iets van die verlede.
Ek neem die N9 op deur Uniondale, Willowmore en Aberdeen voordat die donker my vang net voor Graaff-Reinet. Toe ek oor die bult kom word ek begroet deur die ongelooflikste sonsondergang oor die Karoo. Doodmoeg kom ek in Colesberg aan en bel die plek langs die Gariepdam waar ek sou oorslaap die aand. Dis reeds stikdonker en my blyplek is nog ongeveer 90km oor onbekende paaie weg. Volgens my is al my verblyf vooraf reeds gereel en ten volle betaal en met gerustheud bel ek dus net om seker te maak hoe om te ry en waar ek moet incheck. Die dame aan die ander kant van die lyn kry egter geen rekord van my bespreking nie. Ek dring aan dat dit daar moet wees en dat sy moet aanhou soek, maar sy vind my naam nêrens. Ek besef ek het die bespreking reeds 5 maande gelede gemaak, en daar is waarskynlik ‘n moontlikheid dat ek ‘n fout kon maak. Ek vra of hul my op kort kennisgewing kan uithelp met blyplek, en die dame verseker my hul kan. Toe ek egter my padkaart bestudeer, besef ek dat dit my slegs ‘n uur langer sou neem om tot in Bloemfontein te bestuur - en dat ek dan op nasionale snelweë sou bly, teenoor die onbekende en moontlik grondpaaie wat ek sou moes ry na die Gariepdam. En boonop sou ek die volgende dag daardie hele pad weer moes terugry. Net daar besluit ek om maar eerder deur te skiet tot in Bloemfontein en ‘n plekkie te vind om my kop neer te lê. Gelukkig is daar ‘n gastehuisie wat vir my plek het een of twee blokke vanaf die afdraai, en ek val met groot dankbaarheid neer in die bed en raak onmiddelik aan die slaap. Ek het deur ongelooflike mooi landskap gery vandag, maar ek kon dit nie inneem nie. Miskien was ek net te moeg. Miskien het ek my punt van versadiging bereik.
John Steinbeck het in sy boek ‘Travels with Charley’ geskryf dat hy daardie punt kon bereik op ‘n toer - waar hy net nie meer die dinge wat hy sien waardeer nie. Elke berg lyk soos die berg voor dit, elke sonsondergang dieselfde. Ek dink my proses is verhaas deur die skielike verandering in tempo. Ek het gegaan van ‘n selfgedrewe ontdekkingstog sonder veel van ‘n eindbestemming na ‘n wonderlike, chaotiese kuier saam fantastiese mense. En nou moet ek al die pad terugry met die horlosie wat in my ore tik. Ek dink ek het tot ‘n mate die stukkie paradys in die Karoo verbygesnel, en dit is hartseer.
Dag 11: Bloemfontein na Johannesburg
400 km
Voor die son op is, is ek weer oppad. Ek is haastig om by die huis te wees, in my eie bed te slaap, en op my eie bank te lê en TV kyk. Hierdie deel van die land hou vir my niks nuuts nie, en die enigste doelwit is om by die huis uit te kom. Ek luister na ou bekende musiek, Leonard Cohen, Laurika Rauch en Koos Dup. In Kroonstad stop ek vir ontbyt, en eet sommer so in die verder ry. Gauteng lê en wag vir my in ‘n digte miswolk toegevou. Die musiek en die weer laat my die gebeure van die afgelope paar dae herspeel in my kop. Die plekke wat ek gesien het, die mense wat ek ontmoet het. Dis asof my tuisprovinsie geweet het presies in watter bui ek sou tuiskom en alles gedoen het in sy vermoë om die skok te versag. Teen die tyd wat ek op die M1 klim en die stad binnery het die mis begin wegkwyn voor die son en die sagte herfslig verlig my stad soos ek oor die bult kom en die grootste mensgemaakte woud homself voor my oopvou. My gunsteling stad, my gunsteling seisoen. Ek ry die bekende strate binne en die oggend reën goud rondom my neer.
Die vraag is nou of ek verander het op hierdie trip? Waarskynlik nie op enige manier wat iemand anders sou kon agterkom nie. Het ek iets geleer? Waarskynlik nie iets wat ek in woorde kon verduidelik nie. Ek kom moontlik terug met meer vrae as antwoorde, en dis ook okay. Ek het iets gedoen waaroor ek al vir jare droom. Ek het dinge gesien wat bitter min ander mense al het. Ek het geswem sonder die spreekwoordelike haainet om my te beskerm, en geval sonder om te weet wie my gaan vang.
Ek het gelewe. Ek het beleef. Ek het gevloek en geskel en geval en weer opgestaan. Ek het gebrand in die woestyn en gevries in die oseaan. Maar soos Johan C. Bakkes gesê het,.. Ten minste was ek nie lou nie.
2 notes
·
View notes
Text
Wie is ek?
Die multi miljoen doller vraag. Wie is ek en waarheen is ek oppad. Vanoggend was ek geseend om deel te kon wees van ons kerk se dankseggings diens. My storie was oor ‘n seuntjie wat pouse moet sy kossies eet en as hy sy kosblikkie oopmaak is dit leeg. Hy staan op en gaan badkamer toe. Neem ‘n slukkies water en gaan terug klas toe. Sodra hy sy blikkie optel en wil bere voel hy die blikkie is…
View On WordPress
0 notes
Photo
#5th week, day29. KEEP YOUR CHINSUP, halfway is in sight for VERLOOR JOU APPEL🍎🍏 challenge. Maar sit nou eers terug en geniet n slukkie van jou stomende koff☕️☕️ As part of the competition, all contestants will be supporting the #BeYOURDream project. To vote for me to win, simply Sms the number 8 to the number 32545. Every Sms vote will support the #BeYOURDream project as well as me on my journey. I look forward to all your support. @potgieterjanet @thedietclinicgroup @beaulah_nigrini @verloorjouappel @stratcol_debit_orders @ms.un_sa @carolyn_botha @gerdac15 @gerdastrydon @bryoni.ng @shereegildenhuys @gideon6838 @donne_gunn @pure_model_world_2018 @taylagreyvensteyn @belindabbgerber @pepagiesing7508 @mrs_globe_namibia_2017_jeanett @lelani_groenewald_xx @abby.hamdan @gucci @gwenstefani @gwynethpaltrow @thegoodquote.co @annelenegovender @george.claassen.37 @miss_sa_global_united @nadiaherbst @hair.makeupby_cch @hennie.helberg @hattingh.anne @model_carlahoffmann @hendrik_van_der_merwe @madelynherbert @hm @chamese08 @annalizeherselman @mr_africa_2017_jaydee_harber @fitnessgirlsmotivation @heidiklum @hollywoodreporter @motivationmafia @dr_neechi @hotvocals @iastrumpher @_insperasie_ @birnieb5 @iamnotamistakefoundation @karen_truebody @katelyn_strydom @krugerswart @karen.koen @koekemoerriaan @lizelle.kachelhoffer @karien_reynolds
0 notes
Text
Ma se hare
Sê ek mos toe ek op ‘n vlam warm dag ‘n slukkie ys koue bier vat: “sjoe dis lekker, MA SE HARE!” Sal die een aangetroude vroumensie nie omtrent haar kop af ruk soos sy haar bose “judgmental” oë in my rigting slinger nie. Syt my een van DAAI kyke gegee, soos wat jy sal kyk na ‘n draaihaar op ‘n koekie dove seep. Ek het gevoel hoe sy na my staar en ‘n gat in my gewete brand en ekt gewonder hoekom?…
View On WordPress
0 notes
Text
Dibujos de unos 3 animales: 🦫🦆🦎
Dibujos de mis personajes:
Y 2 dibujos para mi hermana @mocho-v y mi amiga @shadowthehero :
#dibujo#de cotty 150#arte digital#digital art#personaje de cotty#los pequeños mudos#los peluches de isbela#lpdi#lpdi tim.0#slukkis#cubi the slukki#dibujo para alguien
8 notes
·
View notes
Text
Un comic:
#dibujo#de cotty 150#arte digital#digital art#personaje de cotty#comic#cubi the slukki#bogart the eraser#fliler the hat with propeller#plastilina#om fliler#om bogart#objetos mutantes#slukkis
7 notes
·
View notes
Text
Español: ...dibujando algunos de mis personajes al estilo rubberhose
nada importante.
English: ...drawing some of my characters in the rubberhose style
nothing important.
#dibujo#de cotty 150#arte digital#digital art#personaje de cotty#ocs#rubberhose#maxel y dindy#myd maxel#myd dindy#los pequeños mudos#cubi the slukki#slukkis#om bogart#bogart the eraser#los peluches de isbela#lpdi#lpdi gorris#objetos mutantes
3 notes
·
View notes
Text
Cubi en la vida real (y de plastilina xd):
(Me quedo deforme :()
Cubi al ver esto:
(Algo de su interior se ha destrozado)
(Se que es aburrido y simple :"D)
#dibujo#de cotty 150#personaje de cotty#comic#foto#plastilina#fotografía#digital art#arte digital#cubi the slukki#bogart the eraser#photography#photo#om bogart#objetos mutantes#slukkis
5 notes
·
View notes
Text
Cubi con un corazón en su mano
💗
#de cotty 150#personaje de cotty#cubi the slukki#photo#photography#foto#fotografía#plastilina#slukkis
2 notes
·
View notes
Text
Un Slukki en el cielo nocturno
3 notes
·
View notes
Text
Slukis pero de las estaciones del año
Sin fondos:
3 notes
·
View notes