Tumgik
#gunstelinge
ox1-lovesick · 2 years
Text
EK IS SO JALOERS EK SAL DOOD MAAK my vriend sal gaan om black panther te sien op maandag en ek is so ongelukkig. sy het my betray. sy weet ek lief black panther hy is my gunstelinge marvel hero 🙁💔 sy sal met haar vriende black panther kyk op maandag en wat sal ek doen??? ek sal my geo paper skryf en huil.
4 notes · View notes
danielhartzer · 1 year
Text
Nuwe toevoegings tot die Abraham Kriel Liggiefees 2018
(this is an article I wrote which was published in the Potchefstroom Herald in 2018)
Daniël M. Hartzer
Die jaarlikse Abraham Kriel Liggiefees het Vrydag, 23 November begin. Dit is die grootste Liggiefees wat Abraham Kriel Kinderhuis tot dusver gehou het. Verskeie ou gunstelinge soos die liggietonnel kan weer verwag word, maar die Liggiefees het hierdie jaar verskeie nuwe uitstallings vir oud en jonk! ʼn Reuse Kersvader van 3.6 meter kan hierdie jaar by die Liggiefees gesien word. Die opgeblaasde Kersvader lyk net soos die ware Jakob en sal saam met die derduisende ander liggies die hemelruim van Potchefstroom verhelder. Nie net Kersvader het hom by die Liggiefees 2018 kom tuismaak nie, maar ’n groot takbok met flikkerliggies wat drie meter hoog is, gaan ook die kindergesiggies laat blink. Buiten die kunstenaars wat optree, is die musiekhoek ook vanjaar ʼn groot aantrekkingskrag. Die dansende kersliggies in die vorm van Kersbome en kruise bekoor met ʼn hele paar nuwe bekende liedjies waarop alle besoekers sal kan saamsing. Liggiefees 2018 voorsien ook 'n spesiale vermaaklikheidsarea vir kleuters en tieners. Hierdie area het singende gloeilampe wat die kleuters prettig sal vind. ’n Renbaan vir skopfietse waarop die kleuters kan ry, asook ’n sandput, sal hulle by vanjaar se Liggiefees besig hou en ure se plesier verskaf. Kleuters kan ook in 'n waterplasarea ʼn lafenis kry van die Potchefstroom hitte. ʼn Pretarea vir tieners is ook ʼn nuwe byvoeging by vanjaar se Liggiefees. Daar sal verskeie prettige aktiwiteite wees waar ouer kinders tyd kan spandeer. Die Liggiefees word van 23 November tot 31 Desember gehou. Hekke open elke aand om 19:00 en kaartjies kan teen R20 per persoon by die hekke gekoop word.
0 notes
vosverhale · 6 years
Photo
Tumblr media
29.365 Sjokolade en vanielje. Lekker op hulle eie - beter saam. Esther en Busi; definitiewe gunstelinge. Soms ‘n bietjie vreemd, meestal genotaaam. #gunstelinge #sjokoladeenvanielje #genotsaam #liefde #vriende #vosverhale #2k19 #favourites #chocolateandvanilla #joyous #love #friends #foxtales (at Abraham Kriel Kinderhuis) https://www.instagram.com/p/BtOd3dyBXZC/?utm_source=ig_tumblr_share&igshid=s59rijzuheif
0 notes
maankind1 · 5 years
Photo
Tumblr media
Net 'n paar gunstelinge van die jaar. Ek is ongeloof trots op myself met my vordering. Sien uit om volgende jaar weer aan te gaan! #sixtyplus #fitover60 #oversixtyandfit #poleover40andproud #poleover50 #poleover60 https://www.instagram.com/p/B6tlhbphNDt/?igshid=ytqofflqyqjr
0 notes
ignitenorth · 5 years
Text
Afrikaanse Kortverhale: Die dag toe hulle ‘n Paasgodin op Langebaan gekies het
Eintlik was dit nie die seisoen vir sulke dinge nie, want die duine was soggens nat van die dou en die seemis het tot laat nog tussen die eilande gehang. Langs die kus was die koelte van die herfs reeds voelbaar. Die gees van groei was nie meer in die lug nie. En van oudsher wag die gode op warmer klimaatstoestande voordat hul die ys breek vir 'n herverskyning.
Maar dit was Pase en die Christene van die Swartland het saamgetrek langs die Saldanha-meer. Dit was langnaweek en hul Heiland (wie se geboorte hul ook hier gevier het met tradisionele deurdrenktheid en enkele verdrinkings) is gekruisig en begrawe, maar sou weer (volgens die Boek) opstaan op die derde dag. En dit, immers, is tog vooruitsig en rede vir groot vreugde.  Met jong wyn en gedans moes daar dus gevier word. En met die verkiesing van 'n Paasgodin: tradisioneel die vrugbaarste onder die skones wat die seën sou dra en die saad vir die nuwe lewe.
Onder ingeligtes is gefluister dat die aspirante reeds die vorige middag aangeland het - behoorlik gekamoefleer in klere wat hul goddelikheid verberg. Elkeen wou die aand alleen deurbring in haar kamer: die liggaam voorberei op die beproewinge wat voorlê. Sommige van hul het die ritueel geken uit vorige feeste, ander kuste. Maar daar is ook altyd dié wat vir die eerste keer probeer - die ene opgewondenheid en sugte: net soos elke hardertjie van die strandmeer uitbeur see toe, net toe, haai toe. By almal sluimer die hunkering in die bloed: die drang om gekruisig te word, neergelé en bedek te word tot die sterre verskiet en 'n duisternis hul oorval. almal droom van 'n engel wat die graf sal oopmaak met 'n heerlike opstanding van die vlees.
Die woonwapark was vol. Die Christene het ingekruip ini elke beskutte holte, onder elke skaduboom, in elke leë kamer of ongekooide skuur. eie proviand is saamgebring, in oorvloed, sonder vertroue in 'n vermeerdering van brode of wanindrukke in verband met vis. Veral die wyn was genoeg: dit kon straks gebeur dat die water water bly.
Die aand vantevore het die jong mans begin drink en toe hulle nog half nugter was, in die strate begin loop en die motors voorgegkeer - net om naand te sê, gemaak snaaks op Engels - soos hulle gemaak het toe hulle nog Maties was. En hul vrouens het gelag vir die gekkery en die hand-om-die-lyf-weer-jonk-wees-tyd wat amper verby was.
Laat die nag het van die jong manne op die sand gelê en huil omdat hulle hul god verloor het agter die wit duine waarheen hulle die bewende maagde gelei het vir die wyding. So versteurd was hulle van wyn en van weemoed dat hulle nie kon loop nie. Hulle kon maar net op hul elmboë leun en bulk van narigheid in hulle onmag: hul broeke benat en bevuil. en die maagde het bewoë gaan slaap met lampe wat hoopvol brand vir die god wat gesterf het en seker eers weer na drie dae tekens van ontwaking sou toon.
Die ou mans het maar net eenstryk deur gedrink. Hul geloof in 'n opstanding wat wonderbaarlik is, het lank reeds gekwyn tot niks. 'n Nuwe bruilof, of selfs 'n avondmaal, was hul nie meer gegun nie. Ouder gewoonte steek hul dan maar 'n dop totdat die donker en die vaak hul oorval.
Op die dag dan waarvan ek skryf, het dié wat daartoe in staat was, vroeg opgestaan en voorberei: gewas, geskeer, gegrimeer en ingesmeer, maar skamel aangetrek om te pas by die plek en die geleentheid. En afgesit na die hotel op die rotse langs die see. Vroegtydig.
Teen elfuur het dit begin stoom tussen die opgewonde en saamgeperste lywe op die terras. Dorstige mans het bier na bier gedrink en meer en meer begeer. Vrouens het boonste kledingstukke begin uitrek vir vryer perspirasie en beter vatplek vir die son en vir die oë. En organiseerders het hul hande gevryf in afwagting op die winste as die werklike losbandigheid eers begin.
Om twalfwuur het daar 'n helikopter oor die see verskyn. Waarvandaan? Ou Langebaners het beterweterig gesê: "Hier kom die Bassontjies. Almal het hul nekke opwaarts gerek: die stolp, die stolp, wie was in die stolp - seker kleintyd voorberei op die gedate dat engele neerdaal uit die hemel. Maar die landing van die naaldekoker, perdeby, gevlerkte steker, was maar net 'n teken dat die ander ongevlerktes moes verskyn - dramaties op die afgesproke oomblik. Om die swembad, voor die beoordelaars, het hulle verby geswaai in hulle dun en min kledingstukkies. Sommige het los jakkies oor kaal skouers - skild waaronder formidabele wapens eers strategies vertoon en daarna weer verberg is in 'n professionele spel van wegkruipertjie en loer en soek en stilstaan en gevang word. Op en af en heen en weer. Almal het lang bene op steltskoene. Heen en weer en op en af. En rooi lippe en wit tande wat lag en wellustigheid belowe.
Om eenuur het die beoordelaars hoofde bymekaar gesit en begin fluister. Sommige het radeloos maatbande uitgehaal en gemeet: heupe, dye, die swelling van die borste - kopskuddend. Hoe kan die vrugbaarheid tog bepaal word? die vrou van een van die regters het hand kom bysit met 'n storie van 'n droom waarin die wenner aan haar geopenbaar is. Maar dit wou die regbank nie aanvaar nie. Die skare het gejuig en raad gegee. Swetende mans het gejubel en geen twyfel oor hul gunsteling gelaat nie. En totaal weggevoer het andersins kalmes palmtakke afgeskeur en geswaai. almal het gevoel die ding moet nou na 'n kant toe.
Om kart voor twee het die regters gunstelinge aangekeer verhoog toe. En die skare het gegil: Kroon haar! Kroon haar! En die mans het nader gedrom en gedruk, nader om van anderby te kyk en stuitige dinge te sê. En hul vrouens het heimlik gevoel dat hulle hier verstoot word.
Eindelik om twee-uur het die hoofregter na vore getree vir die finale daad met die verkosene wat bruin en glansend in die son gesit het met haar bewende boesem en oë vol verwagting. En terwyl die hekse van Skandinawië op hulle besemstokke na eilande vlieg om met die duiwel te kopuleer, die heilige sonvoël sy rooi eier lê in die dal tussen ronde heuwels, ou Parysenaars hoopvol sipreskerkhowe besoek, Griekse ortodoksers die Paaskers aansteek in donker tempels, sy dun vlam die siesoene splyt, bakkers in Londen wit deegkruise rol, insteek in die geurende oonde, opgeleefde Amerikaanse miljoenêrs in tennisskoene en donkerbrille die herlewenis voller maak uit die oorlopende kasregisters en die Pous oor alles sy seën uistspreek met bleek hande, het hy haar gekroon met die groen en goue kroon van Paasgodinne.
'n Ou tante, rustende op die agterste gestoelte van haar swaar verrekte lyf, het weemoedig gelimlag oor die verrukte vertoon van vreugde - wetende van blomtyd as die koeke dik geswel is, soet, vol heuning en vol jongby, maar ook van die bitter, arm maande as die koningin sterf, die bye wegtrek en die neste stil en droog is.    
M.M. Walters                                                                                                                  
Honderd Jaar van Afrikaanse Kortverhale
Saamgestel deur Abraham H. de Vries
ISBN 0-7981-3569-7
Tumblr media
1 note · View note
kuberarend · 7 years
Text
11 iPad toeps om videos te maak
11 iPad toeps om videos te maak
Daar is ‘n hele aantal iPad toeps beskikbaar wat onderwysers kan gebruik om opvoedkundige videos te maak. Ek het vandag op hierdie versameling afgekom en gedink dit is goed om dit in Afrikaans met onderwysers te deel. Ek het sommer ook my eie gunstelinge gedeel. Ek deel dit in alfabetiese volgorde sodat dit later maklik opgespoor kan word.
Tumblr media
Animotois ‘n gratis toep wat gebruikers toelaat om foto’s…
View On WordPress
0 notes
artsvark · 7 years
Text
ADAM se nuwe enkelsnit tref radio vandag!
ADAM
Wanneer jy na ADAM se musiek luister, is dit maklik om te verstaan hoekom dié musiekgroep so gewild is in die Afrikaanse vermaakbedryf. Hierdie drie musikante, Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant, het nou maar een maal ’n manier om pragtige lirieke te verweef met hulle kenmerkende unieke styl en dit in perfekte harmonie met luisteraars te deel. Hulle nuwe dubbel-album sal vanaf April op die rak wees en gaan voortbou op die wenresep wat van dag een af aanhangers se harte verower het.
Die manne se splinternuwe enkelsnit, Sê My (Bewe), tref radiostasies landswyd vandag!
Die liedjie is geïnspireer deur al Hugo se patetiese pogings om ’n meisie te kry – en veral deur sy onvermoë om ’n ordentlike meisie by ’n kuierplek te ontmoet. “Die snit is baie tong-in-die-kies, maar ongelooflik lekker om te sing en op te voer. Ons het nog nooit ’n liedjie gehad wat 100% net speels en komieklik is nie, so ons is opgewonde oor die een!” meen Hugo. Dit is deur Reynardt, Hugo en Vaughan geskryf en gaan oor daai corny pick-up lines wat mans so gereeld gebruik. “Dit is ’n catchy tune waarby almal sal aanklank vind en beloof om ’n groot treffer te wees,” verklap Reynardt. ’n Musiekvideo vir die snit is ook in die pyplyn.
Sê My (Bewe), is een van tien splinternuwe snitte wat op ADAM se nuwe spesiale dubbel-CD sal verskyn. Dié CD is ‘n hervrystelling van die trio se suksesvolle album, Hoogtevrees, wat in Augustus 2016 uitgereik is en wissel tussen voetstamplekker dansliedjies, sielvolle hartsballades en kreatiewe verwerkings van ou gunstelinge. Die nuwe inhoud van hierdie spesiale vrystelling was ’n spanpoging deur Hugo Ludik, Reynardt Hugo, Vaughan Gardiner en Nerine Gardiner. Dit sluit ook ’n duet, Kalmeer, met Kyle se vrou in, wat beloof om selfs die kritieste oor tevrede te stel.
As jy vandag jou radio aanskakel is die kanse goed dat jy ADAM se nuwe enkelsnit gaan hoor!
SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/adamgroep/ Twitter: @adamgroep Web: www.adamband.co.za
ADAM se nuwe enkelsnit tref radio vandag! was originally published on Artsvark
0 notes
brooklynteater · 7 years
Photo
Tumblr media
FAK LIEDJIES Kom sing saam! Woensdag 4 Oktober 10:00 Douwe Bijkersma (bariton) Deirdré van Schalkwyk (sopraan) Mart-Marie Snyman (klavier) Wie onthou nog daardie lekker saamsing FAK liedjies om ’n kampvuur! Is dit vir jou ’n deel van ons Afrikanerwees wat jy mis? Hou jy van sing? Wil jy hê jou kinders moet aan al die gunstelinge blootgestel word? Kom kuier by ons in Brooklyn Theatre vir ’n prettige uurtjie van saamsingpret vir die hele familie! Die bariton, Douwe Bijkersma en sopraan Deirdré van Schalkwyk is die voorsangers met knap klavierbegeleiding deur Mart-Marie Snyman. Volksliedjies van vroeër, soos Die Oukraalliedjie, Bolandse Nooientjie, Suikerbossie, Liewe Maan, Ek soek na my Dina vat hande met luisterliedjies uit die splinternuwe FAK wat ook die mooiste liedjies insluit van Koos Du Plessis, Sonja Herholdt, Laurika Rauch en vele meer. Jy kan jou eie FAK saambring as jy wil. Ons projekteer egter ook die lirieke vir almal om saam te sing. KAARTJIES: Volwassenes: R80 / Kinders: R50 www.brooklyntheatre.co.za 012-460-6033 @atkv_sa @die.fak @cityofpretoria @xplorepretoria @brooklyntheatre @_voortrekkers_ @visitgauteng @visitsouthafrica @xploretshwane @meetsouthafrica @afrikaans @gotosouthafrica #MeetSouthAfrica #FAK #Afrikaans #Kultuur #Kinders #xploretshwane (at Brooklyn Theatre)
0 notes
alltimeradio-blog · 8 years
Text
Hebreeuse woord Hallelujah, beteken om God te loof en tesame met die SA beteken dit letterlik dat mense in Suid-Afrika God moet loof.
Met hul album met dieselfde titel, HallelujahSA, kan die luisteraars uitsien na oorspronklike snitte, soos byvoorbeeld, Op berge staan, wat tans op radiostasies regoor Suid-Afrika gespeel word. Die musiekvideo van hierdie snit is by die Hartebeespoortdam verfilm. Ander gunstelinge op die album sluit in: Nader my God by U, Jesus Groot bo almal, Hoe groot is ons God en hierdie en ander saamsingtreffers is beslis iets wat jou hart sal aanraak.
HallelujahSA het reeds 5 vertonings agter die rug en nog 52 vertonings wat voorlê en dit is beslis iets om na uit te sien. Daar word gedurende 2016 en 2017 besoek afgelê in verskeie dorpe en stede regoor Suid-Afrika en kinders in skoolkore kry dan die geleentheid om deel te wees van die lofprysings- en aanbiddingsproduksie. Daar word ook eredienste by kerke gehou en daar is heelparty van hierdie dienste wat voorlê asook ‘n toer na Namibië. Daar is ook ‘n eksklusiewe pelgrimstog-toer saam met Adam en Henri beskikbaar met ‘n beperkte aantal plekke.
Die krag van gevoel in lofprysing is baie belangrik vir hierdie twee sangers en dit kan ook gehoor word in hulle musiek. Hulle visie en missie is om die bewusmaking van lofprysing by alle ouderdomme te ontwikkel en daardeur wil hulle graag mense aanmoedig om hulle harte oop te maak en hulle lewens aan God oor te gee
Die album, HallelujahSA, is nou landwyd by musiekwinkels beskikbaar asook op digitale platforms. Besoek gerus hul webwerf http://www.hallelujahsa.co.za vir meer inligting.
CONTACT: +27 87 820 0383
Facebook: https://www.facebook.com/sentfans.
WEB: http://www.scottentertainment.co.za.
All-Time Radio verwelkom: HallelujahSA met hulle snit – Kom leef in My. Hebreeuse woord Hallelujah, beteken om God te loof en tesame met die SA beteken dit letterlik dat mense in Suid-Afrika God moet loof.
0 notes
vosverhale · 6 years
Photo
Tumblr media
25.365 Vandag gaan aan eerstes en laastes. Ek is dankbaar dat ek ‘n rukkie kon deel wees en ook vir die avonture wat wag! #dankbaar #gunstelinge #eerstes #laastes #opwindend #vosverhale #2k19 #thankful #favourites #firsts #lasts #exciting #foxtales (at Toro) https://www.instagram.com/p/BtGiGUCB6vy/?utm_source=ig_tumblr_share&igshid=1k5rty4qbjpd5
0 notes
maankind1 · 5 years
Photo
Tumblr media
Net 'n paar gunstelinge van die jaar. Proud! #sixtyplus #fitover60 #oversixtyandfit #yoga #loveyoga #floorwork #headstand #handstand #yogafitness #yogastrength #yogawheel https://www.instagram.com/p/B6tk-JUhyUl/?igshid=p0zefj4vrvwp
0 notes
artsvark · 7 years
Text
Die volgende hoofstuk in DECA se verhaal ...
DECA II THEMES & LOVE SONGS
DECA het beslis geen bekendstelling nodig nie. Hierdie instrumentale musiekgroep het die afgelope jaar duisende musiekharte kom verower en is reg vir die volgende opwindende hoofstuk van hulle loopbaan.
Die vars, moderne en passievolle manier waarop hulle nuwe en ou gunstelinge verwerk en interpreteer, is die sleutelbestanddeel agter dié snaarpaar se kitssukses en hul splinternuwe album, II, wat pas vrygestel is, bou voort op hierdie tendens. “Die nuwe album het ’n prettige, elektroniese aanslag. Ons doel is om ’n glimlag op mense se gesigte te plaas en as ons musiek ’n bietjie ritme tot hulle daaglikse bestaan kan voeg, is ons gelukkig,” vertel hulle. “Feitlik die hele repertoire is daarop gemik om luisteraars aan die dans te kry. Dis egter nie spesifiek ’n dansalbum nie, maar die gevoel is baie kontemporêr, modern en eufories.”
II bestaan uit 13 lekkerluistertreffers in tipiese DECA-styl, wat unieke verwerkings van verskeie bestaande gunstelinge, soos Shape of You, Despacito en Kiss insluit. Daar is ook drie oorspronklike snitte, Irish Festival, St Paddy’s Jig en Oorwin wat die publiek beslis sal beïndruk. Laasgenoemde is saam met Len Muller opgeneem en is ook die eerste enkelsnitvrystelling vanaf die nuwe CD. “Oorwin is deur Douw Steyn en William de Bruin, wat medevervaardiger van die album is, geskryf. William het in 2017 deur erge depressie gegaan en die liedjie is geïnspireer deur die feit dat daar lig is aan die einde van die tonnel. Ons hoop dat enigiemand, wat deur ’n moeilike tyd gaan, daarby sal aanklank vind,” sê die musikante. “As instrumentale groep, is dit dikwels vir ons ’n uitdaging om radiospeellyste te haal. Daarom besluit om saam met Len aan die liedjie te werk.”
DECA II THEMES & LOVE SONGS – Herman Steyn (on the violin) and Douw Steyn (on the guitar).
Die groep is verder ook baie opgewonde oor Timber/Oukraalliejide Mashup en glo dat dit die potensiaal het om ’n groot treffer te wees. “Ons was lus om iets stout en vars te doen. Daar is nie baie kombinasies van internasionale popliedjies en Afrikaanse luisterliedjies nie en ons is opgewonde oor wat die publiek se reaksie gaan wees. Dit is altyd beter om nuwe dinge te probeer as om ververlig te raak,” verduidelik hulle. “Douw het ook onlangs vir hom ’n mandolien aangeskaf, met die naam Mandy, so behalwe vir die kitaar- en vioolklank kan luisteraars ook uitsien na ’n nuwe tekstuur. Ons eksperimenteer ook met ’n stempart hier en daar en die verwerkings is voller en groter.”
Volgens hulle was die grootste uitdaging, tydens die opname van die album, om alles teen die sperdatum gedoen te kry. “Ons is so besig met optredes dat dit soms moelik was om alles betyds klaar te kry. Die ander uitdaging, vir enige kunstenaar, is kreatiwiteit. Dis nie iets wat geforseer kan word nie en as iets nie wil vloei op die dag nie, moet jy môre weer probeer. Maar dis ’n lekker uitdaging.”
SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook
YouTube
’n Ander opwindende projek wat ook pas die lig gesien het, is hulle album, Themes & Love Songs, wat by konserte en op iTunes beskikbaar is. Hierdie vrystelling is opgedra aan DECA se lojale aanhangers en is ’n samestelling van al die gehoorgunstelinge wat oor die jare versoek is. Die CD bevat instrumentale verwerkings van gewilde liefdesliedjies, soos From This Moment en Toe Vind Ek Jou, asook musiek vanaf televisie- en rolprentklankbane soos Game Of Thrones. Dit is dus die perfekte agtergrondmusiekoplossing vir troues en korporatiewe funksies.
Die duo, wat in 2014 ontmoet het, bestaan uit ervare musikante, Herman Steyn (op die viool) en Douw Steyn (kitaar) wat saam al meer as sewe-en-twintig jaar se ondervinding in die musiekbedryf het. Douw is ook een van die mede-eienaars van die platemaatskappy, Son Records, wat in 2015 gestig is saam met William de Bruin. DECA is gebore uit hulle gereelde saamspeelsessies en unieke folk-aanslag, wat baie goed deur gehore ontvang is. Die groep het ook reeds die verhoog met bekende kunstenaars gedeel en by verskeie funksies, bekendstellings en feeste, wat Aardklop insluit, opgetree.
Hulle debuutalbum, Black Sails, is in 2017 vrygestel en is baie goed ontvang. Die video van die titelsnit is reeds deur meer as 30 000 mense op YouTube gekyk en die album is sterk op pad om goue verkoopstatus te bereik. “Black Sails is ’n mengsel van instrumentele-, pop-, folk- en Ierse musiek. Die hooffokus is die viool, met sterk ondersteuning deur die akoestiese kitaar. Dis ’n kombinasie van vinnige, opgewekte deuntjies en stadiger, strelende snitte. Dit sluit ’n paar nuwe (Picnic, Black Sails, Finnigan en Skylights) en ander gewilde treffers (Wrecking Ball, Thousand Years, Love Me Like You Do, ensovoorts) in.”
DECA wil graag vir hulle ’n plekkie losspeel in elke demografie van die land en wil ook binnekort hulle musiek aan internasionale radiostasies voorlê. “Ons wil nie net op een mark fokus nie en wil almal op die een of ander manier raak, ongeag van ras, geslag, geloofsoortuiging of seksuele oriëntasie. Ons tree ook nog gereeld by winkelsentrums regoor die land op en bereik so ook diegene wat nie feeste en vertonings kan bywoon nie.” Hulle het groot bewondering vir kunstenaar soos Lindsey Stirling, Piano Guys en Die Heuwels Fantasties en sal graag nog eendag saam met Joshua na die Reën wil werk.
DIE MANNE AGTER DIE TALENT
Beide kunstenaars is passievol oor musiek en hou van ’n verskeidenheid genres. Douw, wat sy liefde vir musiek by sy ma (Christa Steyn) geërf het, was egter nie van kleins af ’n musikant nie. Die gogga het hom eers gebyt toe hy besig was met sy BCom Besigheidsbestuurgraad by Noordwes-Universiteit. “Ek het saam met my ma gewerk en vir haar opnames gedoen. Nou is ek al dertienjaar voltyds in die musiekbedryf en mis ek die tye wat ons saam in die ateljee spandeer het,” sê hy. Dié kitaarspeler, wat in 2014 ’n musiekkursus in Frankryk onder leiding van Grammy-wenner Chris Lord-Alge gedoen het, se breinkind – Afrikaans Herlaai – het in 2015 drie Ghoema-benoemings ontvang.
Herman het Musiek studeer aan die Universiteit van Stellenbosch, waarna hy by die gewilde groep, DNA Strings, aangesluit het. Twee jaar later is hy Suid-Korea toe om as musiekregisseur by ’n opvoedkundige Engelse Teater te werk. Terug in Suid-Afrika het hy saam met Add Life Productions begin werk aan verskeie suksesvolle musiekblyspele, waaronder The Buddy Holly Story, Ester die Musical en Dawid die Musical. SHERAAZ, ’n vyfstuk-instrumentale groep, is in 2012 deur hom gestig en is in 2014 benoem vir ’n Ghoema-toekenning vir Beste Instrumentale Album. “As ek nie ’n musikant was nie, sou ek graag flieks wou maak. Ek is mal oor die filmbedryf en film as medium. Ek was besig met my meestersgraad in Filmmusiek toe ek by DNA Strings aansluit,” vertel hy.
DECA het oor die afgelope jaar geleer dat ’n mens nie verwagtinge moet hê in die musiekbedryf nie, omdat dit baie onvoorspelbaar is. Daarom het hulle hart en siel in hulle tweede CD gestort. “Die opnameproses het ses maande geneem en ons wou genoeg tyd spandeer om ’n produk te lewer waarop ons trots kan wees. Ons het probeer om die regte balans te vind tussen wat die publiek wil hoor en wat ons, as musikante, geniet,” verklap die duo.
Die dertien sorgvuldig uitgesoekte snitte, beloof nie net om jou hartsnare te prikkel, jou voete te laat jeuk en jou uit te nooi om saam te sing nie, maar ook om van jou ’n aanhanger te maak as jy nie reeds een is nie.
Die volgende hoofstuk in DECA se verhaal … was originally published on Artsvark
0 notes
artsvark · 7 years
Text
Lizandra Winter en Joshua na die Reën werk saam!
Ek wil vir jou
Lizandra Winter en die alombekende Joshua na die Reën kom al ‘n lang pad. Lizandra het voor sy haar selfgetitelde solo album gedurende 2017 uitgereik het, gereeld saam met hom opgetree. Hulle het ‘n hegte vriendskap en hulle stemme komplimenteer mekaar op ‘n merkwaardige wyse. Dié twee talentvolle sangers, wat ook ongelooflike musikante is, het kragte saamgesnoer en reik nou ‘n hoendervleis mooi weergawe van die Christa Steyn treffer, Ek wil vir jou, uit.
Luister hier na ‘n lusmaker.
Ek wil vir jou is ook beskikbaar op Lizandra Winter se debuutalbum en op iTunes
SOSIALEMEDIASKAKEL
Facebook 
Twitter
Instagram
Webblad
“Terwyl ek gedurende 2015 op toer was saam met Jacques het ons gesels oor legendes in die musiekbedryf en oor hoeveel kosbare liedjies deel vorm van die geskiedenis van Afrikaanse musiek. Ek wil vir jou was onder andere een van my gunstelinge en ek het genoem dat ek dit graag eendag sou wou opneem. Toe ek in 2016 besig was om aan my solo album te werk het ek vir Jacques gesê dat ek graag die lied as ‘n duet saam met hom wil opneem. Hy was baie opgewonde oor die idee!”, vertel Lizandra opgewonde. “Ons wou oorspronklik in ‘n ander rigting gaan met die verwerking, maar het elke keer teruggekeer na die meer ballade, klassieke gevoel. Ek voel Jacques se klavier en harmonisering het die lied beslis ‘n unieke en nuwe kleur gegee en ek dink Christa Steyn sou in haar noppies gewees het met wat ons gedoen het. Wat ‘n voorreg om so ‘n legende se lied te kan sing”, gaan sy voort.
Joshua na die Reën (Jacques de Villiers) sê: “Die belewenis om deel te kon wees van Lizandra Winter se debut album produksie was vir my ‘n groei en leer proses wat ek met uiterste respek en dankbaarheid koester. Om saam met haar ‘n duet te kon opneem is vir my ‘n voorreg, nie net omdat ek haar ag as een van die mees talentvolste mense wat ek ken nie, maar omdat ek die hart ken agter dit wat sy skryf en sing”.
“Ek wil vir jou. Wil ons almal nie maar vir mekaar die lewe ‘n beter plek maak nie. Christa Steyn, jou woorde en melodie resoneer met soveel gepastheid deur ons lewens, ek hoop vanwaar jy luister dat hierdie verwerking jou goedkeuring wegdra. Hierdie is met liefde van my en Lizandra!” – Joshua na die Reën
Douw Steyn, die seun van oorlede Christa Steyn het by navraag die volgende gesê: “Ek wil vir Joshua na die Reën en Lizandra Winter geluk wens met hulle vertolking van Ek wil vir jou. Dit verskaf my groot vreugde dat hulle die lied hul eie gemaak het, sonder om die kern daarvan te verander. Ek is gaande oor hoe hulle die melodie net ’n raps hier en daar gebuig het om hulle eie kleur daaraan te gee. Die verwerking en eenvoud van die klavierpart is waarlik treffend. Buiten dat beide pragtige stemme het wat saam uiters goed klink, werk dit omdat hulle vertolking so eerlik is. My ma sou mal daaroor gewees het.”
Lizandra Winter en Joshua na die Reën werk saam! was originally published on Artsvark
0 notes
artsvark · 7 years
Text
Oppiwater Kunstefees program so pas bekend gestel
RSG en LEFRA PRODUKSIES se baie suksesvolle Oppiwater Kunstefees vaar vanjaar vanaf 15-20 April 2018 op die MSC Sinfonia van Durban na Mosambiek.
Feesgangers kan gaan garnale eet by die legendariese Polermo Hotel in Maputo, heerlik ontspan op die Portugese eilande end an ook die nuwe bestemming, Pomene, besoek, wat baie moeilik per land bereikbaar is. Die hoofdis is egter ‘n volwaardige Kunstefees aanboord die MSC Sinfonia met meer as 20 top Afrikaanse produksies. Die program vir Oppiwater is so pas bekend gemaak.
Die volledige Feesprogram is as volg:
BOO! Met Chris Chameleon en Riaan van Rensburg
Coenie de Villiers in TIEN VINGERS
DIE STORIE VAN AFRIKAANSE MUSIEK met Pieter Smith
DIE WYN, DIE VROU, DIE LIED met Johan Rademan, Christo Snyman en Neil Retief van Van Loveren Wyne. Hierdie produksie sluit ook ‘n volle wynproe deur Van Loveren Wyne in
DINAMIET KOM IN KLEIN PAKKIES met Sue Pyler
FLENNIE DIE SNARE met Chris Chameleon, Anna Davel, Johny Klein, Daniella Deysel, Jaconell Mouton (Musikale Regisseur), Mauritz Lotz en Riaan van Rensburg
GEWILDE ARIAS UIT DIE MUSIEKBLYSPELE met Rouel Beukes
GOUE OUES met Alwyn Oberholster
KAPPITYT LANGARM DEKPARTYTJIE met RSG se Fritz Klaaste en ‘n boeremusiekorkes
KARAOKE met Ettienne Ludick in die Disco
KAT EN WOLF met Chris Chameleon en Daniella Deysel
MET ANDER WOORDE met Lizz Meiring
MUSIC LANDSCAPES met Jaconell Mouton en Mauritz Lotz
MUSIEKNOOT OPPIBOOT met Lizz Meiring
MY MAN SE SKELMPIE SE SKELMPIE SE VROU – heerlike Lefra-klug met regisseur Frans Swart
MY TYD met Chanie Jonker – klassieke klavieruitvoering
NOSTALGIE met Christo Snyman
ONTBLOOT met Edrien Erasmus
‘N GEWIGTIGE SAAK met Wynand (Karate Kallie) van Vollenstee
RSG Radiodrama met Johan Rademan as regisseur
MAAR? met Ettienne Ludick
RIAAN VAN RENSBURG LIVE!
SWINGING SAFARI met Anna Davel
VOETE VAN ‘N GEMSBOK – Griekwapsalms
WEGVAARTPARTYTJIE op die Dek
ONTMOET DIE KUNSTENAARS – elke middag om 17:00 in die Pasha Club
REGSTREEKSE RSG UITSENDINGS – daagliks van die dek met Alwyn Oberholster ons musiekmaker op die dek
Besprekings vir die Oppiwater Kunstefees kan gedoen word by MSC Cruises by 0860 11 44 11 of aanlyn by www.oppiwater.co.za Vir meer inligting skakel Lefra Produksies by 011 815 3000 of epos aan [email protected] Fooie sluit natuurlik verblyf en alle etes op die Kunsskippie in. Dit sluit ook ‘n vermaakfooi in wat feesgangers sal toelaat om hulle produksies teen baie lae gesubsidieerde kaartjiepryse te bespreek wat wissel van R10 tot R90 per kaartjie. Feesgangers word aanbeveel om reeds nou kaartjies in Suid-Afrika by enige tak van Computicket te bespreek. Kaartjies sal wel aanboord die MSC Sinfonia beskikbaar wees, maar dan sal Feesgangers in Dollars moet betaal wat natuurlik baie duurder gaan wees as om in Rand in Suid-Afrika te bespreek. Besprekings kan by Computicket gedoen word by 0861 915 8000 of by www.computicket.com Daar is ook takke van Computicket by alle Checkers en Shoprite winkels. Om aanlyn te bespreek, gaan na die direkte skakel: https://online.computicket.com/web/festival/oppiwater_kunstefees_2018/32456310
Frans Swart, Besturende Direkteur van Lefra Produksies en Organiseerders van die Oppiwater Kunstefees sê hy is baie opgewonde oor vanjaar se Kunstefeesprogram. “Dit bly natuurlik elke jaar ‘n uitdaging om te besluit watter wonderlike produksies saamgaan op ons Kunsskippie. Dit is egter altyd vir ons belangrik om ‘n baie groot verskeidenheid van alle teatergenres vir ons Feesgangers aan te bied. Daar is drama, komedie, poësie, dans, woordkuns, musiek en sang. Ons besef maar te goed dat Oppiwater eerstens ‘n vakansie-ervaring vir ons passassiers moet wees – daarom is daar ook heerlike dekpartytjies waar ons baie lekker gaan partytjie.” Swart sê dat die uitdaging daarin lê om meer as 20 verskillende Afrikaanse produksies in hierdie week in te pas. “Dit is nogal ‘n groot uitdaging vir my span om soveel produksies in en uit te trek in beperkte tyd en veral ook beperkte spasie. Maar ons doen dit nou reeds vir vyf jaar – so ons het reeds die kuns bemeester om vir ons mense ‘n ongelooflike kunstefees aan te bied.” Hy sê ook dat Oppiwater baie trots is om vir ‘n Fiesta-toekenning genomineer te wees as een van die vier beste Kunstefeeste in die land.
Coenie de Villiers se TIEN VINGERS is sekerlik een van die groot gunstelinge vir die Oppiwater Kunstefees. Daar is egter ook die klug, MY MAN SE SKELMPIE SE SKELMPIE SE VROU, die Boerneef-huldeblyk, FLENNIE DIE SNARE met Chris Chameleon, Anna Davel, Johny Klein, Jaconell Mouton, Mauritz Lotz en Riaan van Rensburg, Randall Wicomb en Hans du Plessis se Griekwapsalms herleef in VOETE VAN ‘N GEMSBOK, Lizz Meiring is te sien in MET ANDER WOORDE en vele meer.
RSG Omroepers Johan Rademan, Sue Pyler, Ettienne Ludic en Fritz Klaaste is jou gashere en gasvrou.
Presiese optreetye en venue-inligting is beskikbaar by www.oppiwater.co.za
Oppiwater Kunstefees program so pas bekend gestel was originally published on Artsvark
0 notes
artsvark · 7 years
Text
DECA stel nuwe musiekvideo vry
DECA
Die gewilde musiekgroep, DECA, se treffende snaarverwerkings het sommer uit die staanspoor harte, regoor die land, verower.
Die vars, moderne en sjarmante manier waarop hulle nuwe en ou gunstelinge verwerk en interpreteer, is die sleutelbestanddeel agter hulle kitssukses en nou het hulle pas hulle eerste musiekvideo, Black Sails, uitgereik.
youtube
Die duo bestaan uit twee ervare musikante, Herman Steyn (op die viool) en Douw Steyn (kitaar) wat saam al meer as ses-en-twintig jaar se ondervinding in die musiekbedryf het. Hulle is ook die eienaars van die platemaatskappy, Son Records, wat in 2015 gestig is.
Black Sails is self deur DECA gekomponeer en vervaardig deur Burley Boys Media (Robin de Jager as resisseur en Barend Stofberg as kameraman en redigeerder). Die gevoel wat hulle met die lied wou skep was iets met ‘n seerower gevoel.
SOSIALEMEDIA:
Facebook
Instagram:
Twitter
Web site: starburstmusic.co.za
“Die konsep vir die video was om ‘n gevoel te skep van verwoesting – soos wanneer seerowers ‘n dorp ingevaar het. Die kyker sien die twee musikante net na alles afgebrand het. Ons wou die seerower lied in ‘n meer kontemporêre raamwerk plaas. Die dame aan die begin en die einde van die video is daar om ‘n oop subteks te skep. Sy het iets daarmee te doen, maar die kyker weet nie presies wat nie. Ons laat dit oop vir die kyker se eie interpretasie.” sê Herman.
Die video is by die bekende Stone Cradle in Pretoria wat so paar jaar gelede afgebrand het.
DECA se aanslag is vars en nuut en ’n goeie aanduiding van die instrumentele meesterstukke wat ons nog in die toekoms van hulle kan verwag.
DECA stel nuwe musiekvideo vry was originally published on Artsvark
0 notes