#Mag die Here julle seën vandag
Explore tagged Tumblr posts
absent-minded-daydreamer · 2 years ago
Text
Tumblr media
Gebed:
Jesus, U het vir my gewys wat liefde beteken toe U Uself opgeoffer het om ons te red. Gee my asseblief die vrymoedigheid om ander lief te hê soos U my liefhet. Maak my bewus van u Heilige Gees en wys my wat ander mense nodig het. Help my dan om in die behoeftes van ander te voorsien deur hulle opofferend lief te hê. Amen.
(YouVersion Bybel app)
0 notes
misswifi · 3 months ago
Note
Hey, ek lees my Bybel vandag en ek kom af aan 'n vers wat ek nou vir almal stuur wat ek ken so hier kom dit ~
Ek bid dat julle liefde meer en meer sal word sodat julle alles beter sal verstaan en sal weet watter dinge is die regte dinge om te doen. Dan sal julle harte heeltemal skoon wees wanneer Christus weer kom, en niemand sal kan sê dat julle vir hom probleme gegee het nie. Filippense 1:9-10
Dis net so mooi. Ek bid regtig al hierdie dinge maar Paulus sê dit so veel mooier 😂 nie soos ek wat gaan soos, "uuh, God, um, baie dankie dat U so wonderlik is, um, uh, uh, ek bid dat U by my maatjies sal wees, um, help hulle om in U te glo, uh, amen ek dink" nie, lol. Gelukkug is God 'n God van alle tale, selfs die raar "noag-taal."
Bly lekker, maag die Here jou dag en nag seën
Baie dankie vir die vers! Het dit nogal nodig gehad na die laaste week (nee jinne dit was n rowwe week).
Ja dit is soo ek sukkel selfs daar meer om te bid somder dat ek woorde mix of meer "kinderlik" klink. Maar God bly lief vir ons en verstaan dit no matter wat. Dit hoef nie perfekt te wees nie, net soolank jy jou liefde en dankbaarheid vir hom wys en sê. Ons bly dankbaar vir die Here wat ons lief het. Selfs die raar "noag-taal" 😂
Dankie vir die ask en mag Die Here ook jou dag seën!
1 note · View note
absent-minded-daydreamer · 2 years ago
Text
Tumblr media
Gebed:
Vader, omdat U my liefhet, wil ek ander meer liefhê. Soms vergelyk ek myself met diegene om my en dis vir my moeilik om bly te wees wanneer hulle 'n seën ontvang. Help my in daardie oomblikke om te onthou dat ek geseënd en uniek geskep is. Ongeag hoe ek voel, help my om ander baie lief te hê. In die Naam van Jesus. Amen.
0 notes
absent-minded-daydreamer · 2 years ago
Text
Watch "Oordenking 11 Maart 2023" on YouTube
youtube
(NG Kerk Alberton-wes)
0 notes