#KANONTYD
Explore tagged Tumblr posts
rausule · 1 year ago
Text
KANONTYD.
Tumblr media
In 1834 is 'n toring by die sterrewag opgerig. en die sterrekundige het self die tydbal afgestoot. Skeepshui in die baal moes die toring deur hul verkykers dophou om hul horlosies reg te stel. Na die ontdekking van die telegraaf is die toring met die tydbal weer by die dokke opgerig, en die sterrekundige het die bal deur middel van die telegraaf laat val. Later is 'n kanon gebruik wat telegrafies vanuit die sterrewag afgevuur is. Net so gereeld as wat die son elke oggend in die ooste opkom en in die weste ondergaan in die aand. tril die geboue in Kaapstad elke middag om twaalfuur as die kanon skiet.. Dan fladder die duiwe by Hooggeregshofgebou verskrik van hul sitplek op, en stel elke Kapenaar sy horlosie. reg.
Kanontyd is vandag nie meer so belangrik vir die skepe soos in die ou dae nie. kry vandag die regte tyd van die sterrewagte deur middel van die radio. Enigeen van ons kan by voorbeeld verskeie kere elke dag sy horlosie regstel volgens sterrewagtyd deur op sekere ure na die radioprogram te luister. Op die vasgestelde ure hoor ons ses opeenvolgende geluide waarvan die laaste presies saamval met die uur. Hierdie ses geluide word veroorsaak deur 'n horlosie in die sterrewag.
DIE BAAS-HORLOSIE EN SLAWE-HORLOSIES.
In elke groot sterrewag is daar in 'n verseëlde kamer-dikwels diep onder die grond-een of twee baie akkurate horlosies. In die kamer word die druk van die lug en die temperatuur so na as moontlik altyd dieselfde gehou, sodat die horlosies so min as moontlik steurings van buite ondervind. In die muur van die kamer is gewoonlik 'n dubbele glasvenster waardeur 'n mens kan kyk na die horlosie. Hierdie horlosie, gewoonlik die baas-horlosie genoem, is elektries met 'n aantal sogenaamde slawe-horlosies oral in die sterrewag verbind en reguleer hulle snelheid. Dit verseker dat die sterrekundige by al die verskillende instrumente enige tyd van die dag of nag die regte tyd sal hê. Die van die baas-horlosie is so fyn dat dit self nie gebruik word vir die uitsending van die radiotydseine nie. As dit voor of agter loop. word dit ook nooit reggestel want met hom moet so min as moontlik gepeuter word. Sy fout word elke dag k bepaal en aangeteken, sodat die sterrekundiges op d enige oomblik weet watter korreksie om aan te bring.
0 notes