#Ink skryf in Afrikaans
Explore tagged Tumblr posts
Text
Piekniek
'n Fyn piekniek van die liefde, vir die liefde, oor die liefde vir 'n geliefde in 'n kort vers
Image by Pexels from Pixabay jy het vir my ʼn krap gevang hom laat verkleur oor die vuur en sy dop gebreek jy het die fynvleis uitgekrap en vir my aangegee ek het vir jou wyn geskink saam het ons die brood gebreek wat nog warm langs die kole lê só vier ons die liefde uit ʼn beker wat net eenmaal hier verby sal kom ©Rina Bester,2023 (Hierdie vers is in INKSPRAAK 3 van INK-Skryf in…
0 notes
Text
Susters van eva
Vrouens maak so. Hulle deel en dra mekaar. Tot in die Groot Saal, susters.
Resim Marisa Marini tarafından Pixabay‘a yüklendi vrouens maak so hulle deel en dra mekaar as vreemdelinge ongevraagd so hoor ons ek het sewe kinders drie self gebaar die res my sussie s’n die sleg selfs die welsyn het gesê sy is op die breë weg oë gerol as hulle wéér kom klop en ek my arms hou almal wat hoor knik wetend want hulle ken óók ‘n tannie met ‘n sussie ‘n broer met ‘n…
View On WordPress
0 notes
Text
Wenwoorde
My "Groen tyd" is verby maar dit sal altyd spesiale wenwoorde wees: Dankie INK Skryf Afrikaans! Lees meer op rinabester.wordpress.com onder Stories en verse onder die wildevy
Foto: Rina Bester© Ek het verlede jaar vir die eerste keer gehoor van Ink Skryf in Afrikaans toe iemand vir my vertel van hul skryfkompetisie. Ek het dadelik ʼn storie gaan uitdink. En wat van die dig afdeling, wou almal om my weet. Gits, ek het nog net eenkeer ʼn derde plek gekry by Bloemfontein Skrywersvereniging. (Iets waaroor ek steeds in verwondering is. Daardie derde plek is die heel…
View On WordPress
0 notes
Text
Vrydagvers oor 'n hond
Ode aan Max die pointer Met sy brein gerat vir jag draf hy voor my uit. Ek sonder jaggeweer, met wandelstok en strooihoed, ʼn ou veer in die bol gedruk, fluit. Gaan staan as hý meteens verklip, wag; stert belyn met snuit wys hy my waar om te skiet, maar ek glip terug uit die skyn. Ek, die stadsjapie, ongewapen – het nie eens ‘n klip – roep sonder belang “kom!” en laat die lig uit sy…
0 notes