#valentynsdag
Explore tagged Tumblr posts
togreatness-blog · 2 years ago
Video
youtube
(via https://youtube.com/watch?v=k4ObtW94Uvs&feature=share)
0 notes
unchartedignorance · 11 months ago
Text
Ek onthou die dag wat my pa vir my uit die bloute n geskenk gekry het. Ek het gehoop dis n karretjie waarmee ek kan speel. So toe hy n tas uitruk was ek nie juis vol vreugde nie. Ek meen, ek was tog 9 jaar oud, en het gehoop om n speelding te kry. So sy hart was seker verskeur toe hy sien ek gee nie baie om daaroor nie. Eers toe ek ouer geword het, het ek besef hoekom ek die situasie opgefok het. Ek het besef hy het gehoop dis n item wat ek virewig na aan my hart hou, en altyd sal oppas en aan hom dink as ek dit gebruik om belangrike papiere daarin te sit.
Maar ek was fokken 9 jaar oud. Dalk sou ek nie valentynsdag opfok as n volwassene nie?
0 notes
jcrmts · 2 years ago
Photo
Tumblr media
Saterdag 11 Februarie 2023 vanaf 18h00 gesels ons oor "Is dit God sê wil dat on Valentynsdag vier" hier by JCR Ministration & Theological Seminary net op Joy Gospel Radio met die program Lofprysing en God's Woord, skakel gerus in. Shalom. Dr. Aubrey W Burger. +27 (0)76 479 7517. [email protected] Jill Burger-Howard +27(0)74 689 6263 [email protected] Download the App: 👇 https://play.google.com/store/apps/details?id=net.radiobroadcastapp.joygospelradiogroup Web-bssed App: 👇 https://joygr.com/app/index.html#/home Website: 👇 https://joygr.com/ (at JCR Ministration and Theological Seminary NPC) https://www.instagram.com/p/CoZouPkoAdG/?igshid=NGJjMDIxMWI=
0 notes
bambapictures · 3 years ago
Photo
Tumblr media
H A P P Y M O N D A Y!!! There’s only 7 days left until Valentine’s Day! Celebrate your Valentine’s Day by treating your significant other to a romantic photoshoot and receive a FREE illustration of our session from @tussenlyne Special valid until the end of February! . . . #valentinesday2022 #romantic #valentynsdag #couplesession #couplephotoshoot #mrandmrs #engaged #engagementshoot #engagementsessions #beautifulpeople #couplesession #dateideas #love #mooimense #bederfjouself #bestedagooit #opnogvelemeer #komonsdoenditweer #liefdeblom #somerliefde #lekkertye #canon #canonphotography #canonphotographers #proudlysouthafrican #benonimines #beautifullocations #beautifullight #springtime #celebratinglove (at Benoni, Gauteng, South Africa) https://www.instagram.com/p/CZq3FtfgUO_/?utm_medium=tumblr
0 notes
oblil-blog · 7 years ago
Photo
Tumblr media
Best Valentine’s Frame By #OBLIL Find more frame this #FB page >  www.fb.com/oblil/ Find more frame this #FB groups >  www.fb.com/groups/oblil/ Use this #FB camera effects >  www.facebook.com/fbcameraeffects/tryit/1513296265449571/
0 notes
wilandi · 8 years ago
Text
Ietsie mooi, ietsie rooi...
Tumblr media
Wat is Valentynsdag sonder die rooi en wit? Hierdie tuisgemaakte malvalekker is nie net spesiaal nie, maar ook baie mooi in rooi (en wit) en vrek lekker om julle te bederf vir ‘n Valentynsdag! Gebruik sommer as tafelversiering!
Regte egte malvalekker met rooi bessies en ander versierings:
(resep gebasseer op dié van my gunsteling kospersoon, Donna Hay):
Bestanddele:
125ml warm water
30ml gelatienpoeier
330g strooisuiker
230g vloeibare glukose
125ml water (ekstra)
5ml vanieljepoeier of sade van 1 vanielje peul
250ml geroosterde neute van keuse
240g versiersuiker
35g mielieblom
Rooi bessies, eetbare blomme, granaatpitte en ander rooi items om te versier.
Metode:
Giet die warm water in die mengbak van ‘n elektriese menger en strooi die gelatien oor. Roer om te meng, en laat eenkant staan.
Plaas die strooisuiker, glukose en water in ‘n pot oor lae hitte, laat die suiker smelt, verhoog temperatuur en verhit tot 115℃ (omtrent 5-7 minute).
Terwyl menger op hoog meng, giet die warm stroop met ‘n dun straal in die gelatien mengsel. Voeg die vanielje en neute by en klits 5-7 minute totdat dik en donserig is.
Werk vinning en skep in voorbereide bakplaat. Maak gelyk deur bakpapier op te sit en kleiner bakplaat bo-op.
Laat in yskas stol vir 1-2 ure
Meng die versiersuiker en mielieblom.
Wanneer die malvalekker gereed is, bestrooi ‘n oppervlak liggies met versiersuikermengsel, keer uit en bestrooi met versiersuiker mengsel. Versier met rooi bessies, eetbare blomme en ander rooi idees!
Sny met mes (wat ook bestrooi word) in blokkies wanneer bedien.
Nota:  Sit nou nog ‘n bakkie gesmelte sjokolade by om dit in te doop en die aand is gemaak!
0 notes
rtbmamma-blog · 6 years ago
Text
VALENTYNSDAG IN DIE BURG?
Soos wat jy die vraag lees, voel jy hoe ongemaklikheid oor jou spoel soos ‘n yskoue emmer water, want ‘n spesiale aandjie vir twee in hierdie ou dorpie is net absoluut NOTHING SPECIAL! Die gevreesde Mall roep alweer as enigste antwoord om te gaan fliek of sushi te deel by CTFM maar hoe onoorspronklik dan tog!! EK smag na MEER! Ek en my man is hierdie jaar 5 jaar getroud. My seuntjie verjaar op die 13de Februarie. I KNOW RIGHT! Asof Januarie nie reeds ons koskas en beursie dolleeg verklaar het nie, moet ons begroot vir partytjiekoek en persente en die HELE familie wat kom koek en koffie. Tyd maak vir romanse word maar altyd dan afgeskeep en eenkant toe gestoot tot volgende jaar as ons “beter beplan”. Hierdie jaar val dit op ‘n Donderdag. Middelweek. Middelmaand. Moedeloos. Ek weeeeeeet tjoklits en rose bepaal nie die liefde tussen twee mense nie, maar dit help tog om wel die “love in the air” op daai dag te voel. Ek dink dis dalk juis die ding. Ons verwar die grootheid en oneindigheid van die Liefde deur dit in ‘n mooi swart boksie te wil sit, toe te draai in ‘n rooi lint en vir ons mans te gee op Valentynsdag. (Bewaar sy siel as hy nie op en af spring van dankbaarheid oor al die moeite nie!) Ek het gehoor dat roetine en gewoonte die ondergang van enige verhouding is, so hoe hou mens dit dan interessant as die opsies om alles “op te spice” so beperk is? My man se werks-skedule is deesdae “ever changing” so die kans dat hy gaan laat werk daai Donderdag is goed. Ek kan ook nie juis sê ek wag vir hom in romantiese kerslig in ‘n sexy kant-nommertjie nie, want hierdie swanger maag en spat are breek my selfvertroue van “way back when” toe alles nog styf en ferm was. Boonop, sal ons nie eers in die donker kan koekeloer nie want dis ‘n weeksaand - mannetjie moet vroeg op vir skool! Doeke. Melkbottels. Tandeborsel. Pottytrain. Roetine. Nagmerrie. Einde van die wereld? Dalk oordink ek dink. Ek probeer onthou hoe ons tweetjies ons eerste Valentynsdag saam spandeer het 5 jaar gelede. Hy het nog daai tyd op die myn gewerk. Ek het geswot. Pretoria. Omdat ons ver wou vry moes ons die prys betaal van baie vroeg opstaan. Dit was moeiteloos om moeg te wees vir Liefde. Platsak, met net genoeg buffels om petrol in te gooi terug Rustenburg toe, deel ons ‘n soen onder die mooiste sonsopkoms wat ek al ooit gesien het! (As jy verlief is, is alles mos is HD!) Hoekom verwag ek NOU dat my man moet uithaal-en-wys emosioneel, finansieel, heeltemal-teveel, as ‘n simpel soen die ding gedoen het 5 jaar terug? Verhoudings het fases en seisoene. Gretha Wiid het gesê: “Net soos kinders ontwikkel en daarmee saam kort-kort nuwe geite, giere, behoeftes en uitkyke op die lewe het,so gaan huwelike ook deur ontwikkelingsfases en seisoene van groei.” Ons huis is nou op ‘n “diep-asem-haal-en-tel-tot-tien” fase. Baie tantrums en baie take-aways. ‘n Fase van terugstaan, probeer verstaan en laat gaan. ‘n Fase waar dieper liefde vatplek kry deur al die onopgemaakte beddens, poefdoeke, gemisde date-nights en “te-moeg-vanaand-liefies” en dstv wat dag en nag slegs Nickjr of Cbeebies uitsaai. ‘n Tyd van liefde wat aanvaar en aanhou maak nie saak WAT nie! ‘n Tyd waar ons bankrekening leeg is, huis deurmekaar is, maar harte vol is. Dalk is die beste plek om te wees hierdie jaar op Valentynsdag JUIS net bymekaar...
Hier is wel ‘n paar “lovey-dovey-dinge-om-te-doen-in-rtb” hierdie Valentynsdag wat bietjie anders is as die gewone, sou jy en jou man nie lus is vir die Mall nie..
https://allevents.in/rustenburg/valentines-day
Tumblr media
0 notes
lovemarnusbothablog · 8 years ago
Photo
Tumblr media
Elke dag is Valentynsdag saam jou. ❤️ #tespesiaal (at I Love You)
0 notes
oblil-blog · 7 years ago
Photo
Tumblr media
Best Valentine’s Frame By #OBLIL Find more frame this #FB groups >  www.fb.com/groups/oblil/ Find more frame this #FB page >  www.fb.com/oblil/ Use this #FB camera effects > www.facebook.com/fbcameraeffects/tryit/537660253281298/
0 notes
wilandi · 8 years ago
Text
Sjokolade en koffie - gesonde liefde:
Tumblr media
Dis eintlik een van daardie vrae wat nie ‘n antwoord nodig het nie, maar met Valentynsdag om die draai (en die hoop dat ek ‘n goeie sjokolade gaan kry… ek hoop my man lees hierdie nuusbrief...) is ek op soek na bewyse om al die bederf te kan geniet (mens moet positief wees!). Ek het wel op ‘n hele paar baie goeie redes afgekom, om dit selfs amper noodsaaklik te maak om hierdie bederf ten volle te geniet! Kyk bietjie hier!
Volgens BestHealthMag is daar ten minste 7 redes hoekom sjokolade goed is vir jou! Die 3 wat vir my die meeste uitgestaan het is (jy kan die volle artikels lees as jy die skakels volg!):
1. Donker sjokolade verlaag cholestrol:
Alhoewel dit ‘n klein studie deur die Universiteit van Illinois se Urbana-Champaign was, is bevind dat die daaglikse inname van kakao flavanol- bevattende donker sjokolade cholestrol verlaag en bloeddruk verbeter.
2. Dit kan jou vel  teen die son beskerm:
Navorsers van Duitsland se Heinrich Heine Universiteit het bevind dat van die komponente in sjokolade soos UV filters reageer, en dus jou vel beskerm teen die son!
3. Dit kan help om hartsiektes te voorkom:
Dit behels wel dat jy gereeld 70% donker sjokolade moet eet, en verkieslik nie saam met melk nie, want die melkproteien, Kaseien, reageer met die sjokolade en verhoed die regte opname in jou liggaam.
AuthorityNutrition.com vertel van die goeie voedingswaarde van sjokolade wat so daaruit sien:
‘n 100g donker sjokolade met 70-85% kakao bevat:
11g vesel
67% van die VDI (voorgestelde daaglikse inname) vir Yster
58% van die VDI vir Magnesium
89% van die VDI vir Koper
98% van die VDI vir Manganese
Dit bevat ook kalium, fosfor, zink en selenium.
Dit is wel belangrik om te onthou dat 100g sjokolade baie is en veral baie suiker en vet bevat, so dit is belangrik om te weet wat is ‘n goeie porsie donker sjokolade per dag. Volgens MindBodyGreen.com is ‘n goeie porsie 30-60g per dag.
Sjokolade werk so lekker saam met koffie, dat die inligting dat beide soveel voordele het goeie nuus is. Joe Graedon op Peoplespharmacy.com het geskryf dat bewyse al hoe meer word dat koffiedrinkers ‘n laer risiko het om Diabetes 2 te ontwikkel. (Dus is dit ‘n goeie maat vir sjokolade wat maar met suiker kom…). Hierdie artikel vertel ook dat vroue wat meer as 4 koppies koffie per dag drink ‘n laer risiko vir beroerte het as vroue wat slegs 1 koppie ‘n maand drink!
So, drink jou koffie en geniet jou sjokolade hierdie valentynsdag! Hier volg ook ‘n resep om jou eie sjokolade geskenk te maak!
Tumblr media
Donna Hay se sjokolade truffels:
Bestanddele:
180ml room
600g donker sjokolade
Kakaopoeier om te bestrooi
Metode:
Voer ‘n 200mm x 200mm bakplaat uit met bakpapier - laat die kante genoeg oorsteek dat jy dit kan gebruik om die gestolde truffels later uit te kry.
Plaas die sjokolade in ‘n glas mikrogolf-veilige beker
Verhit die melk op die stoof tot kookpunt en giet oor sjokolade
Meng met lepel of draadmeger om gladde mengsel te kry - verht in mikrogolf vir 30 sekondes in dien nodig.
Giet in bakplaat en laat vir 2-3 ure in yskas om te stol.
Bestrooi met kakaopoeier.
Nota: Jy kan die mengsel verdeel en geur deur rooswater, likeur of koffie (voeg kitskoffie in room voordat verhit) by te voeg. En ander opsie om te bestrooi is neute, growwe sout, bessies of blomme.
0 notes
jochieschoeman · 10 years ago
Photo
Tumblr media
Death by light...don't let bad influences cloud your true spirit. #fairylights #valentinesday #valentine #valentines #valentinesball #ball #dance #valentinesdance #deathbylight #death #life #valentyn #valentynsdag #light #chineselanterns #lanterns #rooflight #halldecor #decor #decorideas #decorationsideas #decorations #blackandwhitedrapings #drapings #whitedrapings #blackdrapings #samsungcamera #galaxynote4
1 note · View note