#perkussie
Explore tagged Tumblr posts
Text
there is no movie where he need to be doing all dat! Tony please I can see your taint!!!
#the one leg up and the other one bent is actually crazy#anthony perkussy#anthony perkins#tonyposting
9 notes
·
View notes
Text
Monsieur Mahler word verwyt dat hy sonder oorspronklikheid is.
Monsieur Mahler word verwyt dat hy sonder oorspronklikheid is. Hierdie waarneming, wat met die eerste oogopslag geregverdig lyk, verloor vinnig geldigheid by in-diepte ondersoek. Melodies is sy werk redelik soortgelyk aan Schubert, Wagner en veral Bruckner; in die algemeen is dit egter onbetwisbaar persoonlik. Ek sal dieselfde sê oor sy kontrapuntiese skryfwerk, sy oorspronklike manier om temas naas mekaar te plaas, sy harmonie, ryk, robuust en lewendig. 'n Interessante en heeltemal nuwe eienaardigheid gaan oor die klankeffek wat verkry word deur die teenoorgestelde gradering van die nuanses. Mahler se orkestrasie is immers wonderlik. Alles klink, alles is duidelik, niks is net vir die oog geskryf nie. 'n Hele verhandeling sal nodig wees om sy prosedures en die geweldige party wat hy weet hoe om te ontleed, veral uit die pauken, perkussie en trompette te ontleed. Wat vanuit 'n tegniese oogpunt onmiddellik in sy komposisies opvallend is, is die helderheid en eenvoud van die middele. Mahler stel 'n digter-filosoof voor wat 'n baie eenvoudige woordeskat gebruik, gewone woorde wat almal met die eerste oogopslag kan verstaan; geen spesialis gemors nie! En uit hierdie taal van klassieke helderheid, van onberispelike strukturele logika, wat altyd die indruk wek van 'n heersende noodsaaklikheid, kom Mahler se kragtige gedagte nog makliker na lgvore omdat dit geen struikelblokke tussen homself en die publiek ken nie; die emosie vibreer dadelik; die vorm word deur denke oorwin, dit word verduister, 'n mens dink nie meer aan die woorde - van die aantekeninge - maar die gedagte van die skrywer word direk ervaar. Dit is soos om in die teenwoordigheid van 'n geniale akteur te wees: ons vergeet sy talent, maar hy skeur ons trane weg.
0 notes
Photo
Met Alla Wêreld by die Woordfees in Stellenbosch reis ons deur die wêreld en terug in 80 minute met musiek wat jou sal laat krul van lekkerte. #kryjoukaartjie #computicket #woordfees2019 #woordfees #allawereld #musiekproduksie #diekaapisweerfrans #leonoosthuizen #ntuthunyiki #trekklavier #akkordeon #klavier #dromme #perkussie #baskitaar #stem #dans #vertel #vrolik #vry #verbeeldingryk (at Weltevreden Estate) https://www.instagram.com/p/BtRfqjPBTJQ/?utm_source=ig_tumblr_share&igshid=13kmo5vtg7pp7
#kryjoukaartjie#computicket#woordfees2019#woordfees#allawereld#musiekproduksie#diekaapisweerfrans#leonoosthuizen#ntuthunyiki#trekklavier#akkordeon#klavier#dromme#perkussie#baskitaar#stem#dans#vertel#vrolik#vry#verbeeldingryk
0 notes
Photo
Met Alla Wêreld by die Woordfees in Stellenbosch reis ons deur die wêreld en terug in 80 minute met musiek wat jou sal laat krul van lekkerte. #kryjoukaartjie #computicket #woordfees2019 #woordfees #allawereld #musiekproduksie #diekaapisweerfrans #sibanye #trekklavier #akkordeon #klavier #dromme #perkussie #baskitaar #stem #dans #vertel #vrolik #vry #verbeeldingryk (at Weltevreden Estate) https://www.instagram.com/p/BtRe-h2lZyr/?utm_source=ig_tumblr_share&igshid=13mkkoyb0ek66
#kryjoukaartjie#computicket#woordfees2019#woordfees#allawereld#musiekproduksie#diekaapisweerfrans#sibanye#trekklavier#akkordeon#klavier#dromme#perkussie#baskitaar#stem#dans#vertel#vrolik#vry#verbeeldingryk
0 notes
Text
Bring die glimlag
Vandeesweek was ek aan die ontvangkant van �� geskenkbewys. Dit het my hart verbly, soos enige geskenk. Saam met die geskenkbewys is ʼn vriendelike, dog ernstige versoek gerig dat ek iets koop wat my sal laat glimlag. Dit was aanvanklik nie vir my ʼn versoek wat moeilik is nie. Dit is slegs op hierdie oomblik, terwyl die reën ritmies uit die geute drup wat ek daaraan begin dink. Wat sal my laat glimlag? Watter goed laat my deesdae glimlag? En nou sit ek in hierdie interessante maalkolk wat my bietjie dwing om aan die afgelope jaar te dink.
Die afgelope jaar wat was, die jaar twintig-negentien, was propvol glimlag en grynslag en al die ander g-woorde wat miskien nog kan pas. Daar was ewe veel onverwagse goed wat op ʼn manier ʼn glimlag gebring het en ander wat onverwags meer irritasie of ongeduld gekweek het. Ek moes byvoorbeeld vanjaar Polokwane toe vlieg en daar bly vir ʼn paar dae om ʼn werkswinkel aan te bied. Die spanning vooraf is heeltemal oorskadu deur die ongelooflike vlug en akkommodasie dat ek dit nooit in my lewe sal vergeet nie. Een aand is vars nagereg sommer by my kamer afgelewer! Net om dankie te sê dat ek gekies het om by daardie hotel te bly. My heimwee in Julie was ook ʼn aangename verrassing toe ek my niggie kon wys waar ek verkies om burgers te eet in Amsterdam. Dit word deesdae ʼn al groter uitdaging om ʼn bietjie te talm in die spookasem van herinneringe, so wanneer die geleentheid ʼn positiewe effek het, kom dit eintlik nogal as ʼn skok. ʼn Semiteenoorgestelde situasie is die gevoel wat ek vir die eerste keer ervaar rondom mense wat min of meer notisie neem van wat ek doen. Let op dat ek nie sê dat mense notisie neem van wie ek is nie. Dit is seker ʼn behoefte van elkeen om ʼn bietjie van geweet te wees, maar die proses om op so ʼn punt uit te kom is eintlik wanbemarking van die eindpunt. ʼn Leërige gevoel wat volg, ten spyte van jou naam wat iewers op ʼn besigheidskaartjie of konferensieprogram getik is. As ʼn mens nie oppas nie, word dit nét werk en gevaarlik min daarvan kan oorkom as jy wat eintlik ʼn impak het. Vréémde ontnugetering.
Wat my sal laat glimlag in hierdie oomblik is ʼn knus kothuis in die middel van ʼn advokadpeerplantasie wat opgepas word deur ʼn swerm flaminke. Is dit op enige manier iewers beskikbaar? Die ander ding wat my op hierdie oomblik sal laat glimlag, is ʼn stel marakkas of kastanjette. In my kop beskik ek oor bonatuurlike ritme en onblusbare entoesiasme, so ek dink twee perkussie-instrumente sal bes moontlik my innerlike musikale vermoëns ontketen. Deesdae laat ek ook lukrake goedere aflewer as geskenke vir myself met persoonlike notas wat ek op daardie oomblik voel ʼn aangename onderskraging sal wees vir my toekomstige self. Ek dink dit is vanselfsprekend dat die eenvoudige opdrag om iets te koop wat my laat glimlag, nie ʼn opdrag is wat oorhaastig uitgevoer gaan word nie. Dit is eintlik verfrissend om te weet dat skynbaar terloopse woorde my steeds aangryp, alles is nie verlore nie. En dit laat my glimlag.
1 note
·
View note
Text
Die klanke van Buenos Aires kom na Afrika
’n Keurige versnit tussen die sensualiteit van die Tango en die improvisasie wat verband hou met Jazz, is die kenmerk van Escalandrum. Hierdie wêreldberoemde Latyns-Amerikaanse sekstet het ’n klank geskep wat geïnspireer is deur die musikale legende, Astor Piazzolla. Sy styl word deur hulle geïnterpreteer met ’n unieke komtemporêre klank.
youtube
Lokale musiekliefhebbers in Kaapstad kon hulle reeds beleef tydens die internasionale Jazz fees aldaar. So was daar nog uitvoerings in die Staatsteater asook Johannesburg en Maputo. Die finale uitvoering van die toer vind plaas in Brooklyn Teater op Saterdagaand 8 April om 18:00.
Escalandrum is in die jaar 2000 gestig deur die Daniël, oftewel ‘Pipi’ Piazzolla, die kleinseun van die komponis Astor Piazzolla, wat altesaam meer as 1000 tangos gekomponeer het. Die groep bestaan sedertdien nog uit dieselfde spelers, en het reeds in meer as 30 lande opgetree wat natuurlik ook van die wêreld se top feeste en klubs insluit.
Die meeste van hul repertorium is geneem uit die ryk musikale naletenskap van Astor Piazzolla, alhoewel hulle ook heelwat van hul eie oorspronklike werk opgeneem en uitgevoer het.
Astor Piazzolla word beskryf as die voorste komponis en bandoneonspeler van Argentinië, wie se werk steeds wêreldwyd uitgevoer word. Sy komposisies het die tango as genre getransformeer na ’n styl genaamd ‘Nuevo Tango’ wat nie ’n sanger ingesluit het nie en wat stelselmatig meer improvisatoriese, jazz elemente ingebring het. Daarbenewens word dit tog essensiëel gekenmerk deur die sterk klassieke aard van die musiek.
Vir hul toer in Afrika, word die musiek van Piazzolla sterk verteenwoordig, maar vir die Brooklyn Teater konsert, is daar spesiaal aandag gegee aan die klassieke gehoor en hul smaak, met “jazzy” aanpassings van ander klassieke meesters soos Mozart. Die luim van die verwerkings beweeg eweneens deur die melancholie asook die harwar en woeligheid van hul tuisdorp, Buenos Aires.
Buiten die leier van die groep, Pípi Piazzolla (perkussie) bestaan die groep uit Nicolás Guerschberg (klavier) Mariano Sívori (kontrabas) Damián Fogiel en Gustavo Musso (saksofoon) asook Martín Pantyrer (saksofoon en klarinet).
Escalandrum het reeds 9 albums bekendgestel waarvan die nuutste een in samewerking is met die Argentynse sangeres, Elena Roger. Dit is bekendgestel in ’n volgepakte Teatro Coliseo in Buenos Aires.
Die groep se toegeneëntheid om in Afrika op te tree val saam met ’n sterk patriotisme om Argentinië in die buiteland te verteenwoordig. Daarbenewens voel hulle eens met die sterk ritmes van Afrika wat ’n diepsinnige invloed op die Tango gehad het.
Die Argentynse ambassadeur, Javier Figuera het sy onvoorwaardelike trots as volg uitgespreek:
“It is an absolute pleasure for the Embassy to finally be able to host a band of such quality as Escalandrum. It is the result of almost two years of hard work and the involvement of many stakeholders with a commitment to sharing Argentinian culture in South Africa, through collaborations and exchanges with local artists in a variety of fields.”
youtube
Kaartjies beskikbaar by www.brooklyntheatre.co.za
0 notes