#midmardam
Explore tagged Tumblr posts
rausule · 1 year ago
Text
..Kinders, moet in die water mors want die oumense wil dit drink,"
Tumblr media
sê die bekende Afrikaan- se volksliedjie. Maar dit is nie net die oumense wat water drink nie, en soos ons almal weet, word water vir veel meer dinge gebruik as net om die mens se dors te les.
GROOT DAMME IN SUID-AFRIKA
(Inhoudsvermoë in megaliter)
1 megaliter (MA) = 1000 m3 = 1000000 liter (4)
Hendrik Verwoerddam 5670 300
P.K. le Rouxdam 3 236 600
Pongolapoortdam 2500 600
Vaaldam 2190 600
Bloemhofdam 1273 000
Loskopdam 348 100
Kalkfonteindam 321 800
Spioenkopdam 281 800
Erfenisdam 224 100
Mentzmeer 192 500
Hartbeespoortdam 185 500
Midmardam 177 700
Allemanskraaldam 174 300
Voëlvleidam 164 100
Lubisidam 157 900
Paul Sauerdam 131 800
Grootste oppervlakte: Hendrik Verwoerd- dam (360 km²)
Hoogste wal: P.K. le Rouxdam (108 m) Langste wal: Bloemhofdam (4,3 km)
In 'n land soos Suid-Afrika, waar water skaars is, is dit noodsaaklik dat ons elke druppel water opgaar en so doeltreffend as moontlik gebruik. Namate die waterbehoefte van ons land groter word vanweë die bevolkingsaanwas, 'n verhoging in die algemene lewenspeil van alle bevolkings- groepe en groter eise van die kant van die nywer- heidswese, word die beskikbare hoeveelheid water al hoe minder. Dit reën weliswaar nog net soveel as in Jan van Riebeeck se tyd, maar daar is soveel meer mense en bedrywe wat van dié water moet leef! Ons kan dus nie meer toelaat dat die grootste deel van die water in ons riviere onbenut see toe vloei nie.
Die ewigdurende waterkringloop
Hoewel die bydrae van ondergrondse waterbron- ne in Suid-Afrika meer as 'n miljard (een duisend kubieke meter per jaar beloop, kom ook hierdie water tog oorspronklik uit die see. Water verdamp uit die oseane en word as 'n gas land- waarts gedra waar dit mits die toestande gun- stig is in die vorm van reën, hael of sneeu na die aarde terugval 'n Deel van hierdie neerslag verdamp voordat dit die grond bereik; 'n ander deel verdamp van die plante en grondoppervlak waarop dit val; 'n klein hoeveelheid syfer ondergronds weg; en die oor- blywende deel versamel teen die berghange en op die vlaktes in spruite en riviere en loop terug na die see om die nimmer eindigende waterkringloop van die natuur te voltooi . In 'n droë land soos Suid-Afrika, waar die meeste reën gedurende die warm somermaande val, bereik minder as 9 persent van die neerslag die riviere, terwyl slegs 2 persent daarvan diep genoeg wegsyfer om die ondergrondse bronne
vul; die res verdamp alles. Verdamping is dus een van die grootste probleme t.o.v. waterbewaring in ons land. Afgesien daarvan dat ons riviere as gevolg van die betreklik lae reënval en die hoë verdampingskoers al klaar 'n klein afloop het, mag die opgaardamme self ook nie 'n te groot oppervlakte hê nie: hoe groter die dam is, hoe groter is die oppervlakte wat aan verdamping blootgestel is totdat die oppervlakte uiteindelik so groot is dat meer water verdamp as wat die dam binnevloei.
'n Smal, diep kloof is dus die ideale damterrein, want 'n diep dam met 'n klein oppervlakte sal veel minder water deur verdamping verloor as 'n dam met dieselfde inhoudsvermoë wat vlak is en 'n veel groter verdampingsoppervlakte het. 'n Geskikte terrein vir 'n dam moet ook 'n stewige geologiese fondament en stewige kloofwande hê, en die ge- steentes mag nie poreus wees nie, anders syfer die water alles weg.
Die totale jaarlikse afloop van al die riviere in die Republiek bedra sowat 52 miljard m³. (Hoe min dit in werklikheid is, blyk daaruit dat die jaarlikse afloop van die Zambezi goed dubbel soveel is en die Zambezi is nog lank nie die wêreld se grootste rivier nie!) Van die beskikbare 52 miljard m³ afloopwater in Suid-Afrika kan egter slegs 'n deel ekonomies opgegaar word. Die belangrikste redes hiervoor is dat die koste van enige damskema geregverdig moet word deur sy nuttigheid t.o.v. vloedbeheer, besproeiing, ny- werheidsen ander waterverskaffing, ontspanning, hidroelektriese kragopwekking, e.d.m.
DIE GROOTSTE BESPROEIING- SKEMAS IN SUID-AFRIKA (1982)
Pongolapoort (Makatinivlakte) 54 800 ha (potensiaal)
Vaalharts 36 600 ha
Krokodilrivier (Oos-Transvaal)
20 000 ha
Oranjerivier, Boegoeberg,
Karos, Gariep, Upington en
Kakamas
Hartbeespoort (+ Ou Vore) 16500 ha
17500 ha
Loskop
15600 ha
Groot Visrivier Kamanassie en Olifants- 14000 ha rivier
Breërivier 11800 ha
Sand-Vetrivier 11400 ha
Groot Letaba 11400 ha
Sondagsrivier 8200 ha
Blyderivier 9300 ha
"Nog in aanbou 7800 ha
Die waterverbruik in Suid-Afrika beloop tans reeds naastenby 10 miljard m³ per jaar en binne die eerste drie dekades van die volgende eeu sal al die oppervlakwater wat in Suid-Afrika opgegaar kan word, reeds gebruik word. In die toekoms sal waterbewaring in ons land dus nie maar net die bou van al meer opgaardamme beteken nie; die aandag sal ernstig toegespits moet word op oor- deelkundige en doeltreffende waterbenutting. Nie net die kinders nie, maar ook die oumense sal moet leer om nie met water te mors nie!
0 notes
newwaveswimbuoy · 6 years ago
Photo
Tumblr media
Credit to @lexiekellyswim : to the @midmarmile ! I love everything about this event start to finish. 📸: Jason Parker posted on Instagram - https://newaveswim.com/2Hq8BKy
0 notes
xplorewittumi · 9 years ago
Photo
Tumblr media
#Priceless moments at the dam #midmardam Loving the #view (at Midmar Resort)
0 notes
whiteleyl-930731 · 9 years ago
Photo
Tumblr media
#Midmar #MidmarDam #Scenery #NoEntry #Landscapes #NoFilter
0 notes
thvtoo · 10 years ago
Photo
Tumblr media
#TBT my crew 25 December 2012 #MidmarDam #Howick #MidlandsMeander
1 note · View note
astrofunktheworld · 10 years ago
Photo
Tumblr media
#astrofunk #fashion #fashionshow #funky #glowinthedark #clothing #guys #models #diverse #southafrica #DBN #PMB #midmardam #astrofunktheworld
0 notes
sharksharki · 11 years ago
Photo
Tumblr media
After a good #ride in the heat of the day, #coolingoff in #midmardam was #justperfect and get in some #midmarmile #training #swimming #mtb #foxshox #cycling
1 note · View note
emotional-creature-i-am · 11 years ago
Photo
Tumblr media
#throwback #midmar #weekend #durban #swimming #midmardam #shc #dolphins #good #times #fun #awesome #insta_sa #weinstagrameverything
0 notes
myluckypacket · 12 years ago
Photo
Tumblr media
Latest site! Stunningly beautiful! #midmardam (at Midmar Dam)
0 notes
astrofunktheworld · 10 years ago
Photo
Tumblr media
#astrofunk #fashionshow #fashion #CEO #models #supermodels #diversity #white #Indian #coloured #DBN #JHB #CPT #PMB #midmardam #howick #newfriends #ilovemyjob #astrofunktheworld
0 notes
astrofunktheworld · 10 years ago
Photo
Tumblr media
#astrofunk #fashion #fashionshow #models #supermodels #tallgirls #diversity #DBN #PMB #SA #midmardam #funky #clothing #glowinthedark #astrofunktheworld
0 notes