#Inkvisse
Explore tagged Tumblr posts
rausule · 1 year ago
Text
Inkvisse inka Latynse smaak.
Die inkvisse, seekatte en nautili, wat almal deel uitmaak van die klas Cephalopoda (Koppotiges), is 'n hoogs ontwikkelde groep seeweek- diere (phylum Mollusca). In baie opsigte kan hulle as die mees ge- vorderde groep lewende ongewerwelde diere beskou word.
Die klas word deur slegs 130 lewende genera en 650 spesies verteenwoordig en dit lyk of die groep stadig maar seker minder word omdat sowat 10 000 fossiel- spesies is.
Die grootste lewende ongewer- welde dier, die reuse-pylinkvis (Architeuthis), behoort tot hierdie groep. Hierdie dier kan 20 m lank word (insluitende die tentakels). Die kleinste koppotige dier, die inkvis Idiosepius, is skaars 2,5 cm lank.
Hoewel die koppotige diere deel van die phylum Mollusca (week- uitmaak, toon hulle heelwat afwykinge van die algemene beeld van hierdie groep. In teenstelling met die stereotipe beeld van week- diere as diere wat stadig voortbe- weeg, is die koppotige diere vinnig bewegende roofdiere wat hoof- saaklik in die diepsee lewe. Nog 'n afwyking is die dier se goed ont- wikkelde oë en hoë intelligensie. Met die uitsondering van die nautili het die koppotige diere geen uit-
wendige skulp nie. Die Koppotiges gebruik hulle 8 of 10 sulerdraende arms om voedsel mee te vang. Die nautilus het egter sowat 90 tentakels Uniek by die koppotige diere is die "bek om die mondopening. Met hierdie pape gaaiagtige chitienbek word stukke kos afgebyt
Die inkvisse, seekatte en hul ver- wante behoort tot die phylum Mollusca (weekdiere) Omdat hier- die diere se arms direk aan hul koppe vasgeheg is, word hulle die Koppotiges (Cephalopoda) genoem. Die grootste en intelligent ste ongewerwelde diere behoort tot hierdie klas
Omdat die koppotige diere in groot getalle voorkom, vorm hulle een van die grootste potensiële voedselbronne van die see. Die diere word in baie wêrelddele geëet en is ook indirek vir die mens van belang omdat hulle 'n groot deel van die potvis en ander kleiner walvisse se dieet vorm.
Bou Die liggaam van die koppotige dier bestaan uit 'n kop met vang- arms aan. Die liggaamsgrootte van volwasse koppotiges kan baie varieer. Die kleinste inkvis, Idiosepius, is skaars 2,5 cm lank, terwyl sommige reuse-inkvisse (die Architeuthis-spesies) tot 20 m lank kan word. Die romp van hierdie reuse-diere is sowat 6 m lank, terwyl die arms 3 tot 4 m lank kan word. Daarbenewens het die reuse-pyl- inkvis 2 tentakels wat 14 m lank is. Hierdie tentakels is waarskynlik ver- antwoordelik vir die legendes van reuse-seeslange.
Die meeste Koppotiges se vel kan vinnig van kleur verander vanwee die chromatofore van verskillende kleure wat in die vel aanwesig is. Die chromatofore is stervormige epidermisselle wat kleurstof (pigment) bevat. Die selle kan ver- groot en saamtrek en daardeur die kleure meer of minder opvallend maak. Dit stel die dier in staat om die kleur van sy omgewing aan te neem (skutkleur). Ook bepaalde "emosies" kan die koppatige dier van kleur laat verander. 'n Ken- merkende orgaan by alle weekdiere (Mollusca) is die voet. By die Kop- potiges is dit egter gewysig tot vangarms en 'n tregter (hewel). Die tregter word gebruik vir die uit- skeiding van die afval, ink en eiers. Hierdie orgaan, wat soos 'n buis by die mantelholte uitsteek, kan ook vir
voortbeweging gebruik word. Die het gesteelde, ge- spierde en beweeglike suierplaatjies Sommige koppotige diere besit nass hul 6 vangarms ook 2 tentakels, met ander woorde 10. Op die tentakels kom die suier- apparaat slegs op die breè punte your. Soms is die horingagtige rande van die suiers gewysig tot hake By die groter pylinkvisse kan die suiers 'n deursnes van 20 cm be reik
Tussen die vangarms to die mond met 2 horingagtige kake, in die vorm van n papegaal se sriswel wat
gebruik word om gepantserde prool (soos krappe) in stukke te byt. In die mond is 2 paar speekselkliere en 'n raspertong (radula) met 7 klein tandjies per dwarsry. Soos in die geval van alle vleiseters is die derm- kanaal kort en voorsien van 'n middelderm-spysverteringsklier.
Die koppotige diere het goed ont- wikkelde oë wat met dié van die werweldiere vergelyk kan word. Die aanpassing (skerpstelling) van die oog geskied deur die verandering van die ooglens se posisie. By die grootste pylinkvisse kan die oog 40 cm in deursnee wees.
Die dier se ewewigsin sowel as
die tassin in die arms is ook goed
ontwikkel.
Die senuknope (ganglia) van die senustelsel is in die kop geleë en deur köpkraakbeen omhul. Die senustelsel bestaan onder meer uit 'n aantal baie groot senuselle. Hierdie reuse-neurone speel 'n be- langrike rol in neurofisiologiese navorsing.
Die liggaam van die koppotige dier word omhul deur 'n mantel wat 'n aantal organe bevat. Die inksak skei die ink van die inkklier deur die rektum en tregter uit. Die ink is bruinswart en bevat die pigment melanien. Vroeêr is hierdie pigment as 'n kommersiele kleurstof bemark (sepia). Die koppotige diere in die diepsee skei nie ink af nie, maar skei soms 'n liggewende vloeistof af
Suurstof word deur die kieue, wat in die mantelholte geleë is, opgeneem. Die gereelde same- trekking van die mantel lei daartoe dat vars water deurentyd die mantelholte binnestroom.
Die Koppotiges het 'n geslote bloedvatstelsel en blou bloed. Die blou kleur word veroorsaak deur die aanwesigheid van hemosianien, wat die asemhalingspigment is. Die dier het 2 niere.
Die uitwendige skulp, wat so ken- merkend vir bykans alle weekdiere is, is by die egte pylinkvisse, ink- visse en seekatte afwesig. Die nautilus (subklas Nautiliodea) het egter wel 'n uitwendige skulp. Dikwels het die koppotige diere in- wendige skulpe, maar soms is die skulp onontwikkel (onvolledig) of heeltemal afwesig. Die struktuur en vorm van die inwendige skulp verskil by die verskillende inkvisse en seekatte. Die skulp van die (genus Sepia) bestaan uit kalk- lamelle wat dig teenmekaar lê. By die genus Spirula bestaan die skulp uit 'n gedraaide kalkbuisie wat slegs enkele sentimeters lank is en deur fussenskotte in kamertjies (kompartemente) verdeel word. By die pylinkvisse (genus Loligo) is die skulp tot 'n horingagtige, lang slagveer of pen gereduseer en by die genus Octopus het die skulp bykans verdwyn. Die skulp van die wyfie-papiernautilus (Argonauta argo) kan anatomies nie met die skulp van ander koppotiges vergelyk word nie. Hierdie dier se akuip is ge- vorm uit 2 van die dier se arms en funksioneer as bergplek vir die eiers swemmand laws.
Lewenswyse Die Koppotiges (Cephalopoda) in roofdiere wat alleen of in groepe lewe. Vir jag doeleindes gebruik hulle hul vang arms, tentakels, hake en 'n gifklier (wat by sommige koppotige diere aanwesig is) vir die vang van hul prooi. Tog het die eeue-oue vrees van die mens vir gevaarlike seekatte angegrond geblyk te wees
Die koppotige diere beweeg deur- dat hulle kruip, swem of deur middel van straalaandrywing voortbeweg (hoofsaaklik laasgenoemde). Deur dat die dier sy mantel saamtrek en verslap word 'n bewegende water- stroom veroorsaak deur die water wat in die mantelholte ingetrek word en dan weer deur die tregter uitgestoot word. Die vinnige uit- stoot van 'n stroom water stel die dier in staat om vinnig vorentoe of agteruit te beweeg.
Pylinkvisse het voorts ook vinne wat gebruik word vir stadige beweging of om in die water te hang.
Die meeste inkvisse en seekatte is vleisetend en lewe hoofsaaklik van skaaldiere en vissies. Die pylinkvis Illex het 'n buitengewone voedsel- siklus: die volwasse pylinkvisse eet klein makriele, terwyl die volwasse makriele weer klein pylinkvissies eet. Pylinkvisse het dikwels ook kannibalistiese neigings. Die see- katte eet graag tweekleppige weekdiere en tienpotige skaaldiere en kan so die kreefnywerheid groot skade berokken. Die koppotige diere is weer op hulle beurt die prooi van dolfyne, potvisse, haaie. rogge, robbe en pikkewyne
Ter verdediging teen sy vyande kan die inkvis of seekat sy ink soos 'n rookgordyn in die water spuit of baie vinnig die kleur van sy omgewing aanneem. Die diere kan
ook verbasend vinnig wegvlug. Alle koppotige diere lewe in die see, van die tropiese tot die poolsee, en word in vlak kuswaters en in die diepsee aangetref. Enkele spesies, soos die Spirula spirula en die gewone seekat (Octopus vulgaris). kom dwarsoor die wêreld voor.
Voortplanting By die inkvisse is die geslagte (manlik en vroulik) geskei Die mannetjies is dikwels kleiner as die wyfies. By die genus Argonauta is die mannetjies so klein in vergelyking met die wyfie dat daar van dwergmannetjies gepraat word.
Tydens paring plaas die mannetjie pakkies spermselle (spermatofore) in die wyfie se liggaam. Hierdie handeling word met een van sy arms, die hektokotilus-arm, wat spesiaal daarvoor toegerus is, gedoen. By die Argonauta en die Tremoctopua is die arms baie gewysig en word die arm tydens paring deur die mannetjie losgelaat en in die wye se mantelhoite galaat
Sommige spesies van die kop- potige diere vertoon broeisorg. L die eiers word slein koppofige de ties gebroei wat vir 'n tydtank sty.
0 notes