diemiskruiers-blog
Die Miskruiers
3 posts
Die Miskruiers bestaan uit twee sussies. (Grootmis en Kleinmis - Grootmis is die jongste en Kleinmis is die oudste) Ons is altyd in die "mis", dis net die diepte wat verskil. Kyk, die mis volg ons. Soms letterlik. Ander kere druk ons ons neuse in ander mense se "mis". Soms veroorsaak ons die "mis". Ander kere is ons net plein deur die "mis". Hier gesels ons oor al ons "mis" en ons gee ons opinies oor ons eie "mis" asook oor wat ons dink van ander se "mis". Volg ons ook op Instagram by die_giggelende_miskruiers of op facebook.
Don't wanna be here? Send us removal request.
diemiskruiers-blog · 7 years ago
Text
Nuus
Grootmis sê saans probeer sy vir Trokkie kry om te slaap. Nes sy hom mooi toegemaak het en dit lyk of hy slaap, dan speel "I want to break free" seker in sy kop, want dan gooi hy die kombers uit sy pad uit en is weer wa-wyd wakker.
Kleinmis ry om haar spruite te gaan oplaai by die skool vanmiddag. Voltooi eers my bywoningsregister om seker te maak almal wat in die kar moet wees is wel in die kar:
"Molly! Is jy hier?" "Ja mamma" "Kierietjies! Is jy hier?" "Ja mamma" "Molly! Is jou sussie hier?" "Ja mamma" "Kierietjies! Is jou sussie hier?" "Ja mamma" Mooi. Nou kan ons ry.
0 notes
diemiskruiers-blog · 7 years ago
Text
Waar kom “Die Miskruiers” se byname vandaan?
Waar almal se name vandaan kom en waar wie inpas: 1) Kleinmis is klein gebou al is sy die oudste van die drie sussies 2) Grootmis is groot gebou al is sy die jongste van die drie sussies 3) Middelmis is die middel sussie van die drie sussies, sy is deur die mis 4) Kierietjies is lank en maer en gedra haar soos 'n besem, stokstyf, sy is Kleinmis se oudste dogter 5) Molly is lekker mollig en is Kleinmis se jongste dogter 6) Trokkie kan trokke vol pap eet en maak soos 'n trok en is Grootmis se enigste seun 7) Langeraat of Security is die pa van die drie sussies 8) Seekoei lyk soos een as sy smile vir die kamera. Sy kan ook vir ure op 'n bed lê en vir jou loer soos 'n seekoei kan loer, sy is (was) Langeraat se girlfriend 9) Ag-Shame leef van selfbejammering en drama en is Grootmis se skoonma 10) Stanley is soos Stanley van Ouma en Oupa se tv reeks en is Grootmis se man en Ag-Shame se seun 11) Knorpot hou daarvan om vir almal te knor en is Kleinmis se man, daar word soms na hom verwys as Manlief (dis nou as hy nie sy knorrige self is nie) 12) Cruella DeVille is die drie sussies se stiefma uit die hel 13) Pinocchio lieg soos 'n tanderekker en sy brein bestaan uit pure hout en niks anders nie, hy is Cruella se seun, stiefboetie van die drie sussies 14) Miesies Know-It-All, wel, sy weet alles van alles en is Knorpot se suster 15) Mnr Alwetend (of Sleepsel want hy sleep orals saam Miesies Know-It-All) is die "lewensmaat" van Miesies Know-It-All en saam oortref hulle selfs vir Google 16) Charity leef slegs van ander mense se Charity en is Miesies Know-It-All en Mnr Alwetend (Sleepsel) se jongste dogter 17) Crystal is 'n gebruiker van Crystal Meth en is Charity se ouer suster 18) Misbaksel is 'n narsis wie in 'n verhouding was met Middelmis 19) Die Baas is Die Miskruiers se baas (hy is nou Die ex Baas) 20) Geyser is Die Baas se vrou (sy is die oortreffende trap van die sogenaamde "druppende kraan") 21) Bigshow is die nuwe baas, en sy is HUGE 22) Littleshow is Bigshow se sidekick 23) Flash is Kleinmis se huurder. Sy is soos Flash in die animasie fliek genaamd Zootopia
0 notes
diemiskruiers-blog · 7 years ago
Text
Wie is “Die Miskruiers” ?
Die Miskruiers bestaan uit twee sussies. (Grootmis en Kleinmis - Grootmis is die jongste en Kleinmis is die oudste) Ons is altyd in die "mis", dis net die diepte wat verskil. Kyk, die mis volg ons. Soms letterlik. Ander kere druk ons ons neuse in ander mense se "mis". Soms veroorsaak ons die "mis". Ander kere is ons net plein deur die "mis". Hier gesels ons oor al ons "mis" en ons gee ons opinies oor ons eie "mis" asook oor wat ons dink van ander se "mis".
0 notes