Tumgik
Text
Dag 14, 42 in totaal, die tyd is amper
Wow, 42 dae later en die uur is naby. Dis nou presies 07:39 soos ek hier sit. Oor 2 ure en 21 minute is dit ek en die vars lug en my vroutjie wat my kom optel.
EK KAN NIE WAG NIE
Tumblr media
So wat het gebeur van Vrydag tot nou.
Ek het heel Saterdag in die bed spandeer en movies gekyk:
Tumblr media
Ons het n DIY hotdog gekry:
Tumblr media Tumblr media
En wie eet gebakte aartappels vir ontbyt:
Tumblr media
Daai is n baie kort weergawe van die naweek maar ja. Vrydag gewerk, Saterdag movies gekyk, Sondag nie besonders baie meer as dit gedoen nie en toe gister n goeie gesonde werksdag in gesit.
Ek het ook besef ek is nie te sleg in wiskunde nie. Ek het die huis verlaat met twee koekies seep en twee buisies tandepasta en dit was net genoeg:
Tumblr media Tumblr media
Ek eet nou die laaste van my Nuttikrust koekies so my snacks was net genoeg gewees.
En so kom dit tot n einde. Oor net so bietjie minder as 2 ure stap ek hier uit en ek is weer terug saamet my liefies.
Om vir twee weke so saam met jou eie gedagtes opgesluit te wees is n ervaring wat ek wil aanbeveel vir enige iemand maar ook nie rerig nie. Enige iemand wat dink hotel kwarentyn vir twee weke is onmoontlik het dit net nog nie probeer nie.
Ek sal dit nie weer wil doen nie, ek het nie enige lewens veranderende revelations gehad nie. Ek het net besef hoe baie mens die vryheid, om te kan kies wat jy eet elke maaltyd, sien as n straf waneer jy kla jy weet nie wat om te maak vir aandete nie.
Ek sal seker oor n paar dae weer terug in al die ou roetines wees wat ek voorheen in was minus een of twee klein goedjies.
Tips om jou kop te hou deur kwarentyn:
Roetine: As jy weet wat voorle elke dag, weet jy wat om te verwag geen nasty surprises nie en dit gee jou goed om te doen elke dag:
Tumblr media
Moenie te hard wees op jouself as jy nie die roetine 100% volg nie. Jy het nerens om te wees nie.
Werk: As jy kan, werk remotely, om n vol werksdag te deur die week eet n groot gedeelte van die tyd vinnig op.
Dagboek: En skry n blog. Die blog het baie gehelp om bietjie kop te hou met tyd. Die laaste week wat ek so laks was om by te hou was waneer ek van my moeilikste dae gehad het. Ek het gevind om die blog te update aan die einde van elke dag, gee my n "doel" vir die dag. Iets om dit af tesluit.
Familie en vriende: En dan bly in kontak met jou mense. Praat met die buite wereld anders krimp jou wereld baie vinnig tot so klein soos die kamer en dis waneer mens jou koppie verloor.
Ten einde, Sydney se kwarentyn het nog n lang pad om te stap as hulle wil kompeteer met New Caledonia. Ek meen, wat is meer exciting as n sikloon, tsunami en die grootste pandemie uitbraak wat daai land nog gesien het met Covid....
Dankie vir al julle ondersteuning en belangstelling en spesiale dankie aan my liefie vrou wat my so mooi by gestaan het en so hard gewerk het om die huis in een stuk te hou op haar eie.
Om te weet sy hanteer al die klein dingetjies wat ek normaal weg sou doen het my weereens laat besef, sy het my nie nodig nie, sy het my lief. Hoekom anders hou sy my nog aan beslis nie vir my fashion advice nie?
Baie liefies.
Oor en uit
Tumblr media
1 note · View note
Text
Wow, dis Vrydag
Ek kyk nou eers terug na my week en besef, dis al vrydag. Ek het maandag laas iets geskryf. Ek het vir myself gese, ek sal elke tweedag dag iets opsit of dit net rustig vat. Hier is ons, 4 dae later.
Van uitstel kom afstel..
So die hoogtepunte van my week, een dag op n slag:
Dinsdag:
Ons het skoon beddegoed gekry om op ons beddens te sit. Daar is niks so lekker soos skoon lakens nie:
Tumblr media
Middag ete was lekker potato Gnocchi, en sussie as jy nie weet wat dit is nie, dis soos klein aartappel mash dumplings wat hulle self voorgee as pasta. Dis een van my favorites. Aand ete was teleurstellend, was veronderstel om lekker pork BBQ te wees maar toe was dit n droë stuk pork roast met droë rys ens ens.
Tumblr media Tumblr media
Woensdag:
Woensdag was healthy eating day of iets. EK kan nie onthou nie, ons het n papier daaroor gekry of iets. Anyway, ontbyt, middag ete en aandete is iets wat ek eerder sal wil vergeet. Meeste mense sal dit geniet, behalwe die aandete. Dit was Steamed barramundi met quinoa brown rice en orzo pasta.
Dit kon seker lekker gewees het maar die stuk vis het nog skubbe op gehad en dit was so bietjie sleimerig, die rys was droog en ek weet nie wat met die pasta gebeur het nie. Elk geval ek het vir my take-away laat aflewer. n Heerlike Doner kebab, Franna sal dit ken van Duitsland af. Dis amazing en alle lande moet dit he.
Tumblr media
En hulle het vir ons musiek gemaak van buite af.
Lekker 80s musiek.
Donderdag:
Dit was die eerste dag wat ek gedink het ek gaan my kom verloor. Ons het n heerlike beef pie gekry vir middag ete maar toe probeer hulle my vergiftig met n freakin vegetable lasagne vir aandete.
Wat de hel, en ek kan nie twee aande in n ry wil kos bestel nie so toe eet ek maar helfte van dit.
Tumblr media Tumblr media
Dit het darm met n lekker spinach and ricotta pastytjie gekom.
Nou ja, van dag is Vrydag. Dit het goed begin. n Fake McMuffin vir ontbyt maar was lekker.
Tumblr media
Wie weet wat die res van die dag en die komende naweek vir my inhou.
4 notes · View notes
Text
Maandag 5 April - Dag 7 en dag 35 all up
So dag 7 van kwarentyyn in Sydney, dis die halfpad merk. Dis nou nog net n week. So ek kom bleikbaar Dinsdag die 13e in die na middag uit.
So wat kan ek se van vandag. Niks veel nie, ek het geeet, geoefen, bietjie werk gedoen, TV gekyk en games gespeel.
Tumblr media
Ontbyt was heel eetbaar. Lekker omlet met hasbrowns, bacon en worsies. Geen issues nit en die twee mini pastries in die sakkie.
Annete op die ander hand, daar was eintlik niks vout met die aanete nie. Ek wou net iets anders gehad het. Ek wa nou al so lank weer vir n aand waar die kos suck sodat ek iets kan bestel (geen verpligtinge nie, ek kan elke aand iets bestel as ek wil maar ek wil nie) toe besluit ek de hel met dit.
Ek is al so lank lus vir lekker spicy singapore street noodles dat ek dit toe maar bestel het en ek was nie spuit nie.
Tumblr media
Nou ek eet nie volksvreemde kos nie maar die spicy noodles met hoender is heel aanvaarbaar.
Nou ja, vanaand gaan ek vroeg slaap. Ek het n lekker koppie decaf koffie. Ek gaan nou my pajamas aan trek, in die bed klim en boek lees.
Tot more.
0 notes
Text
Dag 6
Tumblr media
So gister was Sondag, lyk my dis nou die norm, om n dag laat te post. Wel gister was paas Sondag en hulle het ons lekker bederf.
Tumblr media
Heerlike chocolate paas eier. Ek het natuurlik net een klein enetjie geet want dis baie chocolate.
Elkgeval, so dit was baie oulik. Middag ete was ook nie sleg nie en dit was maar net n slaaitjie.
Tumblr media
En toe n stukkie skaap vleis vir aandete
Tumblr media
So ek dink dis voor die hand liggend dat daar gister niks super exciting gebeur het nie. En hier dog ek, ek gaan weer een post n dag kan volmaak met goed.
2 notes · View notes
Text
Dag 5
Saterdag die 3e. Baie spesiale dag, Werner en Lee-Ann (van julle sal hulle ken, hulle is vriende met Heidel en Eben ook. Hy en Eben was saam op skool) se babatjie is gister gebore 03/04/2021, so kwart oor twaalf die middag. Ek wou n foto opsit maar ek weet nie of hulle so baie daarvan gaan hou om hulle foto op die internet te he nie.
Dis n seuntjie, Ruben Leo Slabbert.
Okay, so 3e April, Saterdag. Hier het rerig niks spesiaal gebeur nie. Ek het meer en deels net TV gekyk en games gespeel. Rerig so min as moontlik gedoen en lekker biltong geeet.
Middagete was n heerlike ravioli pasta.
Tumblr media
WAandete was weer vis maar dit was nie te sleg nie. Salmon teriyaki. Ek het die vissie geeet en heeldag baie biltong so ek was eintlik nie eers honger nie so dis okay.
Wel dit was Saterdag....
4 notes · View notes
Text
Dag 456
So ja, kwarentyn is rerig nie so exciting nie. Dis hoekom ek so lanklaas iets gepost het. Maar nou drie dae later het ek darm heelwat om the deel, genoeg vir een post. As ons mooi eerlik met mekaar kan wees, niemand wil nog kos fotos sien nie.
So, dag 4 - Frydag die 2e - Paas naweek
So dis paas naweek, Vrydag en Maandag vakansie dae (ek kry darm 2 verlof dae by die werk omdat ek in kwarentyn moet sit oor die vakansie dae).
En dan begin mens tik en jy besef jy het eintlik meer om te se as wat jy gedink het en jy was net lui. So ek sal hierdie opbreuk in 2 of 3 posts lyk dit my.
So Vrydag die 2e. My liefie vrou en dogter Shella het vir my kom kuier. Ons kon lekker vir mekaar waai.
Tumblr media Tumblr media
Dit was einlik baie lekker om hulle te sien so in die verte. En hulle het vir my n lekker geskenk pakkie gebring. Lekker goodies gekoop by ons vriend se winkel Biltong en Boerewors:
Tumblr media
Kan julle die Nuttikrust koekies daar aan die kant sien, yipppeee
Elkgeval, dit was lekker. Hulle het vir my ook my external Graphics Card gebring vir my laptop so nou speel ek lekker games, rekenaar gekoppel aand die TV, en dis hoekom ek drie dae laas gepost het.
O ja, ek het toe donderdag (01/03/2021) my COVID toets gekry en natuurlik was dit negatief, self COVID het sy trots.
En om te hou by tradisie:
Tumblr media Tumblr media
Die chicken schnitzel vir middag ete was eintlik heer lekker maar die aandete was disgusting vis:
Tumblr media
So toe bestel ek n lekker pizza oor room service. Was lekker pepperoni.
Okay, so oor en uit, nou moet ek die 3e en 4e se post doen
1 note · View note
Text
Dag 3 .... en 2
Tumblr media
Ek wil daai gebruik as ek skype meetings het.
Soooooo gister was ek lui.. en ek het nie veel gehad om te se nie. Kwarentyn die kant is baie meer vervelig as in New Caledonia.
Geen siklone of natuur rampe wat dreig (is die ei, ui, y... Hel alleen weet) nie. Mens kom nie uit jou kamer uit nie en daar word vir jou gelieg.
So elke dag kry jy n oproep van n verpleegster om te hoor of jy nog oraait is en of jy iets nodig het ens. Hulle probeer asseseer of jou geestes toestand okay is ens.
Wel gister se hulle vir my ek gaan n COVID toets moet kry, dis normaal, almal kry een op dag twee.. HULLE HET VIR MY GELIEG. Geen COVID toets nie, ek het so uitgesien na dit. Sal dit seker vandag kry.
So omdat dit al is wat julle elkgeval wil weet, hier is die kos van die laaste paar dae
Tumblr media Tumblr media Tumblr media
Maar, ek het ook bietjie aanlyn inkopies gedoen, so ek het vir my lekker koffie gekry en bietjie knibbel goed.
Tumblr media Tumblr media
Wel dis al vir nou. Sal julle op hoogte hou oor daai COVID toets.
2 notes · View notes
Text
Dag 29 - Die nuwe dag 1
Tumblr media
So kwarentyn, bring it on, been there done that, ek is kwarentyn se baas....
En dit begin weer. Was vanoggend al 05:00 wakker, my vlug was 08:35 na Sydney toe. n Hele groot Boeing 747 met n som totaal van 9 passesiers. Ek dink daar was meer personeel aan boord die vlietuig as mense.
Kwarentyn in Sydney is nie kwarentyn in die klein eiland nasie van New Caledonia nie. Hier in Sydney was ons die 7e vlug vir die dag. Heelwat meer as van waar ons vertrek het. Die weermag, polisie en vloot help uit op die lughawe en nie eers te praat van mediese personeel nie.
Kort storie lank, ons is deur die lughawe, paspoort beheer en mediese screening met elke punt n lang gewag. Dit het langer gevat om van die lughawe tot by die hotel te kom as wat my vlug gevat het.
Elkgeval, ons is hier, ons menende ek. Nie n slegte hotel nie maar dis baie anders, mens kan nie jou venster oopmaak nie. Die uitsig is baie meer beperk, dis op die 10e vloer.
Tumblr media Tumblr media Tumblr media
Okay, so ek is op 2 facebook groepe. Een vir mense wat kwarentyn in Sydney en dan een vir mense wat Kwarentyn in die hotel. Die mense in Australië is sag en wussies. Hulle kla so oor vandag se kos.
Kyk, middag ete was droog maar eetbaar. Aand ete was vir my eintlik lekker. Dit was nie amazing nie maar dit was eetbaar.
Tumblr media Tumblr media
Nou maar ja.
Baie geluk met jou B-day swarrie Petrus. Hoop dis n lekker een want na die 30e April het jy geen meer Petrus dae nie, dit gaan net Marni dae wees.
Tot more.
3 notes · View notes
Text
Dag 14 - Freeedom
Tumblr media
So vandag was amptelik dag 14. Wat kan ek se. Ek was al vroeg op, net na 4. Ek moes so 5uur in die pad geval het. Het n suksesvolle dag gehad en dag een se werkies is gedoen.
So nou vir die lekker deel. My nuwe hotel, meer soos woonstel hotel. Check die plek:
Tumblr media Tumblr media Tumblr media Tumblr media Tumblr media
Mooi man, daar maak hy die toilet die groot foto. What ever.
En ek kon my eie kos maak, CHECK DIE
Tumblr media
En dan is daar awesome chill plek
Tumblr media
Ek meen, ek hoef niks verder te se nie.
1 note · View note
Text
Random gedagte
Vir al julle 5 tot 10 jariges daar buite wat dink n twee weke hotel vakansie klink so fantasties, julle het geen idee wat julle dink nie.
Ek onthou toe ek klein was het die idee van n hotel vakansie so amazing geklink, dis wat ryk mense doen. Ek weet nie wat ek gedink het nie maar lyk my, my drome het toe waar geword.
1 note · View note
Text
Dag 13 - so dit was kwarentyn, lets do it again
Tumblr media
So dit was kwarentyn, ek is so bietjie haastig met die want hulle het sopas my Covid samples kom neem. Lekker, een diep in die regter neus gat en dan een diep in die keel. Ek sal seker teen so 16:00 vrygelaat word.
Eerlikwaar, as ek enige iemand advies kan gee, hou jouself besig met iets wat normaal is. Met normaal bedoel ek iets uit jou alle daagse lewe soos wat ek het met my werk.
As jy n fitness freak is, oefen jouself dood, as jy kunstig is werk aan n teken tegniek wat jy altyd wou probeer het. As jy kan remote werk dan is dit die beste. Die twee weke het eintlik so gou verby gevlieg.
Die was een kant van die ervaring, hier mag ons, ons vensters oopgemaak het, ons mag elke dag n stappie gaan vat het en die kos was meestal eetbaar.
In Sydney gaan dit dalk n hele ander ervaring wees. Daar weet jy nie in watter hotel jy geplaas gaan word nie, mens kan nie jou vensters oopmaak nie en daar is beslis nie daaglikse stappies nie. Wat mens wel kry is die moontlikheid om kos te laat aflewer en inkopies as jy wil. Ons sal maar sien.
Vir nou is dit eers 2 weke werk en voor julle dit se, nee, ek sal tien teen een nie n daaglikse update doen die volgende 2 weke nie. Ek sal dalk oor die naweke its post maar tot ek die 30e Sydney toe vlieg is dit oor en uit.
Cheers vir eers.
Tumblr media
2 notes · View notes
Text
Dag 12
Right, so dag twaaaallff, we dis al amper verby. Dis nou 14:27 en so halwe morbiede finaliteit kruip nou in. Ek is opgewonde om hier uit te kom en ann te beweeg maar die werk wat voorle is nie n klein taak nie.
Ek het twee weke van harde werk wat voor le wat nie noodwendig alty dpret gaan wees nie maar dit moet gedoen word, en as dit gedoen is dan is dit verby.
Tumblr media
Ek is half nie lus om my veilige ou tronk selletjie te verlaat nie maar ek kan ook nie wag om net aan tebeweeg nie want vooruitgang beteken ek is een stap nader om terug te gaan na my liefie toe.
More oggend 07:00 word ek ge-swab vir n Covid toets, sal seker keel en neus wees. Ons uitslae behoort na middag ete beskikbaar tewees waarna ek dan skuif na n volgende hotel vir een aand.
My tassies is gepak, my kleurtjies vir more mooi eenkant gesit en middag ete sopas klaar geeet. Ons het lekker meatballs gekry met al die usual, brood, pap gekookte of gestoomde groente en vreemde slaaie.
Ek het die meatballs op die brood gesit en net n lekker broodjie gemaak vir my.
Vir die res van die dag gaan ek nou net chill en seker maar vir oulaas bietjie by my venster uit staar.
Tumblr media
2 notes · View notes
Text
Dag 11.5
So nie veel om te se nie, ek het vandag so bietjie wasgeod gedoen en gaan nou vir my aandete uitsort.
Hulle het vir ons prawns en rys gebring vir aandete, maar dit is samet middag ete afgelaai. Nou noem my maar versigtig maar na die ou langsaan voedsel vergiftiging gekry het so paar dae terug dink ek, ek gaan dit nie eet nie.
Ek het twee klein kasies was ek baie dun gaan sny en dan gaan ek vir my gesmelte kaas broodjies in die microwave maak.
Daarna gaan ek net verder sit en storie kyk en seker gaan slaap.
So vinnige klein update.
Cheers
1 note · View note
Text
Dag 11 - Hey opstaan
Snaaks hoe n mens se kop werk. Daar is soveel goed wat mens uit gewoonte uit doen net omdat. Vanoggend lê ek in die bed, die 08:30 en ek voel skuldig want ek lê nog in die bed (ja ek het tot 01:00 gesit en series kyk).
Hoekom voel ek skuldig, ek het nie iewers waar ek moet wees nie, ek het nie mense om te sien nie. Oh wel so nou staan ek maar op en kom skryf die want ek weet dis die hoogte punt van my sussie se dag.
Nou eet ons maar gou ontbyt. Niks om te teleurgestel oor te wees nie.
Tumblr media
Sal seker net die helfte van die brood eet met bietjie appelkoos konfyt (die enigste konfyt wat ek eet).
1 note · View note
Text
Dag 10 - en 9
So gister was ek baie lui, net gewerk en geslack op my update. Dit gebeur so ek is baie jammer.
Tumblr media
Maar vrees nie, ek is okay.. ek was net lui, enige iemand wat my ken van kleins af weet, ek is baie goed as dit kom by lui wees. Die feit dat ek ook nie veel gehad het om oor te skryf nie en nie gemotiveerd was om weer oor my kos te skryf nie het ook n impak gehad.
So hierdie is nou maar n kombinasie van dag 9 en 10. En vandag is ek gemotiveerd om oor my kos te skryf.
So die laaste twee dae was nie sleg nie. Uit ses maaltye was 4 die beste wat ek nog gehad het (maar ek moet nou eers mooi dink oor wat middag ete was gister????) die ander twee was net walglik.
So vir die eerste keer het ons n warm ontbyt gehad. Scramble eier met bacon en worsies . Was so lekker.
Tumblr media
Ek kan nie vir julle beskryf hoe lekker dit was nie. Daai was gister se ontbyt en vandag se ontbyt was nie veel anders nie, dit was net n reghoekige pastry met choc chip in plaas van die rolled bun met rosyntjies. Dit was ook so baie, daai bakkies is nogal diep, altwee dae maar ek het dit alles geeet. Dit was amazing.
Middag ete, wel middag ete gister was n hit
Tumblr media
Man oh man daai custard slice wat hulle doen is so lekker en daai vleisies was in n amazing rooiwyn sous. Genade dit was goed. Vandag op die ander hand kan ek nie eers onthou wat dit was nie. Ek het dit oopgemaak, gekyk en terug in die pakkie gesit waarin dit gekom het en toe weer buite my deur gesit.
Darm het ek nog van dag 8 se spagetti en mince oor gehad, want ek het geweet dis n goeie idee om dit te hou, en dit op van die brood gesit en toe warm gemaak. Daar is nie n tekort aan brood nie.
Ek gaan nie eers praat oor gister aand se aandete nie. Dit was net walglik maar mens eet maar om te oorleef ne.
So vanaand was ek bietjie mismoedig, al die vriende braai lekker en ek is bly hulle doen maar, mens is maar bietjie af nie temin. Elkgeval, ek is besig om myself jammer tekry en toe gebeur daar n klein wonderwerkie.
Die heeltyd vandat ek hier aangekom het sê ek vir myself ek gaan vir my die grootste, lekkerste, meanste double bacon en cheese burger in New Caledonia soek sodra hulle my uitlaat. Ek sien so uit na die burger en toe kom die freakin Covid uitbraak laas Sondag. Die hele eiland is in lockdown (en ek is dankbaar daarvoor want dit het lyk my die uitbraak sommer dood gestop) wat beteken die hamburger is uit.
Die plan heeltemal in sy moer in is ook maar die beste manier wat ek dit kan beskry. Bo-op dit dink ek nou al die laaste week aan al die lekker Brisket, pork belly en beef short ribs wat ek gaan rook en braai as ek by die huis kom. Nog meer as dit mis ek my vroulief maar ek weet sy het darm n lekker aand saamet ons vriende en ek is bly daaroor.
So in kort, vanaand het ek so bietjie gesit en myself jammer kry maar dis al, ek sal nou nie dat dit my depressief maak nie.
Elkgeval, soos wat ek myself jammer kry klop hulle aan my deur en bring my aandete vir my
Tumblr media
Ek dink die foto sê dit alles. Dit was asof n engeltjie gesien het ek is bietjie hartseer en toe gee hulle my n teken van hoop. Ek gaan nie lieg nie, ek het een, net EEN traan in elke oog gekry. Trane van blydskap maar ek se net EEN in elke oog okay.
Nodeloos om te se, ek het dit geniet en dit het my siel goed gedoen. Ek het ook nou lekker gesit en fliek kyk terwyl ek eet. So all in all het die dag nie sleg ge-eindig nie. Mag dit n teken wees dat die naweek ook goed gaan wees.
Mag julle almal se dag net so lekker eindig soos myne.
Lief julle almal.
3 notes · View notes
Text
Dag 8 - Woensdag die 10e
So dag 8, mens sou dink dit is al langer. Snaaks genoeg val mens in n roetine in en druk maar deur, dis interessant hoe mens aanpas.
Vandag is eintlik baie meer positief as gister.
Tumblr media
So, ek het lekker geslaap en opgestaan met n nuwe gesindheid. My dag sterk begin, my bed opgemaak, goeie harde oefen sessie ingesit. Lekker gestrek en toe n heerlike stort gevat.
Tumblr media
Rustig kom sit en my ontbyt geeet, n lekker croissant en n koffetjie. En toe aan die werk gespring. Ek was nogal heel produktief vandag so ek is beindruk met myself. Halfpad deur die oggend het hulle ons geroep vir n oggend stappie. Nou die area in nie indrukwekkend nie maar dit doen mens goed om net beitjie spasie te he vir so 45min.
Tumblr media Tumblr media Tumblr media Tumblr media
Die hoogtepunt van die dag was middag ete.
Tumblr media
Spaghetti, bacon rolletjies, bietjie salmon (was lekker op daai broodjies) en natuurlik die halwe brood. En n Creme Brule koppie wat ek bere vir later.
Nou ja, na middag ete weer lekker hard gewerk en gaan nou vir so paar minute ontspan.
1 note · View note
Text
Dag 7- update
Wel aandete het gesuck, my beste beskrywing is dat dit n mensel van n klomp goed was wat moontlik leftovers kon wees. EK weet rerig nie, ek weet net nie:
Tumblr media
Maar die nagereg het moontlik gemaak dat ek nie die plek afbreuk nie. Eintlik n vrek lekker klapper koek, soos in vrek lekker.
Tumblr media
3 notes · View notes